My week – los gedagtes.

September 23, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Lizzie se oudste – matriekafskeid

 

Nagmerrie week

Ek was vreugdevol Eldorado skottelgoed tot 12u Saterdagnag

Sondagoggend lui die foon

Ezra is siek

Gooi heelnag op

Ek haas my oor die pad

Gryp alle beddegoed en was

Drie bondels

Maandag kom geen verskil

Dr se hy het mangelontsteking

Die ma begin Maandagaand siek word

Selle storie

Liewe Lizzie wat vir Ezra deur die dag oppas is ernstig siek

Maer – net bene

Dr se sy het nierpypinfeksie

Pille help niks

Voete swel op

Volgende dr se sy het TB

Neem haar hospitaal toe vir plate

(Ek sien die dood as ek na haar kyk)

Dilemma

Ma moet werk

Pa moet werk

Ouma en oupa ook

My huishulp pas hom soggens op

Ouma pas kleinkind middae op

Ek is so te se nooit by my eie huis nie

Lizzie se oudste het Dinsdag matriekafskeid

Ouma moet foto’s neem

Vreugde in hopland

Dit stortreen.

Rapporte punte kommentare

Afsluiting van kwartaal

Nuwe sillabusse ontvang (alweer)

Familie van Transvaal is oppad die naweek

Hartman besluit om die huis te verf

Gaos!

Binne en buite.

Ouma het nie tyd nie!

Ouma het nie huishulp nie

As hulle Maandag vertrek, kom my ma kuier.

Weer beddens skoon oortrek

(Dit reen al heelweek)

Dan is die week verby

Niks skoolwerk gaan gedoen word nie

Sien ek nou

Moet nog menu beplan

10 mense vir brekvis lunch sopper

 

Amper se ek fok

 

 

 

 

58 antwoorde op My week – los gedagtes.

  1. genugtig. ek het nou alles in een asem gelees. ek hou van hoe jy dit vertel. sterkte lou. en haal asem so nou en dan.

  2. oe en ek is mal oor daardie foto!

  3. Dankie, verskriklik.
    Ek snak darem so af en toe

  4. Ek ook!
    Sy is so flippen beautiful
    En so flippen nederig
    En so flippen slim
    Wens ek het geld gehad vir haar vir ‘n toekoms

  5. abrham het gesê op September 23, 2010

    vir die daaglikse katasrofes maak vir jou ‘n lekker koppie tee
    met ys jaaa
    klippies!

  6. Dankie, Flentertjies
    Ek hou so baie van Hartman se Transvaalse familie…ek weet ons gaan lekker kuier as hulle net eers hier is.

  7. Baie wit en stofpiepiedroog vir my dankie!
    Ek is nie ‘n rasis nie….
    lol

  8. Amper…
    Hallo, Lou.

  9. Ten minste het julle reën gehad….. teen woensdag het jy hierdie week alweer vergeet 😉

  10. Jy vat omtrent nie grond nie.
    Dis wat jou so jonk hou.
    My hart bloei vir jou Lizzie.

  11. susan5 het gesê op September 23, 2010

    Sjoe!!!! Sterkte hoor.

  12. Baie reen Monica.
    Het deur die nag nog gereen.
    Heerlik!

  13. My hart bloei vir Lizzie.
    Sy is al 10 jaar by ons.

  14. Dankie, die sterkte wens is welkom

  15. Ja, Therina.
    Ek dink aan Anha se skrywe nou die dag oor ons met die roomkoeke onder ons arms. Dit hou my dankbaar

  16. Ek worry nie Ghaap.
    Ek hou liewer skool as huis.
    😀

  17. Thanx MK.
    Ek hou nog vas aan jou volmaan voorspelling.

  18. No rest for the wicked…
    🙂

  19. none, my friend!

  20. Ja, Afro, ek sien uit na die kuiertjie.

  21. Hehehehe Lou, ek lag vir die fynskrif! Ag, sterkte maat. Ek hoop jy kom ongedeerd hierdeur. Jy moet dalk maar die gaste laat inspring en help. Wat se ei slim mense? “This too shall pass.”

  22. Ek weet dit sal verbygaan, maar tans is ek midde in die storm, Joanna.
    Toe ek vanoggend my gaste-beddegoed so kyk, toe wonder ek hoe oud dit is. Jaag dorp toe – DORP IS TOE.

    Toemaar, dis darem skoon!

  23. Ezra se ouers het ook langnaweek.
    Hulle moet maar self kyk, of indien iemand van die fam belangstel, sal dit gaaf wees.
    Toemaar, nog net die vloere.
    Die honde is gebad en geknip ens.

  24. Ou-Top het gesê op September 24, 2010

    En as jy Murphy gelees het, moet jy dankbaar wees.

    Die klienkind word groot. Eendag gaan ek die moed kry om myne daar in Australia op die blog te sit, net om almal te wys hoe mooi n seuntjie kan wees!

