Ek gaan vir ‘n slag bieg.

September 1, 2010 in Sonder kategorie

Ek kyk mos nie eintlik tv nie, maar die ding staan doer voor my oë en as ek opkyk van my leptoppie af, sien ek hom.

Sopas was daar ‘n program op MNET.

 

Ek skryf nooit oor musiek nie.

Dis nie te sê ek hou nie daarvan nie – ek mymer saam met sekere songs wat oor die radio speel.

 

Toe is my gunsteling van die tyd op die tv.

Ek bieg dat ek MAL is oor Freshly Ground.

Daai gippie het ‘n soort stem wat my hart raak.

Klink vir my my soos rou sy wat teenmekaar geskuur word.

Sy mag maar, en die uitdrukking in haar oë en haar effe skewe smile is ewe mooi.

 

 

Ek is moertoemoeg.

 

Ons kry Vrydag, op Loslitdag, die GROOT inspeksie.

Kan nie glo watter admin dit behels nie.

Het more ‘n aflos gehuur vir my klas.

Dis nie kinderspeletjies nie – glo my!

Wanneer Onderwys weer Kindgerig is, sal ek seker in my graf omdraai.

 

Koebaai en mooi loop en smell the roses

(as julle hulle nie te kort gesnoei het nie)

52 antwoorde op Ek gaan vir ‘n slag bieg.

  1. Ek is ook mal oor hulle musiek!
    lekker doeks.

  2. Ou-Top het gesê op September 1, 2010

    Vasbyt kinta, ons land het mense soos jy dringend nodig. Het jou daar op my blog ge-antwoord maar is bang jy sien dit nie:

    Plaas asseblief n paar lentefotos van jou wereld se blommeprag vir ons op jou blog. Ons het dit almal nodig in hierdie duistere tye wat ons beleef.

  3. Die ouma weet nie van die nuwerwetse muskiek af nie, maar sy weet wat sy weet.

  4. Al wat ons hier affekteer is die INSPEKTEURS, Ghaap.
    ; )

  5. Hulle laat dit vir hulle doen, lyk dit my.
    Of hulle worry nie, kry net hulle geld en shop…hulle kom mos niks oor nie.

  6. Daai stuk het ek gemis, Tronkie.
    Ek sug van verligting oor jy ook van haar hou.
    My hart voel warm en trots dat sy ‘n Capie is wat so nongalant sulke hoogtes bereik het.

  7. Ek gaan nou in die bed duik/kruip.
    Hang van die oorblywende energie af.
    xxx

  8. Ek het gesien Ou Top, en het jou daar geantwoord.
    Groetnis

  9. Sy lyk nie eintlik nie, maar jy sal weet wat ek bedoel as jy haar sien.

    Sy is net sweet.

  10. Naand LouA!
    Hoe gaan dit met die kleinste?

  11. TS het gesê op September 1, 2010

    Aftree is wonderlik Geen inspekteurs en mens mis later nie eers meer die kinders nie. Sterkte… Maandag skyn die son weer!

  12. Ag, DsP, hy is die oulikste, dierbaarste, dingetjie.
    My hart kan die liefde nie hou nie!!
    Hy waai vir my met ‘n skewe koppie as ek inloer vir ‘n speelsessie.

  13. Aftree lê nog 6 jaar ver.
    Ek weet nie hoe ek dit gaan hou nie.
    Dan is ek 65. Dan moet ek.
    Dit gaan nou net oor geld – in my wildste drome het ek nooit gedink dat ek ooit net vir geld sal werk nie…maar moet oorleef en voorsien.
    tsk….

  14. Dankie, Eavan.
    Sal maar sien of dit my doodmaak of nie.

    Laat my nou dink aan:
    as ‘n kind iets tuis vergeet en al tjankende skool toe kom is my trooswoorde

    Sal jy doodgaan daarvan?
    Moenie worry nie, Juf vergeet baie meer as wat jy ooit sal weet.
    : D

  15. sal vrydagmiddag begin mooi bly, Berwick.
    🙂

  16. Juffrou Lou, moenie so stress.
    Jy wil alles net te eksie perfeksie hê

  17. philvr het gesê op September 1, 2010

    Dankie vir jou inloer,
    jy bly n ster,
    Mooiloop,
    PvR

  18. louisna het gesê op September 1, 2010

    Sterkte met die inspeksie Lou. Moenie worry nie.Jy ken elke trick in die boek.

  19. Gee die inspekteur op sy moer!
    🙂

  20. aeht1 het gesê op September 2, 2010

    Ek was twintig jaar ;n onderwyseres in SA. Ek is so bly ek is nie meer nie. Ssterkte vir jou

  21. My hoof is erger oor eksie perfeksie.
    Ons werk as ‘n span saam – al ons onnies.
    Dis so lekker om verantwoordelikheid te versprei.

  22. Altyd lekker om jou hier raak te loop, PvR

  23. 😀
    ok, ek sal geniet.
    Dankie

  24. Die ou lyf is vol pyne, maar staan sal ek staan! : )
    Dankie,Flentertjies.

  25. Ja, ek sal my tricks moet uithaal en gooi, Ouboet.
    😀

  26. Ag jy ken Therina.
    Doobeedoobeedooobajay! (Of so iets)
    xxx

  27. Ek trek nou op 36 jaar, Tiela. As ek aftree sal dit 42 jaar wees, tensy Hartman die lotto wen of so…

  28. louisna het gesê op September 2, 2010

    Lou, as ek die inspekteur was sou ek bang wees om ‘n girl met jou verstand en ervaring se werk te gaan inspekteer.

  29. Adage het gesê op September 2, 2010

    Good luck met die groot inspeksie en hoop die kinders gedra hulle..want hulle kan tog hulle tye so goed kies.

  30. pasella het gesê op September 2, 2010

    Wees maar loslitterig oor die inspeksie!

  31. Ek hou van die musiek van Freshly Ground, maar in Belgie hoor ons dit nie baie nie.
    Gelukkig het ek ‘n CD

  32. Ons het hulle vandag gedril om soet te wees, net vir 3 ure, 9 – 12.
    Dis admin inspeksie, so die ou sal nie in ons klasse kom nie.

  33. Dit is ne?
    Ek dan is sy nog cute ook – personality wise.

  34. As hy weg is, gaan ek my bolla losmaak en vir Klawer rooi verf.
    Of dalk pass ek net uit.

  35. Naand, Dinkweer.
    🙂

  36. Doooobeeedooodabay (dink ek)
    Dis so oulik.

  37. jjanajj het gesê op September 2, 2010

    hallous! volgende keer wanneer jy kaap toe kom, kuier ek saam. x

  38. kindgerig? hey sister, was dit ooit?

  39. HAHAHA!
    Gee jy nou my selfvertroue ‘n hupstootjie.
    Dankie

  40. Ons maak so, Jana.
    Sien jou maar min hier – ek loer gou in.

  41. Stem my vir Minister, dan sal dit so wees, Twakman.
    : D

  42. aeht1 het gesê op September 3, 2010

    Sterkte vir vandag Lou

  43. louisna het gesê op September 3, 2010

    Sterkte en wees selfgeldend

  44. Ek hoop jy skop inspeksie-gat {-;

  45. freshly ground is baie cool! sterkte met die inspeksie

  46. Dankie Tila.
    Ek is so trots op ons skool!
    😀

  47. Ons het toe gatgeskop, Klarisabet!
    nou wil ek see toe ontvoer word.

  48. Dankie, dis oor en uit, nou kan ons ontspan.
    Lekker naweek vir jou.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.