Oujaar, Nuwejaar
Desember 31, 2010 in Sonder kategorie
Oujaarsaand vind Lou en Hartman alleen.
NEE!
Moenie vir ons jammer kry nie – I have something else up my sleeve.
Gisteraand het ek vir my en Hartman elk ‘n aartappel gekook, so met die lamtjoppie wat hy gebraai het.
Ons deel toe een aartappel en nou is daar een oor.
Ek vra: En hoe wil jy vanaand jou aartappel hê?
Hy: Wat van aartappelslaai?
Ek: Ok, daar is nog een aartappel oor van gisteraand, sal ek gou nog een in die pot gooi?
Hy: Nee wat, daai een sal genoeg wees.
Terwyl ek die een aartappel opsny, en in die sous sit, sê hy: Het jy ‘n klein genoeg bakkie?
Ek: Ja, ek vat sommer ‘n poedingbakkie
Hy bars uit van die lag: Daar sal seker nog oorskiet wees vir môre!
Onthou julle hoe ek amper laasjaar laat was vir die pardy in die kasteel?
Alweer sulke tyd, as Hartman begin snork moet ek spring!
Selle rok pas nog, net die glas skoene is effe ongemaklik, but there’s no gain without pain.
Mag julle ‘n lieflike salige en ontspanne aandjie met geliefdes beleef.
Sien julle volgende jaar.
louisna het gesê op Desember 31, 2010
Ja Lou, more begin ons met ‘n nuwe skoon blaadjie. Tabula rasa. Gooi ietsie ligs in en sit die Lazyboy in overdrive.
pasella het gesê op Desember 31, 2010
Ek en Vroukie is ook alleen na die frenzy van Kerstyd. Egter geen rus en vree nie, danksy die bombef*kte buurman se blerrie klappers wat die honde onder die tafels indryf. Nietemin, heppie heppie vir julle!
loudavisi het gesê op Desember 31, 2010
Ietsie ligs is klaar halfleeg..die lazy boy is te rustig, ek kyk sommer van hier af wat op die tv aangaan…
Heelike nuwejaar.
abrham het gesê op Desember 31, 2010
lou, wit kop kry nuwe jaar ‘n kar. hou daai pis van perde op ys! ons is oppie pad
loudavisi het gesê op Desember 31, 2010
Die blerrie buurman!
Ons een groot hond kry epileptiese aanvalle as dit elke twee jaar een keer hier donderweer…so ek sien.
Mooi loop in die nuwe jaar, liewe vriend.
loudavisi het gesê op Desember 31, 2010
Wat?
Kom julle hier aan?
Yippeeeeee!
Die keer bak ek self die melktert.
😀
TS het gesê op Desember 31, 2010
Ag hoe verlang ek na die tye toe die halwe artappeltjie vir my ook genoeg was.
Geniet julle aand en jaar.
loudavisi het gesê op Desember 31, 2010
Dankie, Tina.
Ons het heerlik geeet en die slaaibak is leeg.
Balans het gesê op Desember 31, 2010
Mag jou 2011 net vir die mooi en goeie wat dit bring, onthou word
loudavisi het gesê op Desember 31, 2010
dankie, blaasbalk!
vir jou en joune ook
rosiemetdorings het gesê op Desember 31, 2010
ook so op ons eentjie. en die rustigheid is heerlik.
Jaar van opwinding vir jou van my af!
wesnwew het gesê op Desember 31, 2010
lekker!!! daai volgende dag artappelslaai is een van my specialiteit disse… sorg dat jy voor 12 tuis is, mens weet nooi wat die jaar van die koets word nie…
louisna het gesê op Desember 31, 2010
Maak vol.
loudavisi het gesê op Desember 31, 2010
Jubelend en gesond, rosie – vir jou ook!
loudavisi het gesê op Desember 31, 2010
ek worry oor ek nie die klok se 12 slae gaan kan hoor met al die lawaai hier nie!
haha
loudavisi het gesê op Desember 31, 2010
Ons ook, ons gaap al lang gape.
xx
loudavisi het gesê op Desember 31, 2010
die laaste glas is leeg, die gesmelte ys is opgedrink – nag ouboeta, lekker nag..
Izakdv het gesê op Desember 31, 2010
mooi jaar vir julle!
loudavisi het gesê op Desember 31, 2010
Dankie, Isak, vir julle ook.
loudavisi het gesê op Januarie 1, 2011
Ons hond het ook tekere gegaan, nou nie oor klappers nie, DONDERWEER!
