Ek is al van Woensdag af topless….(nie vir Loslitdag nie) :D

September 3, 2010 in Sonder kategorie

Ons internet is ook nou uiteindelik topless.

 

 

of capless of watookal.

 

Dis ‘n datum om te onthou, want nooit gaan iemand weer vingers na my hoef te wys as ons caps voor die einde van die maand op is nie.  Nou kan ek ook attachments aflaai en julle video clips sien.  Aha!

 

Vandag:

Ek is so trots op my skool, my hoof, my kollegas.

Alles is goedgekeur en ons skool is alweer gerate as uitstekend.

Selfs die kinders het op hierdie Loslitdag nie uitgehaak  nie.

Hulle het meestal saamgespeel en met die wonderlikste uitrustings opgedaag.

Dissipline was uitstekend, alhoewel almal van opwinding wou uitbars – en almal wou die hoof met sy verjaarsdag nooi vir ‘n party….

Sorry dat ek my kamera by die huis vergeet het.

 

 

 

(ons skool het ook ‘n webwerf, so besoek gerus, moenie vra nie, maar Google na behoefte)

 

My wens aan julle

Geniet die naweek, en hou matigheid voor oë en moenie doen wat ek sou begeer nie en if you snooze you looze en if you cant be good, be VERY careful.  

OK?

 

 

 

 

30 antwoorde op Ek is al van Woensdag af topless….(nie vir Loslitdag nie) :D

  1. fanjan het gesê op September 3, 2010

    Gelukkig is die ouma nie regtig topless nie!

  2. Ek het sopas by jou gekuier en gesien, MK….gewag vir ‘n ietsie koel met ys in, maar jy was nie daar nie.

  3. Wat is ‘n grondslagfasehoof?
    Ek weet nie wat jy meen nie.
    Hoof van grondslagfase…of so iets.

    (Was jy op ons webwerf?)

  4. Ongelukkig….hehehe 😀

  5. Ha!
    Ek sien wat Tronkie bedoel.
    Jy doen vir seker/

  6. Dis erger! Dis bottomless. Hier by ons was iemand wat so wild te kere gegaan het dat bottomless vir hom ‘n aanmaning gestuur het oor “onwettige” goed. Maar ek dink hulle het gesien hy gaan hulle ruïneer.
    Geweet julle inspeksie sal so goed afloop – jy’s dan daar!!!

  7. lekker naweek vir jou Lou, treat jouself!

  8. Hahaha, Rosie!
    Jy is ‘n doring met jou kommentaaar.

    (Natuurlik)

  9. Kan nie glo dis soveel goedkoper nie…minder as R200 pm.

  10. Hoe?
    Hoe treat mens jouself sonder jou geselskap, Monica?
    Jy beter jou gat in rat kry en hientoe kom.
    Jy’t gebelowe.

  11. louisna het gesê op September 3, 2010

    Jou titel het my bekoor. Toe lees ek oor ander caps as wat ek vermoed het. Bokke wen 43 27

  12. Of “Be good and if you can’t be good, be good at it!”
    🙂

  13. Dankie, Ghaap.
    Dis darem net ‘n spul papiere wat in plek is, en niemand lees dit nie…tsk…

  14. Sorry vir die terleurstelling…hou ook maar duimvas vir ons bokkies, maar waag nie ‘n voorspelling nie.

  15. Nou kan ek ook daarna luister en dalk saampraat, MK.

  16. Dis ‘n goeie een, Thomas.
    😀

  17. louisna het gesê op September 4, 2010

    Watch daai score

  18. montess het gesê op September 4, 2010

    Bly jy is so trots op jou skool.Ek se maar liewer niks op die stadium van die geveg. Ons wag nou vir baie blogs. Geniet dit.

  19. Mooi as mens trots is op “joune”. En ek sal jou goeie raad in gedagte hou.

  20. Ek sal moet watch.
    en jou score onthou,

  21. Ek kom by jou inloer, montess.

  22. Ek is baie lief vir die skool, Dinkweer.
    Baie werksbevredigend.

  23. louisna het gesê op September 4, 2010

    Ja, treat jouself

  24. Trakie het gesê op September 5, 2010

    Hehehe

    Topless is werklik ‘n FEES! Ek sit juis nou hier na ‘n internet musiekstasie en luister terwyl ek blogs lees.

  25. Ek sal moet leer om dit te doen.

  26. Yebo Yes LouA!

    “… en moenie doen wat ek sou begeer nie …”

    :-))))

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.