Hoe ons Kersfees vier……
Desember 24, 2010 in Sonder kategorie
Die volgende versies kom uit Jeremia 10 van vers een af:
Luister wat die Here vir julle sê, Israeliete!
So sê die Here:
Moenie die gewoontes van die heidennasies aanleer nie.
Moenie bang wees vir die tekens aan die hemel nie, want dit is die heidennasies wat daarvoor bang is.
Hulle voorskrif om ‘n god te kry, is sinloos:
hulle kap ‘n boom in die bos af,
‘n ambagsman kerf dit uit met ‘n beitel,
hy versier dit met silwer en goud, met hamer en spyker slaan hy dit vas dat dit nie omkantel nie.
en dan in vers 8:
Hulle is almal gekke en dwase, want ‘n stuk hout kan vir ‘n mens niks leer nie
ens ..
Dog ek sê net.
Ons het so ‘n simpel draadboompie met liggies versier.
Duisende (?) rande se geskenke is toegedraai en oopgeskeur….alles bruikbare items, dankie anyway.
Klein Ezra met sy honderd of wat balle en die singende kerskaartjie wat sy pa, die ingelsman, vir hom gegee het. Ons het sommer ‘n ingeboude plantebakbesigheid ontruim om vir hom plek te maak daarvoor. Hy stel meer belang in hoe die kaartjie geluide maak as in die balle….sug.
Die foto is lank na aguur geneem, kyk net hoe lig is dit nog hier!
Almal is weg en dis doodstil hier – heerlik!
Hoop julle ervaar ook mettertyd die vreugde van stilte.
xxx
dieburgermeester het gesê op Desember 24, 2010
Dankie, mooi Kersfees vir jul ook.
loudavisi het gesê op Desember 24, 2010
Dankie, gaan nou in die bed duik!
Mooi bly.
sprokie het gesê op Desember 24, 2010
Hmm, vlymskerp inskrywing…. Die kleinding lyk te oulik, lekker kersfees vir jou ook!
abrham het gesê op Desember 24, 2010
en voor ons dood, kuier ons iewers
wesnwew het gesê op Desember 24, 2010
ek gaan nie nou kanse vat nie… Almal weet mos al wat ek van krismis dink… Kannie die foto sien nie, sal maar op die laptop weer probeer as ek by die huis is…
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
Dankie,Prinses…ek wonder soms oor wat van jou geword het. Moenie weer so lank wegbly nie.
xxx
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
Ja, Abrham…dis mos nie die pad wat ons hier op aarde oopkuier wat saakmaak nie – dis die eindpunt van ons reis wat tel.
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
Is ok, dis net klein Ezra en sy presente.
Geniet anyway die ruskansie.
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
Dankie, denker – vir jou ook.
skermunkel het gesê op Desember 25, 2010
Salige Kersfees Lou
Dis ‘n baie mooi foto van Ezra
TS het gesê op Desember 25, 2010
Geseënde Kersfees
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
xxx
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
Hy is cute, maar oooooooo sooooooo woelig!!
Hy put my uit…
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
Dankie, Tina.
Vir jou ook.
Blikskottel het gesê op Desember 25, 2010
MMM, daarom dat ons nie moet luister na klip en houtkoppe nie. Nou maak alles baie meer sin vir my. Geniet die Kerfees, ek weet jy weet oresies waaroor dit gaan…..hoe? Dis beter dat ek nie nou al uitlap nie.
louisna het gesê op Desember 25, 2010
Pragtig Lou. geniet julle dag, elke oomblik daarvan
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
Hi, Blikskottel – een en een is mos twee ne?
Welkom hier…ek hoop jy gaan lank en lekker hier kuier.
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
Dankie, Ouboet….julle ook.
pasella het gesê op Desember 25, 2010
uhm ja!
pasella het gesê op Desember 25, 2010
So ‘n kloeke krulkoppie!
Hier by ons was dit vroegoggend ook so, ‘n slagveld van krismispapier.
Geseënde Kersdag vir jou en joune Lou>
rosiemetdorings het gesê op Desember 25, 2010
die een helfte swem en die ander slaap. ek doen nie een van die 2 nie, dus kuier ek gou hier rond.
Jou teksaanhaling laat mens nogal dink nè. Ek het ‘n tak van die buurman se boom afgeknip en gebruik, want hy vat my bedding se son weg.
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
dankie lewies – hoop jy kuier nog lekker met die kleinkinders.
loudavisi het gesê op Desember 25, 2010
Ons het ook geswem, ons moes want dis die hitte!
xx
Izakdv het gesê op Desember 26, 2010
Ek het baie my ons kleinman gespeel. Hy’s gelukkig nog op die wil-speel-stadium.
loudavisi het gesê op Desember 26, 2010
Izak, die mannetjie sit net stil as hy iets uitpluis, soos remotes en telefone ens…die res van die tyd hol ek my simpel agter hom aan..
loudavisi het gesê op Desember 26, 2010
haha!
Been there…Ezra is my kleinkind…dink ek sal ‘n baksteen op sy kop sit.
Papegaaislaai het gesê op Desember 26, 2010
Baie jare gelede het vriende hulle dogtertjie geleer dat as die lang arm op die twaalf en die kort arm op die agt is, is dit bedtyd. Ek gaan toe saam met hulle af Kaap toe en die eerste dag daar het sy maatjies gemaak. Agt uur speel hulle nog en hy roep haar en wys haar die horlosie. Die gemoedjie het net daar gesak, maar hy sê toe hy wil net vir haar wys hoe laat word dit donker in die Kaap, sy kan maar gaan speel.
loudavisi het gesê op Desember 26, 2010
En soggens as die son by julle al uit is, is dit nog nagdonker hier.
Janklaas het gesê op Desember 27, 2010
Wees bly oor die kaartjie. As hy al daai balle in die erf begin rondskop…
Antoinette2008 het gesê op Desember 27, 2010
Tans ervaar ek die vreugde en vrede van stilte xxx
montess het gesê op Desember 27, 2010
Ek sien net lig in daai twee groot bruin oe, te pragtig ouma, geniet hom.
loudavisi het gesê op Desember 27, 2010
En die honde kry dit beet…..
ha!
: )
loudavisi het gesê op Desember 27, 2010
heerlik!
Het heeldag in die swembad gesit en lees..
loudavisi het gesê op Desember 27, 2010
Dankie montess.
Ek wil hom bietjies bietjies opvreet!
DatingAgain het gesê op Desember 28, 2010
Ek het nou die dag ‘n lang ding hieroor op FB gelees. Om Kersfees so te vier het nog nooit afbreuk gedoen aan my verhouding met die Here nie, maar ek veronderstel as dit vir mense ‘n probleem is, moet hulle dit eerder nie doen nie. Ek het ook oorgelaan na ‘n draadboompie toe, die plastiekbome doen dit nie regtig vir my nie. hehe
loudavisi het gesê op Desember 28, 2010
Is so, 50.
ek worry nie eintlik nie…die kinders hou daarvan, so ouma speel maar saam.
loudavisi het gesê op Desember 28, 2010
Teen daai tyd woel ons alweer, Kelly!