Vakansie..

Desember 28, 2010 in Sonder kategorie

Nog ‘n krismis present – money well spent.

 

Hy is so lief vir sy nuwe bootjie, nogals met ‘n sambreeltipebesigheid vir die son.

 

Die water is ongemaklik warm.

 

Die termometer sê dis 38C.

 

Niks is cool in die wêreld nie.

 

Groetnis van ‘n uncool oumaloua.

42 antwoorde op Vakansie..

  1. ; )
    Was jy weg of iets, Berwick?
    Het jou nogals gemis.

  2. TS het gesê op Desember 28, 2010

    kyk net hoe lekker… sjoe dit klink hondwarm

    Geniet die kuier

  3. Nee, die water was nie 38 nie!
    Die son was…die water was net te warm om lekker te wees.

  4. Dis altyd flippen hondwarm hier, tina.

  5. Ag, hy is net té cute.

    Janee, daai is nogal warm, al waar mens dan kan kuier, is in die water.

  6. Dis heerlik as die warm wind oor die nat lyf trek…al is dit net vir ‘n rukkie.

  7. abrham het gesê op Desember 28, 2010

    jirder, is daar nog water daar noord wes?

  8. Ag jinne, hoe mis ek nou my ou klein mannetjie!

  9. Berwick het gesê op Desember 28, 2010

    Jip. Alles van die beste, Lou.

  10. Adage het gesê op Desember 28, 2010

    Lekkerrrrrr!!

    Warm hier vandag ook!
    Sunblock vir ligte velletjies
    🙂

  11. Vetjan het gesê op Desember 28, 2010

    Ha, groetnis van ‘n VUURWARM OUMA 🙂

  12. Hier by ons reen dit…

  13. Ja, die Clanwilliamdam is nou 83% vol. Het mos ‘n week of wat gelede 36 uur aaneen gesous. Ons het in die reen gedans.

  14. Myne woon reg oorkant my, Koeitjie…ek is so dankbaar.

  15. Ons sin is seker nie so warm nie, Kelly! Klink my jy het ‘n sauna.

  16. Amper?
    😀
    Jy’s snaaks!
    Ek kan nie wag vir games speel nie…die gehol agter die outjie maak my op.

  17. Geniet! die see is weer te koud.
    xx

  18. Ons smeer die kleintjie, Adage…en bly meestal in die skaduwee in die water.

  19. Hier by ons heeltyd so cool dat die buitelugaktiwiteite lugkastle bly…

    Jammer ek kan dit nie bottel en pos nie!

  20. ek dink jy is erggggg ‘cool’….

  21. Ouma, monie worry nie. Daai laaitie lief jou soos jy is.

  22. Ek sal moet uitvind waar dit is, Lisa.
    Soek ‘n koel aftreeplekkie..
    ; )

  23. Twakman!
    Dankie
    ; )

  24. Ek weet, Blikskottel, can’t blame him, eks mos cool!

  25. hy het te groot geword, dierbaar
    geniet hom elke oomblik
    ek verlang so na my tweeling

  26. Ag moeder ma, ouma, dis te cute vir woorde.

  27. Ek weet dat ek so geseend is om hom naby my te kan he, Maghitta.

  28. Hierdie ouma is so verlief!

    sug….

  29. wesnwew het gesê op Desember 29, 2010

    AGT EN DERTIG GRADE!!!!!
    As jy my ooit wil nooi vir tee maak ons dit in die winter…ok???
    Sjoe! Hoop dis darem al koeler… Toe ons vanoggend wakker word, toe reen dit so ‘n sagte motreen… Was hemels!

  30. Ek onthaal min gaste in die somer…:D

    Dis so warm, mens weet nie wat om met hulle te maak nie….vanoggend is ook effe koeler, vandag gaan so 35 wees.

  31. Ons het gelukkig nog net een 40 gr dag gehad. Maak hulle nie sulke goed vir grootmense ook nie??

  32. Nee, nee waarvan ek weet nie.
    Dit sou nou lekker gewees het.

  33. Dis die lekkerste lekker ooit!
    Ek sien myne elke dag.

  34. pasella het gesê op Desember 30, 2010

    So ‘n koel karnallie!

    Dis ‘n oupa en ouma se voorreg om die kleinkinders te bederf. Ek het vanoggend vir Mia mieliepap gemaak en tjoklits daarin gesmelt, biedem wat haar ma sê!

  35. Ek weet presies wat jy bedoel!
    Ek maak lekker modderpoeletjies en dan speel ons te lekker…tot sy ma dit agterkom…biedem wat sy se of dink!

  36. Jy was lank weg, Flentertjies, seker te besig gewees met die kleingoed. : )
    Dankie vir die mooi wense.

  37. montess het gesê op Desember 31, 2010

    Ja geniet elke oomblik hulle word so gou groot. Dit is vir my erg dat myne nou so ver weg getrek het.Elke keer as ek hom weer sien na `n paar maande is hy langer en gladder met die bek.

  38. dit klink of hy oulik is, montess…ag, alle oumas se kleingoed is cute!

  39. Ek is een!
    haha – die kleinkind dink ten minste so.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.