Jy blaai in die argief vir 2010 Augustus.

Net ‘n ietsie oor dissipline

Augustus 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek staan verstom oor die ongeergdheid van die jeug.

 

Sê vandag vir die kinders:

 

Toe ek op skool was, was ek bewus van elke skoolreël.

Was te bang om een te oortree.

 

As ek een MOES oortree, dan het ek dit goed vooraf beplan.

Was ek bewus daarvan dat ek gaan oortree.

Was ek bereid om die gevolge te dra en my straf te vat indien ek uitgevang sou word.

 

Vandag se kinders is nie eers bewus daarvan dat hulle oortree nie.

Staar jou verbaas aan as hulle uitgetrap word.

 

Nog iets:

 

Vandag vryf ek oor ‘n blondekopseuntjie se kuifie en sê hy moet darem vir my kyk as ek iets aan hom verduidelik.

Net daar bars hy in trane uit en snik die hele periode en pouse deur.  Gooi kinders met klippe en vloek hulle.  Vertel ek vir ‘n kollega van die kind. Sy sê ek moet moeilikheid verwag, want daai ma is erg.  Die kind regeer die huishouding.  Sy woord is al wat daar tel. 

 

Toe weet ek die ma is bang vir haar kind.

 

Laat my dink aan iets wat ek al voorheen oor geblog het.

 

Onnies is bang vir die hoof.

Die hoof is bang vir die ouers.

Die ouers is bang vir hul kinders.

Die kinders is bang vir niks.

 

Geniet die Vry dag/aand.

Koebaai vir eers.

Die mooiste Kaap

Augustus 25, 2010 in Sonder kategorie

Uitstappie Kaap toe was ‘n belewenis.

Natuurlik reguit na Hartman se geliefde Tapdancer toe.

 

Hy glo onteenseglik aan die wonderwerk van sy “bodytalker”, wat hy sy tapdancer noem.

Dis vreemd, want Hartman is net ‘n ou wat gewoonlik glo in dit wat hy kan sien.

 

Anyway, sy pyn het hom na haar toe gedryf.

 

Vanoggend is ons na die spesialis toe wat moet se hoe die prosedure van die rugoperasie gaan werk en wanneer en so aan.  Die flippen humorlose, holtoegeknypte (waar kom dit nou vandaan? lol) spesialis het vir Hartman dubbelgevou en gerek en getrek en NIKS/GEEN fout gevind nie.

Ons is kommervry daar weg en ek se nou ek het daai tapdancer so fokken baie lief – julle sal nie glo wat alles deur my kop gegaan het voor die tyd nie.

Ek sien kanker

Ek sien rolstoel

Ek sien absolute armoede (hy’t mos sy eie lektriek besigheid)

 

En die weersiens van liefste Tronkie, die voorspoed van DroomKind, die ontmoeting met Rosie.

Die liefde en omgee en spontane mense in blogland slat my asem totaal en al weg – ek glo nie ek verdien dit nie.

 

Met die terugkoms: ons het bykans 4ure aan 300km gery…ek het sommer die foto deur die motor se ruit geneem toe ons 15 min moes wag by padwerke.

Die sneeu op die pieke en die grasgroen van die koringlande en die vars lug was amazing.

Ek moet mos altyd hier iets sê:

Die MONSTERS op die pad – die lorries oor Piekenierskloof, die bumper teen bumper gekruie tot vervelens toe.

Nagmerrie monsters wat mekaar sommer net so teen 20kpu voor my oe verbysteek.

Tuis:

Ok, ek het natuurlik dadelik vir liefste klein Ezra sy nuwe Loflaaitie CD geneem, en nog goetertjies vir die ma ens. meestal eetgoed van die ongelooflikste fruit and veg….verskoon tog, in hierdie wereld ken ons dit nie. ( Die boot is vol kaas kaas kaas kaas gelaai.)

Ok, nou gaan ek vir more voorberei en nog ‘n paar beleide op datum bring.

Die staking raak nou vervelig. 

Groetnis dan, en he ‘n lieflike nag.

O ja, as jy fisies iets makeer en daar is ‘n bodytalker naby jou, moenie huiwer nie – gaan!

Dis my geskenk aan julle, want ek weet wat ek weet.

Vanmiddag in die sonnetjie.

Augustus 23, 2010 in Sonder kategorie

‘n Oom by die keffie het vir Ezra een van daai marshmellow cones met die sprinkles op gegee.

 

Hy het die sprinkles geëet en die hond die res.

 

Dis soos hy deesdae lag – so met die kreukelneusie.

 

Update:

Ek en Hartman ry more middag Kaap toe.

Nee, ek staak nie, het al lankal my verlof ingesit.

