Twee jaar gelede het ek vertel van ELDORADO

September 17, 2010 in Sonder kategorie

Dis weer sulke tyd.

Tyd?

What went wrong?

Intussen is ek twee jaar ouer.

Intussen het ek ouma geword.

 

 

Het vannaand 120 hotdogbuns geknip (dit mors nie so veel as sny nie, I’ll let you know)

Hartman het 200 boereworse gebraai – so halfgaar, want more-oggend moet ek om 7u die hotdogs en koffie smous aan die Eldorado ryers.  

Hoop ons maak daar die ekstra pennie.

 

Dan is more-aand die ELDORADO dans.

200 koppe is reeds verkoop.

Saal is opgemaak.

Kos en musiek gereel.

 

Ek doen NET die skottelgoed.  My eerste keuse.  

(Laat een van julle wat my goed ken nou lag – ouma heks is op julle!) 

Therina en Tronkie, watter bodylanguage bespeur ek?

 

Skottel vir messegoed.

Genoeg swartsakke, sunlight liquid, afdroogdoeke.

Ek is in die sewende hemel.

 

OK, nog net dit:

Vanoggend in die personeelkamer:

Hoof se:

Moenie mense na gesigwaarde skat nie.

Ons Juffrou Lou is nou amptelik oud.

Julle moet haar met die nodige respek en agting hanteer en waardeer.

Sy mag nie afgeskrik word nie.

En enige foute wat sy maak, dis a.g.v die ouderdom – so aanvaar dit gelate.

 

HA!

 

28 antwoorde op Twee jaar gelede het ek vertel van ELDORADO

  1. Skottelgoed was klink nie na Eldorado nie

  2. Dit is my keuse.
    Toe die werkverdeling beplan is, was ek eerste om te volunteer!

  3. Jy’s georganise moet jou goeters.
    Dit gaan een moewiese sukses wees.

  4. Hy ondersteun my heelpad, Ghaap.
    Hy gaan self help met die skottelgoed.
    😉

  5. Ek bid die naweek om, Rosie!

    ek BEGEER my alleentyd en stiltetyd.

    Dit sal ook verbygaan – ek weet.

  6. 😉
    dis soos dit is – mooi diplomaties gestel.
    Ek sal dit net geniet as al die borde klaar skoon is.
    x

  7. Dis my gunsteling tydverdryf, MK!

  8. Hy is, Ghaap.
    En die snaakste mens wat ek ooit mee te doen gehad het….so vol humor.

  9. eros01 het gesê op September 17, 2010

    Ek weet jy bly ver, maar kan jy nie laat Sondagmiddag hier by huis Roosmaryn ‘n draai maak en kom help skottelgoed was nie. Lou jy is ‘n goeie mens.

    Wees dankbaar vir die versagting deur jou hoof aangevoer.xR

  10. oeg- dog mens moet bietjie rus oor ‘n naweek as jy ‘n juffrou is. hehe. (ek weeeeet, ja, ek weeeeet)
    geniet dit!

  11. Ek is dankbaar vir ons hoof en personeel.
    Die skottelgoedwas sal ‘n plesier wees, Rosie!
    ; )

  12. Ons moes ons persoonlike data op die internet in die hoof se kantoor invoer. Onder andere is daar ouderdom.
    Hy het getik en ons moes sê.
    😀
    Dankie anyway, Flentertjies…sal laat weet as ek die dag 60 word.

  13. Ek weet jy weet, Ilze.
    Ek sal hard werk, en dan moeg voorgee…lol

  14. Jir, as ek nader gebly het sou ek definitief een (of twee, of drie) van daardie boeries kom sample het.

  15. Ek wis niks van Eldorado nie, het seker nie twee jaar gelede gelees nie, wat is dit?

  16. Dis ‘n daglange tipe van ‘n motorrit oor die berge en valleie om Klawer waar mens in groepe deelneem aan sports en sporterige goed en almal soek iets op kamtige kaarte en almal wen iets. Dan dans en eet almal. Sien jy? Dis absoluut heerlik!

  17. Ja, Thomas, die boeries is altyd heerlik!

  18. Dankie, Sonel.
    Dit was ‘n bedrywige besigheid en nou is dit verby.
    Dankie tog

  19. HAHA!
    Jy moet vir SBol reghelp – of liewer net stilbly. Dis dierbaar van hom.

  20. Ek wil nie daar sit nie, therina.
    As hartman sou saamkom en sou saamdans sou ek dalk wou…ek LOOOOOOVE dit om te dans, maar hy kan glo net as hy genoeg petrol getap het.

  21. “Intussen behoort die hoewe nou aan my, na 20 jr.”

    ek is so beindruk … mag dit tog met my ook gebeur … eendag … (asseblief en amen)

  22. Toe ek ‘n ontvanklike kleutertjie was het my pa ‘n dansorkes gehad wat die wereld (van sy kontrei) aan die brand gespeel het en die orkes se naam? Op die basdrom het dit gestaan: Eldorado. Die hele ‘band’ het net kon funksioneer as hulle genoeg petrol getap het. Hulle sou dalk vir Hartman ‘n vryskut musiekkant kon maak. Hy sou iets kon slaan of skud of vryf of druk. Ek sal eendag blog oor hierdie ‘band’!

  23. Dis lank as mens begin, en skielik is dit verby en dan wonder mens waar tyd heen is.
    ; )
    Jou tyd sal kom.

  24. Dis nou oulik, Kletsgras!
    Ek sien uit na daardie skrywe.
    😀

  25. Jy moes ons gisteraand gesien het, jacvan.
    200 mense se skottelgoed in ‘n japtrap.

    Ek giggel nou vir jou Mr Ford sin.
    😀

  26. HA! Vatso! {-;

    (Foto’s van Eldorado???)

  27. Dit sal ‘n eer wees om jou as gas te ontvang, Afro-kaner.
    ; )

  28. Geen foto’s nie, shlwanjan.
    Sorry!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.