Please forgive me

Desember 17, 2010 in Sonder kategorie

Die beeld staan op my een stoep voor die deur.

 

Hartlief het haar eenkeer vir my gekoop, want hy weet ek hou baie van beelde.

 

Ek het haar naam vir haar gegee:

“Please forgive me”

Toe ek vanoggend stoep skoonmaak en haar vergewe-my-tog lyfie afspuit, toe weet ek

dis nog ‘n eindpunt in my lewe….die smeek om vergifnis en die sorry, sorry druipstert houding.

 

Nie meer nie!

 

My pa het my so grootgemaak. 

Hy het altyd gesê daar mag niemand op aarde leef wat nie vir jou WIL groet nie.

Ek is altyd die een wat toegee, vergewe en probeer vergeet.

 

Dis nou verby.

If you don’t like me – it’s your loss.

 

Dis mos nou weer vakansie en my werk het net verskuif.

Die mense in my huis hou nie van my hier nie.

My een kind het vandag vir my pille aangebied oor ek vensters gewas het.

Ek het in die week al met elkeen van hulle ‘n misverstand/woordewisseling/gil/verwyte/ huismoles, ens gehad.

Twee dae omgetjank.

Ok, dis nou verby – watch my!

Ek pak hoeka Maandag my tassies en los hulle sommer net so justlikethat.

Don’t mess with me…meek and mild turned into a wyfiehondjie.

Wink

 

56 antwoorde op Please forgive me

  1. ek smaak jou stikkent …….

  2. Dis dierbaar van jou Modderkoekie!
    Baie dankie
    xx

  3. jy maak my dag!
    ; )

  4. Ek dink dit het iets met hormone te doen, dis te se as ek nog daarvan het!
    Self ‘n dooie vlieg laat my tjank…shame.
    Ag, ek is nou oor dit, Eaven…maar sal tog gaan lekkers koop.

  5. louisna het gesê op Desember 17, 2010

    Jy bly ‘n special girl Lou.

  6. Herdoop haar nou na Kiss my *ss

    of verkoop haar aan my
    Groete
    Fletch

  7. Slim
    Kiss my ass is nou haar naam.
    HA!

  8. TS het gesê op Desember 17, 2010

    mmmmmm hoe bekend klink dit nou nie … sterkte

  9. Ek is glad nie gewoond aan huismoles nie, Tina. Seker omdat ek nou nie meer gaan stilbly nie en besluit het om ook my se te se….die dat dit so gaan.
    tsk…

  10. Ek gaan gatskop, Monica!

  11. Hou jy van die nuwe harregat ekke, MK?

  12. Hier by ons trek ook van tyd tot tyd sulke storms deur die huis. Maar as hy uitgewoed is, is alles weer ongelooflik kalm en rustig

  13. Dis nie vir my lekker nie, Rosie.
    Ek is moeg van vure doodgooi en keer vir uitbarstings – nou gooi ek saam….ek weet net ek moet hier wegkom vir ‘n tydjie…

  14. wesnwew het gesê op Desember 17, 2010

    ai Lou… Hieroor het ek BAIE te se… Het noudiedag (na MK se Herfsblaar pos) ‘n ding begin skryf en toe besluit om liewer te los, maar die pos laat my nou weer dink ek moet dit tog skryf… Dit wil uit…
    Intussen los die selfopofferring dadelik en se jou se en Doen jou ding… En moet asb nie mog een traan huil nie!!!

  15. Ek weet al die pad dat ek reg is, maar nie een van die bliksempies het al omverskoning gevra nie – dis wat my so moedeloos maak.
    Daai besigheid van respek en gewete kon ek seker nie ordentlik met die grootwordjare oordra nie…hulle stel anyway so min belang dat hulle nie eers hier sal lees nie – al weet hulle ek skryf….tsk….I’m a looser – big time!

    Ek gaan wragtag Maandag my kar vat en vrolik groet en ek sal maar sien of ek vir krismis hier sal wees.

  16. Ja, Faansie, is is nou heeltemal afgecool!
    ; )

  17. Onthou jy daardie liedjie met die woorde :’You can’t please everybody, so you gotta please yourself?’

  18. Geen “loss” die kant nie! Was die skuifdeure net baie mooi skoon, een of ander tyd loop hulle binne in een vas…

  19. Miran het gesê op Desember 18, 2010

    Dis reg so Lou!! Dis nodig om vir jouself op te staan. Ek het al te veel kere in my lewe gesien hoe mense die ‘meek & mild’ ouens verniel en dit juis hierdie mense is wat deernis nodig het.

  20. yip, ek onthou daai een.
    Maar ag, dit sal so lekker wees as almal in vrede kan saamwoon….tsk, sal maar die please myself een doen.

  21. Bwhahahahahaha!
    Ek sal sommer die sticker wat wys dat die deur toe is ook afwas!
    HAHA!

  22. Ek sal hard moet oefen aan my attitude, Maggie.
    Deernis is so ‘n mooi woord.

  23. Nie so maklik as hulle in jou eie huis woon nie, murphy….hier is steeds ‘n negatiewe atmosfeer.
    Die keer sal daai een omverskoning vra en tot dan toe is dit koue skouer.
    Lekker naweek!