Hy gaan alweer Panorama toe.

 

Ek gaan vir Roosdoring en Tronkie sien…kan nie wag nie!

(Dalkies nog vir DK ook.)

 

Sien julle weer Woensdag se kant.

 

Koebaai vir eers.

 

 

 

Oor gister en vandag

Augustus 21, 2010 in Sonder kategorie

gaan ek nie te veel sê nie.

 

Weet net dat my kop pyn

 oë is gepof

 

Die onnies wat deelgeneem het aan die werksessie was :

amazing en hardwerkend en stunning en ek weet nie of julle weet nie, maar elke woord wat ‘n onnie in die toekoms in die klas gaan sê, (net in die Wes-Kaap, natuurlik, en moenie, asbtognie onnies en rugbyspelers onder dieselle kam skeer nie) gaan aan hulle gegee word en in 2011 sal daar geen verskonings meer wees nie.

 

Hoop dat die werk wat voorlê en al die beplanning en getikkery elke kind sal help om met begrip te kan lees (in twee tale) en reken.

 

(Ek doen gr 3 engels.)

 

May the forces be with me.

Dankie, forces!

 

Veilig tuis na twee dae se heerlike, yskoue Moorreesburg.

Lekker skoolkoshuiskos geëet.

Die flippen stakings moet nou end kry.

Dis oorlog, sê net ek.

Anyway, mag julle ‘n heerlike aand, nag en more hê

 

O ja, ek wou nog bieg, maar sorry, my geheime is myne en dis so ononderhandelbaar

soos die staat se aanbod.

 

Nighty night.

 

 

 

Tortilla Flat – John Steinbeck (1935)

Augustus 15, 2010 in Sonder kategorie

Ek het gedog ek het al Steinbeck se boeke gelees, toe leen ‘n vriendin my dié een.

 

Ek giggel nou elke keer as ek ‘n stukkie lees.

 

Wat my verstom is die manier hoe hulle praat – woordeskat is puik.

 

Selfs die Sondagaand morbiede gevoel wyk.

 

Mag julle ‘n heerlike week beleef.

 

Vinnige update:

 

Ek gaan vlg naweek Kaap se kant toe om vir die Dept skedules te tik.

Gratis en verniet….kry darem petrolgeld en verblyf.

Hoop dit kanseleer die dag van staak uit.

Ek gaan NOOIT weer staak nie,

ok?

 

(Ezra kan hadida’s perfek namaak)

 

😀

 

 

 

 

Bad hair day

Augustus 13, 2010 in Sonder kategorie

Ek het vandag die lig gesien!

Ek weet nou wat “bad hair day” beteken.

 

(Julle weet dit seker al lankal, en soos gewoonlik is ek die laaste een wat iets uitvind en moer opgewonde raak daaroor.)

 

Dis soos die lig opgekom het:

 

Na skool vanmiddag haas ek my na Ezra se huis waar Lizzie hom oppas.

Sy is besig om hom in sy oranje t-hempietjie en bont gestreepte surferbroek aan te trek, want as haar ma van die werk af kom, gaan ons shopping doen.

 

Hy tjank vreeslik, maar toe hy my sien wriemel hy en lag.  Dan tjank die outjie weer.

Om hom aangetrek te kry is ‘n aardige besigheid.

 

Ek doen navraag oor hoe hy geëet en geslaap het.

 

Lizzy sê:

 

Mevrou Ouma, hy is ok.

Hy het net ‘n “bad hair day”

 

Ek frons en wonder

 

Sy sê:

 

Regtig, Mevrou Ouma, ek sukkel al heeldag om sy wenkbroue en haartjies plat te kry, maar niks werk nie….dis soos onse mense dit ken.  As my eie kinders se wenkbrou-hare in die oggend so kroeskrul, dan weet ek vandag gaan nie maklik wees nie.

 

Ek tel toe vir Ezra op en kyk sy gladde haartjies so.

Ek wragtag, op sy kroontjie staan ‘n los krul penorent.

 

 

my ma op vrouedag

Augustus 9, 2010 in Sonder kategorie

Dis ‘n skok om nog te verwerk.

 

My ma:

* kolonkanker – het in die laaste twee nog niks gegroei nie…dis ongehoord, maar waar.

* 87 jaar oud

* bestuur nog self haar eie motor

* is op 80 grootgedoop – so teen die NG se wette.

