Familie word alweer groter

September 19, 2010 in Sonder kategorie

Kleine Ezra het sy getroue waghond en lewensbeskermer gekry.  Jack Russel gekruis met iets anders.

Sy naam is Bunnylick….ek weet nie hoekom nie.

Hulle beweeg reeds in motion  – birds of a feather as jul my vra.

Indien julle my woord in twyfel trek, sien weer foto hierbo.

Voete/hande

kop en oë saam gefokus.

Ouma Loua met die kinders.  Die airdale wil vir Bunnylick opvreet van liefde.

Ezra hou meer van ons airdale sover.

Met die terugkoms van die Kaap af, moes ons op Malmesbury stop.

Ezra KON nie meer sit nie, toe kry ons die cuteste koffieplekkie.

Ezra en sy pa.

Geen woorde meer nodig nie.

Ai mense, julle sal nie ‘n ouma se hart verstaan as julle nie eers daar was nie.

Groetnis en hê ‘n lieflike Maandag.

40 antwoorde op Familie word alweer groter

  1. Hy’s ‘n regte happy chappy! Lekker week vir jou Lou!

  2. Dankie, Flentertjies.

  3. Hy is.
    Altyd ‘n glimlag.

    Ek lees nou “eat, pray, love”
    In die pray gedeelte se die guru dat mens met ‘n glimlag moet mediteer.
    Dit het my dadelik aan Ezra laat dink.
    Hy smile permanent.

  4. Dankie, wesnwew.
    ; )

  5. Die bekommernis oor nog ‘n siel(letjie) wat opgevoed moet word, en die skooltake, matriekafskeid, liefdeterleurstellings, ens. kom nog. Ek worry al klaar.

  6. Ek hoop en bid dat ek hom nooit sal vaal nie, Ghaap.

  7. You doting Granny, you!
    🙂

  8. more Thomas.
    Ja, dis maar soos dit is.
    ; )

  9. Wat ‘n lieflike ou seuntjie, en die geluk straal uit hom uit. Hy en daai Jack Russel gaan hulle nog opdraende gee. Glo my vry. My seun het ‘n Jack Russell gehad met die naam JR. Sy lieflingsnaampie het elke dag verander. Jack Rabbit, Jaco Rabi, you name it, alles behalwe Jack Russell. In alle geval, maar julle reg, daai tweetjie gaan saam kattekwaad aanvang.

  10. Bunnylick… hehehehe. Ons het ‘n kat gehad wat se naam Gomgat was. Ek was nog klein toe ons die kat kry. My pa se verduideliking vir die naam was dat die kat reggemaak is, en daarom “Gomgat” heet.
    Ek verstaan dit ook tot vandag toe nie.

  11. My kat se naam was weer Kalbas. Genoem na sy ‘n, ‘n, “groot kalbassies”. Natuurlik het die naam nie meer gepas nadat hy by die veearts was nie!
    Ouma geniet jou kleinkind – dis lekker om hulle te hê – hulle gee jou soveel plesier!

  12. Dit gaan uitstekend, dankie, Paljas.
    Hoop om dieselfde van jou te hoor.

  13. Jy voorspel ellende en harde werk vir my, Joanna. Ek weet jy weet waarvan jy praat, so ek luister, al kan ek niks daaraan doen nie.

  14. Hy is effe snotterig vandag, MK.
    Maar tussen die borrels deur smile hy steeds.

  15. jy moet eers trou en vrouvat, dan sal jy dadelik sien, Kerneelsie.
    😀

  16. Dankie, Kalbas.
    Hahaha vir die veearts wat die kat se naam nie gestand gedoen het nie.

  17. Woorde en foto’s wat vertel van ‘n ouma wat lief het…

  18. daai hond is mooi ek het die naweek op ‘n wynplaas ‘n hond gesien, ‘n skaaphond gekruis met ‘n aggenee nou het ek vergeet maar dit was ook mooi.

  19. Daai eerste foto is ‘n voltreffer.

  20. Adage het gesê op September 21, 2010

    mal oor ezra – en die hond ook natuurlik.
    ‘n Man moet ‘n hond hê

  21. hehehe, ag, jy is ‘n oulike kind!
    slim verby en ‘n woordtowenaar.

  22. Dit was net toevallig Jan Klaas.
    Eers toe ek dit aflaai, toe sien ek…

    Dankie
    xx

  23. Mal oor Ezra – basta!
    😀

  24. Trakie het gesê op September 22, 2010

    Kyk net die mieliepitte!

  25. Spierwit en hy loooove tandeborsel.
    😀

  26. op daardie eerste foto het hul presies dieselfde houding! cute!

  27. Dit is nou die cuteste foto’s wat ek in n lang tyd gesien het…Laat my sommer breed smile!

  28. Dis ‘n brawe Bunnylick. Hy word so deur sy baas afgeknou, maar kom weer en weer terug vir nog!
    😀

  29. Dankie salparadise.
    Ek smile ook breed.
    : )

  30. Aard mos na sy ouma!

  31. Hahaha
    Seker nie, maar ‘n Oupa wel (?)

  32. So ‘n bekkige brakanjan!

  33. hehe!
    Ja, is soos jy daar se

  34. fanjan het gesê op September 24, 2010

    Ek wonder net wie van die twee beweeg die vinnigste? `n Mens kan se die hasie of die skilpad nie

  35. bunnylick wen nou nog, maar watch my blog as die mannetjie groter is!

  36. AG moeder ma!!!

    En dis rerig, die hond en kind loop loodreg in mekaar se voetspore! dis ‘n kodac moment gewees! 🙂

  37. Ja, hulle twee is so oulik saam.
    Ezra maak vir Bunnylick seer, maar hy kom altyd terug vir nog.
    😀

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.