Ek is NOU regtig ledig – verveeld klink nie so lekker nie.
Desember 14, 2010 in Sonder kategorie
Het pas met die laaste skrywe gese my moer het min gestrip in 2010, toe strip hy vanoggend vroeg hard en duidelik.
Waaroor sal ek nie hier uitblaker nie – dis effe te persoonlik.
Ek het Saterdag 6 (van 10) outydse saalstoele uitmekaar geskroef (onthou dat ek werklik verveeld was)…die plankies netjies afgeskuur. Maandag toe whitewash ek die spul en vanoggend het ek die staalrame se roes afgeskuur en toe vir ure en ure lank ge-metalic silwer met die kwas.
More sal ek die spul weer aanmekaarsit en op Ezra se stoep staanmaak, kamera gereed vir die groot oomblik.
Buurvrou het hoeka gisteroggend gese dat die ou hout-teetrollie wat ek vir haar gegee het, (omdat sy een gesoek het en ek onthou het daar le een iewers in die stoor) te veel werk is – sy gaan dit inneem en iemand anders gaan dit mooimaak….ek dink na die 6 stoele, nog net die orige 4 dan handsop ek ook….soos in vir ewig. Julle sal nie glo hoe pyn my ou hande nie.
Ok, nog iets.
Het vanmiddag besoekers gehad, nogal ‘n afspraak gemaak…twee ou skoliere en die ma. Die dogter het nou haar eerste pos in die onderwys en wou kom praat. Die seun het vandat hy in gr 3 by my was, gereeld Saterdae vir my kom help om ou meubels af te skuur….hy is nou
n pragtige jong man van 20. Die ma vertel toe hoe arm hulle daaityd was. Sy het saans vir aandete uie met suiker gebraai en op brood bedien, daar was net mooi fnkol anders om te eet.
Niemand het ooit van hulle behoeftes geweet nie.
Ek haal my hoed af vir ouers wat nie worry oor die self nie, en alles opoffer, solank die kinders kan gaan leer.
Die laaste iets:
Ezra raak slimmer by die dag. Hy het vanmiddag grond in ‘n emmer water gegooi, en elke keer as die klont die water getref het, het hy vir homself hande geklap….toe keer hy die emmer op sy kop om. Ek moes die klonte uit sy mond en neus grawe – weet nie wie die grootste geskrik het nie, hy of ek.
Hy het toe vandag geleer om nie ‘n emmer grondwater oor sy kop om te keer nie.
En die heel laaste iets:
My hoof bel my vanoggend. Hy se ek moet se wat hy op die muur kan laat sit wat ek moet uitdink. Soos in ‘n slagspreuk of iets…..hy gee my 10 min. Ek dink toe diep. Bel hom toe met die een:
“As jou gewete skoon is maak dit nie saak as jou poephol stink nie”
Hy bars uit van die lag. Nee, se hy. Dit kan nie wees nie. Ok, se ek. Maak dit dan maar “maak dit nie saak as jou hande vuil is nie”
Nou ja, mag julle met suiwer gewetes die nag ingaan – nevermaaind of die poepol of die hande vuil is nie!
loudavisi het gesê op Desember 14, 2010
Dankie, murphy….jy ook!
loudavisi het gesê op Desember 14, 2010
Ek sal beslis daaroor kom breg, MaanKind.
rosiemetdorings het gesê op Desember 14, 2010
Dink tot ou koningin liesbet sin stink op die beste van tye
Berwick het gesê op Desember 14, 2010
Naandsê.
jr_hewing het gesê op Desember 14, 2010
haha. dit was nou ‘n lekker een. lekker aand lou.
louisna het gesê op Desember 14, 2010
Hallo Lou. Pasop vir die oorkussing.
monicahaddad het gesê op Desember 14, 2010
Lou! lekker op jou stukke vanaand n?
Adage het gesê op Desember 14, 2010
Hahahaha!
Ag Lou
🙂
gidivet het gesê op Desember 14, 2010
Kostelik!
Doubtingthomas het gesê op Desember 15, 2010
Ledigheid is die duiwel se oorkussing…
🙂
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
Haar gewete, roosdoring?
Bwhahahaha!!
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
Ek sê more, Berwick
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
Dankie V…lekker dag daar…die wind, o die wind!!
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
Daarvan kan ek nie beskuldig word nie ouboet. Ek se net wyk satan, dan gaan hy!
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
: )
Dis lekker om te hoor, therina.
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
Sê mos ek is effe ledig…maar my planne vir die dag is duidelik neergestip…gaan vir ‘n slag lippe aansit en alleen shopping doen.
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
more, Adage
;D
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
🙂
Hmmmmm….
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
Dis die vakansie se skuld.
Wens daar was nie so baie kinders by die see nie, dan sou ek dalk ‘n vakansie daar oorweeg het.
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
Die manne in my huis hou nie daarvan as ek in hulle stoor werk nie..see if I care!
louisna het gesê op Desember 15, 2010
Ek dink jy weet ek het hom tong in die kies geskryf. Mooi dag.
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
Natuurlik het ek geweet, ouboet!
Jy kyk my lig aan….. hahahah.
😀
louisna het gesê op Desember 15, 2010
ek sal nooit ‘n girl van jou statuur lig kyk nie. Mooi dag. Hier reen dit nog lekker.
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
Hier storm dit vandag! Die spietkoppe blou blou die paaie vol…als is nat en die wind is woes.
Lekker dag.
Eerliknetek het gesê op Desember 15, 2010
hehe
loudavisi het gesê op Desember 15, 2010
😀
dinkweer het gesê op Desember 15, 2010
Lekker gelees. Sou albei skoon verkies…
skermunkel het gesê op Desember 15, 2010
Dag Lou.
Dis ‘n plesier om jouw blog te lees.
Ek het die Afrikaans lief, dis ‘n baie mooie taal.
Jy het seker nie 2 linkse hande nie, jy kan alles ….
loudavisi het gesê op Desember 16, 2010
Ja, Dinkweer!
😀
loudavisi het gesê op Desember 16, 2010
More, Fernand…Afrikaans is sowaar ‘n mooie taal.
Dankie dat jy gereeld hier kom kuier.
: )
amtaylor het gesê op Desember 16, 2010
Ai, het ek nou lekker gelag vir daai slagspreuk van jou LOL!
loudavisi het gesê op Desember 17, 2010
Het self lekker gegiggel, Klippie!
loudavisi het gesê op Desember 17, 2010
Jy mis big time uit!
😀
Lekker dag vir jou.
DallaSePa het gesê op Desember 17, 2010
lol … Puik! … Flippen Skerp!
loudavisi het gesê op Desember 17, 2010
Dis die vakansie wat dit aan mens doen!
😀