Quizzzzz – dis ‘n maklike een.

Desember 23, 2010 in Sonder kategorie

Op die muur van ‘n klein besigheidjie staan die volgende:

 

 

We doctor ……..

and heel them.

We attend their dyeing

and

save their soles.

 

Wat staan op die …….?

(Ek is seker nie een van julle sal dit regkry nie.)

 

Dit was so oulik, toe vergeet ek om die foto te neem.

 

 

Anyway, ek is terug van oor berg en dal se gerits en blitsige remtrap en lorries wat lorries verbygaan ens.

Soms in sweet uitgebars en bloed wat afsak voete toe en keel wat toetrek ens.

Ezratjie het my darem gemis.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

44 antwoorde op Quizzzzz – dis ‘n maklike een.

  1. dis ‘n skoen besigheid

  2. Net slimmes soos jy kan dit regkry, denker!
    😀

  3. JAAAA!
    se mos van altyd af jy’s slim…
    Hoop jy het het nie ‘n skoenmaker nodig vir die krukke nie…
    xx

  4. Ja, skoene….dis oulik ne?

  5. Ek loop hulle gewoonlik totdat daar so te sê niks oorbly om te heel nie.

  6. Ek ook, dan gooi ek dit weg!
    😀

  7. Gaudi het gesê op Desember 23, 2010

    Skoenmaker hou jou by jou lease,swak handskrif en speling… met woorde
    en die bank sal glo jy is ‘n dokter

  8. louisna het gesê op Desember 23, 2010

    Daai perd leer nog spel/skryf, maar hy kan skoene regmaak.

  9. wesnwew het gesê op Desember 23, 2010

    mmm dit is oulik!
    Ek het net vanoggend gewonder of jy gaan terug wees vir krismis. Hoe gaan dit daar met jou as ma? En met jou ma

  10. Wat ‘n salige plek om terug te wees in jou stilte!


    MySpace Christmas Glitter Graphics from SuperPimper.com

    MySpace Christmas Glitter Graphics

  11. Knap advertensietjie. Ek het groot respek vir sulke vindingryke mense.

  12. Rus nou lekker Lou!!

  13. Ek sou darem graag n foto wou gesien het!

    Maar moet se, dis baie skerp!

    (“,)

  14. Dis al vir jare daar en toe ek weer verbyry, toe onthou ek daarvan…dis vir my ook oulik.
    Ek gaan nou by jou kom inloer.
    xx

  15. JA!
    Die bank sal seker….ha!

  16. Hi Twakman.
    Wat maak jy vir Krismas?

  17. Dis juis in die spelling wat die speel met woorde le, ouboet.
    Ek gaan nog vandag op die stoep kom kuier, hoop die koffie is vars.

  18. Ja!
    Hoop dit gaan baie goed met jou MK.
    Lyk my ek gaan nie die jaar daaikant toe nie…

  19. Jy wil nie weet hoe dit met my as ma gaan nie, wesnwew! toemaar, dis darem al beter…my eie ma – sjoe, dis baie moeilike tye. Sal vroeg in die nuwe jaar weer moet gaan kyk so elke twee uur gaan dit baie sleg, dan weer biekie beter.

  20. Ek gaan volgende week Strandfontein toe sommer vir ‘n dag uitstappie. Was Maandag daar toe was dit die begin van springety…die see is lekker woes!
    Ek sal gaan kyk hoe lyk jou trollies, Faansie.

  21. Ja, dis salig om tuis te wees, Cara.
    Dankie vir die mooi kersprentjies.

  22. Nog een wat ek nou onthou is by ‘n grafsteenplek. Daar staan nogals:

    “Don’t hurry, we can wait.”

    Dis in die Paarl.

  23. Dankie Monica…hoop jy rus ook lekker.

  24. Ek het ewe terug gery, om my kamera te gaan haal, toe trek iets my aandag af en het nooit weer daarby uitgekom nie.

  25. wesnwew het gesê op Desember 24, 2010

    wel as jy se dit gaan bietjie beter dan is daar hoop.

  26. louisna het gesê op Desember 24, 2010

    Heerlike koffie en beskuit. Baie welkom

  27. Skoenmaker, of eerder skoen hersteller.

  28. Ons het jou ook gemis!
    Geniet die vakansiedae!

  29. Ek was al daar, toe borsel jy nog tande…tsk…
    lol

  30. Dankie, Thomas.
    ..vir die gemis..

  31. ….. hou jou by jou lees!

  32. Skoenwinkel Lou! Dis nou ‘n slim een. Geseende Kersfees en ‘n wonderlike 2011 vir julle, hoor.

  33. jannel1 het gesê op Desember 24, 2010

    Lou, mag jy en die mense wat die asem in jou lewe is, oorborrel met vervulde geluk en volkome vrede.

  34. JA!

    ha! slim ne?
    😀

  35. Dankie Joanna.
    Hoop jou kersfees is ook alles waarvoor jy gehoop het.
    xx

  36. Dis die mooiste woorde, Jan.
    Dankie
    xx

  37. Vreugde en Vrede Louise …

    Onthou nou … as jy daai eerste hap Triffle vat … dink aan my … want ek wou ook gehad het!!!!!!!

    Soetwees …

  38. Die triffle is amper klaar, DsP
    Ek stuur more vir jou ‘n stukkie.

    mooi loop…

  39. Dankie, en welkom hier.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.