Was lank laas hier, want…
November 26, 2010 in Sonder kategorie
dis soos dit is.
Lees so af en toe hier rond, dan spring die gewete in eerste rat en ploeter ek maar voort met 2011 beplanning.
Vandag het die Gr 7’s hul laaste vak geskryf.
Toe loop hulle rond met skoolhemde en penne en die pelle en onnies moet iets skryf.
Hulle staan in rye by my tafel en ek skryf sommer so uit die kop uit ‘n ietsie hier en daar.
Heel laaste staan klein Chrislé-Ann. Sy was 4 jaar gelede die soetste dogtertjie in my klas.
Ek neem haar skoolhemp. Sy vlek dit oop en agterop, in die middel is ‘n reghoek geteken met hartjies en blommetjies vir ‘n randpatroon. Sy dring daarop aan dat ek daar moet skryf, want sy het dit spesiaal vir my geteken. Ek skryf toe die blokkie vol van alle mooi goed.
Ai, fokkietog!
Wat gaan van haar word?
As ek die lotto gespeel het, en dalk gewen het, sou ek……..
Dit gaan baie sleg met liefste Hartman, vir twee dae al kan hy omtrent nie loop van die rugpyn nie.
Die een dr se hy moet nie laat opereer nie. Die ander het hom laas spesialis toe gestuur en daai simple dude se hy makeer niks. Mediese fond is uitgeput, soos gewoonlik die tyd van die jaar.
Sal maar kophou en uithou tot Jan en dan weer kyk.
Hoop julle geniet die naweek.
Baai for now.
Onlangse kommentare