  24. Die beeld maak mens nogal week om die hart

  25. Dalk moet ek van haar ontslae raak!
    Sy’s net te swaar om alleen op te tel.

  26. NEEE, sys pragtig en se eintlik n bek vol

  27. Ou-Top het gesê op Desember 18, 2010

    Daardie beeld versinnebeeld die ideale vrou, onderdanig en gedienstig. Smeek en pleit dat jou trane op die aarde spat, miskien vergewe hulle jou. Eers wanneer jy weg of dood is, vind hulle uit dat jy eintlik die sterke onder julle was, wat hulle almal bymekaar gehou het. Nee, ek wil nie n vrou wees nie.

  28. Sy is pragtig en ek wil-wil myself ook so neergooi en pleit vir vrede…
    maar nie die keer nie.

  29. My een vriendin het eenkeer gesê haar arms is moeg van water aandra om die vure tussen haar man en haar twee seuns dood te gooi.
    Ek het niks verkeerd gedoen nie,so Ou Top, dié keer wag ek vir ‘n kind van my om vir my omvergifnis te vra. Ek staan natuurlik met ope arms om die kind te vergewe…maar tot dan toe gaan ek yster wees!

  30. Pass haar dan vir my aan. Ek kan met haar identifiseer

  31. dis die probleem met haar…sy stem ‘n mens morbied. Gelukkig staan sy op die agterstoep waar ek haar nie elke dag hoef te sien nie – meestal doen sy niks aan my nie, maar die keer het sy my lekker vies gemaak.
    😀

  32. Moenie haar die skuld gee vir jou minder goeie emosies nie. Maar jy is geregtig om nie altyd goed te voel nie 🙂

  33. Dis nogal funny dat vakansie mens so emosioneel ontwrig. Jy sien uit daar na, en aanvanlik is dit n totale bolls up. Net as jy jouself gekondisioneer het, moet jy weer aanpas in die dodelike (maar veilige) roetine

  34. Balans het gesê op Desember 18, 2010

    Bedaar en weet…
    Jy’s anders aanmekaargesit.
    Hoe kan hulle die boodskap kry?
    Dalk rerig deur bietjie weg te gaan.
    Tyd alleen is selde die regte oplossing.
    Sterkte!

  35. Dis nogals ‘n aanpassing om so uit roetine gegooi te word, Antoinette…dis waar wat jy sê – skielik is almal so in your face!

  36. Goeie kommentaar, Blaasbalk.
    Ek gaan more na my eie familie toe…net jammer dis so ver om alleen te ry.

    Gaan tyd en afstand probeer.

  37. As ek ‘n fighter was het ek al lankal hard geslaan, kroos. Ongelukkig sulk en so by myself. Om die tafel sit sal net nog verwyte en baklei veroorsaak.
    Ek weet hoe werk die koppe hier!
    Anyway, vandag is familiedag en nog gaste vir middagete – so almal sal hulle net moet gedra!

  38. pasella het gesê op Desember 19, 2010

    Daar’s ‘n liedjie êrens wat sê :”You can’t please everybody so you gotta please yourself”

  39. Balans het gesê op Desember 19, 2010

    kroos se antwoord is OOK deel van wat ek suggereer. (maar ek neem aan hulle WEET REEDS hoe jy voel en wat reg en liefdevol is!)
    Tyd EN afstand kan jou woorde oor die saak net BEKRAGTIG.
    Sterkte!

  40. Balans het gesê op Desember 19, 2010

    Moet jy haar nie dalk herbenaam nie: “You are forgiven!”
    DIE blydskap is ons beskutting!

  41. Dis wat ek gaan doen van nou af, lewies. Al is dit net vir ‘n tydjie om te sien of dit werk.

  42. “Die blydskap is ons beskutting”
    Die woorde gaan ek in my hart saamdra.
    Dankie!

  43. Trots op myself, therina….genoeg is genoeg!
    Dit gaan alweer nie goed met ouma nie, dink die swaar tye le voor.

  44. Adage het gesê op Desember 21, 2010

    Ek dink nou weer daaraan aan hierdie blog van jou, daar is iemand wat my gladnie waardeer nie (gelukkig nie die man nie vaderdank) en ek gaan ook nie meer soos jou beeldjie ‘n sorry sight wees nie…
    Nee dammit!

  45. abrham het gesê op Desember 21, 2010

    vat jou lewe terug, you owe yourself – time wait for no one!

  46. Ek kan nie glo hoe maklik hierdie verandering gekom het nie – het steeds die bad attitude teenoor sekeres!
    Ons hou dit so, ok?
    😉

  47. Sien ek ook Abrham..so met die besoek aan my ma het ek alweer agtergekom hoe tragies dit is as jy so oud is en die lewe gaan om jou aan.
    Now is the moment!

  48. Yip, Kelly.
    Ek is kordaat.
    (Cute woord)
    😀

  49. Lyk eerder soos “I’ve overspent on my credit card”.

  50. hahahaha!
    Gelukkig het ek nie ‘n kredietkaart nie, maar ek kan my voortel.

  51. “hulle” sal dit eers besef as ons weg is!
    😀

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.