Europa – dalk die tweede stoute storie vir MK

September 6, 2010 in Sonder kategorie

Die dag toe ek klaar gestudeer het en die laaste van alle eksamens afgerammel het, het ek huistoe getjaarts om in te pak en om weer Kaap toe te tjaarts om betyds op die “Europe” boot na Europa te wees.

 

My ma het destyds gese, elke kind wat klaarmaak, kan gaan toer, ‘n kar kry, of trou.

 

Ek het die toer gekies.

My ouboet, natuurlik die kar.

My kleinsus het liewerste getrou.  (shym)

 

My hartseerste oomblik was toe die boot uit die hawe trek, die blaasorkes geblaas het, en ons streamers na ons geliefdes gegooi het.  My pa het my streamer aan die voet van sy kierie vasgedraai (hy het polio as kind gehad) en dit was die laaste streamer wat daai aand in Des 1973 gebreek het.

 

Ek het agter die boot se tralies gesak en soos ‘n baba getjank. … het geweet daar is geen omdraai meer nie. 

Hierdie dogtertjie (!) was nie streetwise nie.

 

Baie braaf het ek en my kajuitmaats die verre vreemde aangedurf.

 

So by the way:

Die hele toer het R1000 gekos met R300 se ekskursies – twee weke op die boot. Vyf weke in Europa en die vliegkaatjie terug om net betyds te wees om twee dae laat te wees met my eerste pos in die onderwys.

En dan nog R300 sakgeld, waarvan ek sowat R100 teruggebring het.

Those were the days!

 

Anyway, so land ons in Rome op Oukersdag.  Die bus neem ons na die hotel en nadat ons afgepak het, na die stad om te sien wat ons moes sien.

Ek en my pelle mis toe die bus terug na die hotel en moes terugstap – weet nie wat die rigting is nie, maar woed voort. Elkeen het ‘n ander baken kon identifiseer en het gesweer ons is op die regte pad.

 

(Ek was gekies as toer(prefek of iets) 2 meisies en 2 seuns uit die 52 jonges.)

Toe ons uiteindelik by die hotel kom, moes ons haas na die eetplek waar almal reeds op ons wag.  Die een seun (?) by ons tafel se toe ek en hy moet ‘n halwe bottel wyn drink en die enigste manier hoe ons sou weet dat elkeen sy deel gedrink het, was dat een tot by die pad van die wynplaas-etiket op die label van die bottel moes drink, en die ander een die res.

 

Ek was eerste.

Ken daai tyd niks van wyn nie  (nou kan julle my niks vertel nie)

 

Drink toe my deel en voel weird – baie weird.

 

Sal julle dit glo?  Die einste aand in daai hotel is daar ‘n SA  Kerk-toergroep oppad na Jerusalem.

Hulle hou toe ‘n Kers-aaddiens in een van die sale en nooi ons om deel te neem.

 

Ek het my naam gat gemaak daai aand – hier vertel ek nie ‘n woord verder nie…….ok?

 

Ok, nou maak ek weer my naampie gat.

Gelukkig maak dit nie meer saak nie.

 

 

 

 

 

 

 

25 antwoorde op Europa – dalk die tweede stoute storie vir MK

  1. Jy laat darem nou ons verbeeldings met ons op hol gaan, hoor! {-;

  2. HAHAHAHA!

    Nou kan ons lekker giggel oor daai tyd.
    Ek was so bang – nou is ek oud en die herhinneringe maak my lag….en bloos.

  3. Sien jy hoe onskuldig was ek eintlik daai tyd?
    Ai, was dit maar nog so…

  4. Jy het die regte besluit geneem. Herinnerings is meer werd as al die geld in die wêreld.
    Sterkte. Ek ry Donderdag weer Grootmist toe.

  5. As ek se ek het my naam gat gemaak, moet jy my net glo, Kelly.

    Niks meer oor my lippe nie!!
    😀

  6. Kom loer in vir koffie, Kobus.

    Asb tog….het jy nog my selnr?

    Laat weet as jy hier is.

  7. HA!
    dis alles my ma se skuld.
    Sy moes geweet het om my nie te stuur nie.
    Ek is alewig onskuldig.

  8. louisna het gesê op September 6, 2010

    dogtertjie (!) seun (?) Punchline(?)

  9. Was hoenderkop van ‘n enkele Gauloises waarvoor ek gedare was en ek was nie ‘n roker. Was bad, bad. seker hoekom ek toe nooit begin rook het.

  10. Nou los jy die kruks van die storie uit! 🙂 Baie lekker herinneringe!

  11. Dis wat my ma ook gedink het en ja, dit het gewerk. Daai vakansie was so great, voel soos gister.
    Het alle kontak met mense wat ek op die toer ontmoet het, verloor.

  12. Dit is so Flentertjies.
    Ek het nou nog die dagboek wat ek daai tyd gehou het.

  13. Ons was nog kinders van 20 jr oud, Ouboet. Vandag se kinders word mos oud gebore.
    Let op die woordjie “dalk” in my opskrif. Sorry oor die mislukking van die skrywe – so sonder punchline – my moed het my begewe.

  14. Ek en die seun in my skrywe het ‘n weddenskap aangegaan, en ek het verloor, toe moes ek maar drink!

  15. Dit was daaityd se Studentebond toere, MK. Ek en ‘n vriendin het saamgegaan. Het haar nooit weer gesien nie…(motorongeluk en net so – weg!)

  16. Ja, ek weet, my moed het my verlaat.
    Sorry!

  17. More, Thomas.
    : )

  18. louisna het gesê op September 7, 2010

    Allermins ‘n mislukking! Ek het in my Honneursjaar uitgemis op ‘n soortgelyke toer, net korter.

  19. wesnwew het gesê op September 7, 2010

    nou het ek lekker gelag…. dis nou my soort storie!!!! en jy’t net op die regte plek ophou vertel… laat ons maar wonder en jy weet (of ten minste jy dink jy weet wat jy kan onthou!!! )

  20. Terleurgesteld in my Twakman?

  21. Dankie vir die ondersteuning, wesnwew.
    Net wat ek nodig het.

  22. fanjan het gesê op September 10, 2010

    Jy maak nou net almal nuuskierig

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.