Die dag toe ek klaar gestudeer het en die laaste van alle eksamens afgerammel het, het ek huistoe getjaarts om in te pak en om weer Kaap toe te tjaarts om betyds op die “Europe” boot na Europa te wees.
My ma het destyds gese, elke kind wat klaarmaak, kan gaan toer, ‘n kar kry, of trou.
Ek het die toer gekies.
My ouboet, natuurlik die kar.
My kleinsus het liewerste getrou. (shym)
My hartseerste oomblik was toe die boot uit die hawe trek, die blaasorkes geblaas het, en ons streamers na ons geliefdes gegooi het. My pa het my streamer aan die voet van sy kierie vasgedraai (hy het polio as kind gehad) en dit was die laaste streamer wat daai aand in Des 1973 gebreek het.
Ek het agter die boot se tralies gesak en soos ‘n baba getjank. … het geweet daar is geen omdraai meer nie.
Hierdie dogtertjie (!) was nie streetwise nie.
Baie braaf het ek en my kajuitmaats die verre vreemde aangedurf.
So by the way:
Die hele toer het R1000 gekos met R300 se ekskursies – twee weke op die boot. Vyf weke in Europa en die vliegkaatjie terug om net betyds te wees om twee dae laat te wees met my eerste pos in die onderwys.
En dan nog R300 sakgeld, waarvan ek sowat R100 teruggebring het.
Those were the days!
Anyway, so land ons in Rome op Oukersdag. Die bus neem ons na die hotel en nadat ons afgepak het, na die stad om te sien wat ons moes sien.
Ek en my pelle mis toe die bus terug na die hotel en moes terugstap – weet nie wat die rigting is nie, maar woed voort. Elkeen het ‘n ander baken kon identifiseer en het gesweer ons is op die regte pad.
(Ek was gekies as toer(prefek of iets) 2 meisies en 2 seuns uit die 52 jonges.)
Toe ons uiteindelik by die hotel kom, moes ons haas na die eetplek waar almal reeds op ons wag. Die een seun (?) by ons tafel se toe ek en hy moet ‘n halwe bottel wyn drink en die enigste manier hoe ons sou weet dat elkeen sy deel gedrink het, was dat een tot by die pad van die wynplaas-etiket op die label van die bottel moes drink, en die ander een die res.
Ek was eerste.
Ken daai tyd niks van wyn nie (nou kan julle my niks vertel nie)
Drink toe my deel en voel weird – baie weird.
Sal julle dit glo? Die einste aand in daai hotel is daar ‘n SA Kerk-toergroep oppad na Jerusalem.
Hulle hou toe ‘n Kers-aaddiens in een van die sale en nooi ons om deel te neem.
Ek het my naam gat gemaak daai aand – hier vertel ek nie ‘n woord verder nie…….ok?
Ok, nou maak ek weer my naampie gat.
Gelukkig maak dit nie meer saak nie.
Onlangse kommentare