Liewe Lizzie

Oktober 5, 2010 in Sonder kategorie

is tans in ‘n koma

(Sien vorige vorige post)

Ek bel laas (vorige) Vrydag die dokter.

Se vir hom ek bring vir Lizzie hospitaal toe.

Hy vra hoekom

Ek se sy kan nie meer loop nie

iets vreesliks is verkeerd.

Hy se ok, hy bespreek ‘n bed

Ek gaan haal haar

Se sy moet inpak

Sy weier

Sondag bel sy en se sy gaan nie die week kom Ezra nie

Sy gaan diep Boland toe

Na haar eie familie

Haar ma se sy het die profeet gesien

Hy het haar die hande opgele

Daar het vreeslike lelike goed uit haar lyf gekom

Sy is getoor

Gister het Lizzie se ma haar kind by die skool kom haal

Die oudste in matriek ook

Hulle gaan diep Boland toe

Lizzie het gevra hulle moet kom

My hart ruk-ruk-ruk

Sy is ‘n mooie, slanke vrou

Sy was amper 10 jr hier in my huis

 

Ek gaan nie fok se nie, ok?

Geredigeerde bydrae:

Het sopas die oproep gekry wat se dat sy nou amptelik oorlede is.

59 antwoorde op Liewe Lizzie

  1. katrina het gesê op Oktober 5, 2010

    Ai Lou… dis eina. Baie hartseer.

  2. Hulle het so gelatenheid oor die dood. Ai Lou dis baie swaar vir jou……..

  3. DallaSePa het gesê op Oktober 5, 2010

    ok … ek sal namens jou LouA … ‘FOK’!

  4. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2010

    Sy is sopas oorlede Katrina.
    Save her sweet soul!

  5. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2010

    Sy is, en haar jongste is my sponserkind in ons skool.
    Sy is nou amptelik dood

  6. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2010

    Dankie Eaven.
    Nou is dit begrafnis ens….maar dit sal ook verbygaan.

  7. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2010

    Ai foktog DsP!
    Dankie vir die hoofletters.

  8. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2010

    Sy het sekerlik geweet wat vir haar voorle, Monica.
    Die dat sy geen mediese hulp wou aanvaar nie.

  9. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2010

    Dankie liewe Sonel
    Haar plekkie gaan so leeg wees hier.
    Ek wonder net hoe sy na Ezra verlang het.

  10. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2010

    Ja, MK. dis ‘n shame!
    Twee weke gelede het ons haar nog na die kwekery geneem vir koek en tee…dis net te skielik

  11. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2010

    Dankie, Ghaap.
    Die besigheid is vreemd vir my.
    Sal maar moet sien hoe dit werk om begrafnis te reel.

  12. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2010

    Dankie, Sonel.
    Gelukkig sal hy nie vir haar vir lank onthou nie.
    Tyd speel so ‘n groot rol in ‘n klein kindjie.
    xxx

  13. Ai ou Lou, hoe swaar ook al vir almal wat agterbly, sy moes ‘n lyding gehad het waarvan sy nou verlos is.
    hoop kinders was betyds by haar

  14. loudavisi het gesê op Oktober 5, 2010

    Die kinders was betyds daar, Rosie.
    Ai, dis swaar om aan hulle te dink.

  15. pasella het gesê op Oktober 5, 2010

    Sterkte met alles wat nou voorlê.

  16. eros01 het gesê op Oktober 5, 2010

    Ag nee Lou!!!! xR

  17. jr_hewing het gesê op Oktober 5, 2010

    fok. ek is jammer lou. x

  18. Adage het gesê op Oktober 5, 2010

    Arme Lizzie, RIP
    🙁

  19. Ag nee Loua, dis regtig hartseer. Sterkte!

  20. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Dankie, lewies.

  21. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Dis maar seker soos dit moet wees.
    Sy was nog jonk – 35!

  22. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Ai, Verskriklik!

  23. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Wens ek kon iets doen, maar die toordery is vir my onbekend…ek kan dit nie glo nie..

  24. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Sys gelukkig waar sy nou is, Thomas

  25. lisabeth het gesê op Oktober 6, 2010

    Ai Lou, ek is jammer.

  26. Dag Lou.
    Ek is baie jammer.
    Dis sooo onregvaardig

  27. abrham het gesê op Oktober 6, 2010

    dalk was sy nie-amptelik lankal dood

  28. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Nou kom die versoeke vir hulp van die begrafnis in, Ouboet!

  29. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Dankie Lisa
    Kan dit net nie glo nie!

  30. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Haar gesin gaan nou sonder haar inkomste moet klaarkom – ek weet nie wat ek moet doen nie.

  31. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Dankie, Stilekke!

  32. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Die skok is groot….het nooit kon dink, al het my onderbewussyn dit geweet.

  33. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Fernand, dis lekker om jou weer vir ‘n slag hier te sien.
    Dit is sooooo onregverdig, ek stem saam.

  34. loudavisi het gesê op Oktober 6, 2010

    Ons het soveel oproepe gekry – dan se die ma sy’s dood, dan bel die uncle en se sy’s in ‘n koma ens….vandaar die “amptelik”

  35. louisna het gesê op Oktober 7, 2010

    Gelukkig is jy bevoeg om te help. Skryf die begrafnisbrief en bied aan om die bedankings te doen.

  36. louisna het gesê op Oktober 7, 2010

    Gelukkig kan jy help. Skryf die begrafnisbrief en bied aan om die bedankings te doen.

  37. loudavisi het gesê op Oktober 7, 2010

    Begrafnis is Saterdag en in die Boland..so ek kan nie gaan nie, moet net asb geld gee…

  38. loudavisi het gesê op Oktober 7, 2010

    Dankie vir die inloer, samuhr

  39. shlwanjan het gesê op Oktober 7, 2010

    Ai Lou. My hart gaan uit na jou en na haar familie. dis bitter hartseer.

  40. wesnwew het gesê op Oktober 7, 2010

    sien nou eers die… ons is tog so ‘blessed’ deur elke liewe mens wat ons lewe verryk en dit laat ‘n groot gat wanneer hulle weg is… sterkte!

  41. dinkweer het gesê op Oktober 7, 2010

    Afskeid bly swaar. Die finaliteit daarvan…

  42. loudavisi het gesê op Oktober 7, 2010

    Dit is bitter, Klarisabet.

  43. loudavisi het gesê op Oktober 7, 2010

    Dankie, sien jou netnou …;)

  44. loudavisi het gesê op Oktober 7, 2010

    Dis finaal beslis, moet nou net gewoond raak..

  45. loudavisi het gesê op Oktober 7, 2010

    Dis soos dit is, Annemari.
    Life goes on….

  46. Plant ‘n boom vir Lizzie en onthou die vreugde wat sy gebring het. Sterkte.

  47. loudavisi het gesê op Oktober 8, 2010

    Dis ‘n goeie plan, Nika!
    By haar huisie, dan sal haar familie haar nie vergeet nie.

  48. rolienv het gesê op Oktober 8, 2010

    Shame Lou, baie jammer om te hoor!

  49. rolienv het gesê op Oktober 8, 2010

    Sooo mooi gedagte!

  50. loudavisi het gesê op Oktober 8, 2010

    Ja, Thandi.
    En more is begrafnis.
    Tyd!

  51. Druktyd het gesê op Oktober 8, 2010

    Ai, Lou baie jammer! Ek sien nou eers die pos!

  52. Druktyd het gesê op Oktober 8, 2010

    So ‘n pragtige gedagte!

  53. loudavisi het gesê op Oktober 9, 2010

    Is ok, Druktyd, ons is nou al amper gewoond daaraan

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.