Ek sien die driveway is effe nat, maar oral anders steeds droog.
xx
loudavisi het gesê op Januarie 1, 2011
dankie Samuhr
; )
loudavisi het gesê op Januarie 1, 2011
Dis ‘n pragtige boodskap, Hugo.
Baie dankie.
loudavisi het gesê op Januarie 1, 2011
ha!
In my dreams…
xxx
loudavisi het gesê op Januarie 1, 2011
Daar’s wragtag nog oor ook!
Ons raak eenvoudiger by die dag – sug..
Heerlike varserige oggend diekant – hoop julle dag is ook beautiful!
HeavyHenry het gesê op Januarie 1, 2011
Jis ek beny julle – dis alweer ‘n grootvreet hier.
loudavisi het gesê op Januarie 1, 2011
Soos ek se, Henry, ons raak eenvoudiger by die dag!
Papegaaislaai het gesê op Januarie 1, 2011
Ha ha, ons is ook op die oorskiet. Ek het ‘n bottel bubbly gekoop vir gisteraand, maar toe drink ons die bubbly wat oor was van ons anniversary twee weke gelede. Vanoggend se ontbyt was giseraand se chip en dip.
loudavisi het gesê op Januarie 1, 2011
nuwejaarsvoorneme nr 1 == gaan nooit weer na ‘n upmysleevebal in ‘n kasteel nie – kop is lekker seer…: 0
loudavisi het gesê op Januarie 1, 2011
Dis wat so lekker is van oudword, mens het minder nodig om van te lewe.
😀
Doubtingthomas het gesê op Januarie 1, 2011
En hoe behandel die nuwe jaar jou tot dusver?
🙂
loudavisi het gesê op Januarie 1, 2011
Warm, winderig – soos altyd….mense redelik onder beheer gekry haha!
Hoop dit gaan ook goed met jou.
Trakie het gesê op Januarie 1, 2011
Hello, dis volgende jaar!
Moonz het gesê op Januarie 1, 2011
Happy New Year to you and your family Lou. Hope it’s a good one for you. Hugs 🙂
loudavisi het gesê op Januarie 2, 2011
haha!
Sowaar?
Uiteindelik.
loudavisi het gesê op Januarie 2, 2011
Thanx, Dinx!
xx
Berwick het gesê op Januarie 2, 2011
Groetnis.
loudavisi het gesê op Januarie 2, 2011
Ek gaan kom kyk of jy iets geskryf het,
Koebaai vir eers.
loudavisi het gesê op Januarie 2, 2011
Die toekoms lyk baie duister, Kelly. Sal maar moet sien hoe wat en wanneer gaan gebeur.
Dankie 😉
loudavisi het gesê op Januarie 2, 2011
Die heilige waarheid!
lol
loudavisi het gesê op Januarie 2, 2011
Dankie vir jou ook, Mnr F
loudavisi het gesê op Januarie 3, 2011
😀
Dankie..
DallaSePa het gesê op Januarie 3, 2011
Jellow LouA!
Laas jaar laas met jou gepraat!
DatingAgain het gesê op Januarie 3, 2011
Dit klink soos my soort Oujaar, Lou. Voorspoed vir julle vir 2011.
verbeeldingsvlug het gesê op Januarie 3, 2011
Dankie vir al die lees en kommentaar. Ek waardeer dit. Ek hou van Ezra se sonhoed-bootjie. Dis ‘n slim plan. Jinne, hoekom wil kinders altyd speel met dinge wat nie speelgoed is nie? Die opvoedkundige goed vergaar stof, maar ‘n kartonboks word op gespeel!
diefotoman het gesê op Januarie 4, 2011
Lou, hoop jou jaar is voorspoedig, is Nuwejaarsdag daar by julle verby, het darem aan julle gedink maar was al mooi gatvol gery en wou net by die huis kom. het oujaar ingeboek by die hotel net betyds om die aftelling vir 12 uur te sien, was toe al tweede dag oppad.
loudavisi het gesê op Januarie 5, 2011
Skande!
Skande, sê ek jou…
: )
loudavisi het gesê op Januarie 5, 2011
Ek kla ook nie!
😀
loudavisi het gesê op Januarie 5, 2011
Ons bere maar die opvoedkundige speelgoed tot hy dit kan verstaan of dalk lus kry om daarmee te speel, Nika.
Altyd lekker by jou!
loudavisi het gesê op Januarie 5, 2011
Weet nie wat soek julle die tyd van die jaar in hierdie wereld nie, Spook – jul het net mooi die hittegolf gemis…ons vetjies braai behoorlik uit!
loudavisi het gesê op Januarie 5, 2011
Dankie Kay…ek was bietjie weg en moet nou eers weer hier in blogville opvang.