  25. Ja, Ou Top.
    Ek is seker joune sou die mooiste gewees het as dit nie vir Ezra was nie!
    😀

    Ek dare jou om joune op te sit!!!!

  26. LYLO het gesê op September 25, 2010

    Asem in asem uit. Asem in, asem uit.

    OK. Sterkte vrou! Die lewe van ‘n huisvrou/gasvrou/moeder/ma hou nooit op nie.

    Nuuskierig oor jou menus!!

    Dankie vir jou inloer daar by my. Het my kuier hier ook geniet.

    LYLO

    P

  27. Die menus is net braai, braai
    Dis wat daarmee saam opgedis kan word, wat my probleem is. Sal seker meestal lamvleis wees. Die Transvalers ken mos net van bees.

    Groetnis

  28. Oh wow. Pryswen-foto!!!

    En pryswen-inskrywing.

  29. Ek is skoon uitasem gelees aan die bedrywige week.
    Sterkte

  30. Ek dink ook so – die foto is amazing!
    Dankie dat jy daarop gekommentaar het lol
    Niemand anders het nie tsk…

  31. Kerneelsie, alles is nou onder beheer.
    Wag nou net vir hulle wat enige oomblik kan opdaag.

  32. Ag neeee, jy mag dit maar se. Ek vind die Engelse weergawe van daai word het meer inpak. Probeer dit!!!Ek was ook bietjie awesig sterkte daar vir jou…

  33. Ek sou jou nie kwalik neem as jy het nie.LOL!Dinge klink bietjie rof daar by jou.Lizzie se dogter het pragtig gelyk.Dag vir dag, ons het altyd genoeg krag vir een dag op ‘n slag…

  34. Dankie Montess
    Ek het nou die engelse weergawe geoefen, maar die afr een is seker uit gewoonte die lekkerste

    😀

  35. Die naweek is verby, die gaste is weg. nou nog net my familie, dan gaan ek biekie ontspan.
    ; )

  36. Geniet jou famielie, ek het nie, ek mis so famielie bande en samesyn in ons famielie elkeen het ‘n ‘n lewe van sy eie.Famielie is die naaste aan jou daar is altyd onenigheid van een of ander aard maar jy mis dit gou.

  37. Ai, Thandi, natuurlik waardeer ek my familie baie en ek waardeer ook die moeite wat hulle doen om die lang pad hiernatoe aan te durf.
    Dankie dat jy my weer bewus maak daarvan.
    xxx

  38. Adage het gesê op September 29, 2010

    Is Ezra beter?

  39. Behalwe die mangels was hy die eerste een met die een dag maagvirus…toe sy ma, die volgende dag sy pa, toe die ouboet, Ouma se beurt was Ma ogg….toe sterf die kiem uit – hehehe!
    Dit was aaklig.
    Dankie dat jy vra.
    xx

  40. en?
    wat gaan jy daaromtrent doen?

    Lees: eat, pray, love.
    Die pray gedeelte leer mens om nie te dink nie.
    Ek weet nie of ek dit ooit sal regkry nie.
    Dalk kry jy dit reg,

  41. FOK!!! daar, dis gese, en dit was nodig!
    sjoe eks bly dit klink darem of alles beter en stiller isnou…
    hoop jy rus en als gaan klopdisselboom

  42. oja en stunning foto

  43. Dankie dat jy dit gese het, wesnwew!
    Ha, ek wou-wou…
    Ons het toe heerlik gekuier.
    Ek dink ook die foto is stunning.

  44. Het amper so ‘n beklemmende gevoel gekry hoe verder ek lees…

  45. Dis nou alles in die verlede en alles het goed afgeloop. Ek jaag myself op hol oor niks – regte drama queen!

  46. Dis ‘n stunning boek daai, jacvan.
    Ek het dit by ‘n pel geleen, maar moet beslis een aankoop.

  47. Ek weet darem nie Lou…die klink nie vir my na aansit nie…dit klink na baie reen op een kolletjie grond!

  48. Die kiem kon nie vir OUma oorleef nie!

  49. Lylo, jy laat dit na voorgeboorteklasse klink!

  50. loudavisi het gesê op Oktober 1, 2010

    Goeie punt,lisa.
    As dit maar net regte reen was.

  51. loudavisi het gesê op Oktober 1, 2010

    hahaha!
    Min dinge kan.

  52. katrina het gesê op Oktober 2, 2010

    Lanklaas hier ingeloer. Wat ‘n dolle gejaag. Hoop jy haal nog asem tussen al die emosionele aanslae deur. XX

  53. loudavisi het gesê op Oktober 2, 2010

    Dankie, Katrina.
    Ek het gedog as alles oor en verby is, sal ek ontspan, maar nee!
    😀
    Nogtans lekker om te lewe.

  54. Met so ‘n week mag jy maar baie meer se as net ‘fok’.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.