* Blokkiesraaisels is haar geliefde stokperdjie

* dus, helder van verstand

* loop stadig en versigtig

* besef dat dinge nie vir ewig so gaan gaan nie

* moes my naam op dinge sit wat ek wil he, want sy gaan teen volgende jaar huisopse

* ongelukkig het sy ook ‘n mantelvliesbreuk – ‘n enorme grote, alles wat sy eet en drink word oorweeg. Dan die gevolge: ek gaan nie begin om dit te noem nie, aanvaar asb dat dit ERG is. Niemand kan meer iets doen nie, gebruik geen medikasie nie, want niks help nie.

 

My lewe lank, amper 59 jaar, was sy die ystervrou.

Sy het ons met haar vibes op ons tone gehou.  Sonder veel woorde was sy die een vir wie ek bevrees was, met agting en respek.  Toe hoed-dra uit was vir kerk, was sy die eerste een wat kaalkop gegaan het.  Toe die Beatles se musiek ons betower het, was sy die een wat aangepor het dat my pa die groot platespeler koop.  Sy het ons laat begaan, min ingemeng, haar afkeuring met ‘n kyk in die oog gekommunikeer. Haar kop was altyd iewers in ‘n boek. Haar hande altyd iewers met kosmaak, koeke bak vir kerkbasaars, elke rok, broek, baadjie, selfs matriekafskeidrok het sy gemaak, sonder klagtes en sugte…ons troues ( 3 ) met groot sukses self van voedsel voorsien. 

Ma, ek weet jy weet nie wat ek hier skryf nie, maar dankie, DANKIE!

Mag die res van jou lewe jou knus behandel.

 

Terug by die nou:

Almal veilig terug by die huis.

Het ook bumper teen bumper die terugtog aangepak.

Ezra het so baie nuwe presente gekry, sy beste een is die ou telefoongids wat hy na hartelus kan opskeur.

En more is die groot staking….sug!

 

 

 

Uitdaging: MaanKind

Augustus 7, 2010 in Sonder kategorie

Monica van McGregor.

Sy is die volgende:

 

*  Die rustigste mens wat ek nog ooit ontmoet het.

*  Sy is super intelligent en lees wyd.

*  Kan oor enige onderwerp gesels

*  Kan kook, bak, brei, laslappies aanmekaarsit, bykans enige iets doen

*  Kreatief in woord en daad.

*  Sy is baie lief vir haar hondekinders.

 

Die eerste keer wat sy my aandag getrek het, was met die vloed so 2 jaar gelede.  Sy skryf toe hoe sy ‘n hondjie oor ‘n rivier moes dra.

  

MOB toe later die jaar met Melt, Lulutjie, Krotoa en Lo-Ammi by haar.

Toe ek die Saterdagoggend by haar hek stop, spring ek uit en skree: Is jy Monica?

Sy skree toe terug:  Ja!   (ons stemme eggo deur die valleie)

Monica, ek is dankbaar dat ek die geleentheid hier in Blogland gekry het om jou so te kon leer ken….dankie.

 

 

Tronkie vannie Kaap af

Sy is:

 

*   Weird!  (HA!)

*   Het die mooiste bos blonde krulhare

*   Dink min aan haarself – haar kinders is haar alles (en ook haar geliefde ?)

*   Ontbaatsugtig, kalm en fokken snaaks.

*   Het goue hande wat kan tapdans en heel.

*   Dra die stunnigste “out of this world” klere.

 

Die dag toe ek verwilderd in die Kaap was, opgestres oor hulle Hartman se ribbes gaan oopsaag, het sy en klein tronkie my by die hospitaal kom haal….ek meen, sy weet nie eers wie ek is nie, maar maak haar deure en hart oop.  Soos klein Tronkie gese het:  Die tannie met die pienk trui – daar staan sy! 

Dankie Tronkie, mag die toekoms met jou geliefdes jou vul met alles wat nodig is.

 

Ek kan nie glo hoe Litnet my hele lewe verander het nie.  Die mense hier is stunning.  Daar is niemand hier wat ek nie wil lees nie.

 

 

More oggend vroeg ry ek en Hartman Worcester toe.

Gaan by my ma kuier wat op 87 met kolonkanker suffer.

Miskien sluit Ezra en sy ouers Maandag by ons aan op hulle terugtog van die Kaap af.

Kan nie wag om hom weer in die oe te kyk nie.

 

(Geredigeerde weergawe weens angstige vrees  lol)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons gaan regtig staak

Augustus 6, 2010 in Sonder kategorie

Het nie ‘n keuse nie, nou staak ons maar saam, maar net vir Dinsdag.

 

Daar gaan ‘n paar moerige mammies wees, want wat maak hulle met die kinders as hulle werk toe gaan?

 

Anyway, dis buite ons beheer.

 

Dankie vir al die kommentare op my vorige post.

 

Ons personeel staan saam en gaan Dinsdag sommer alle agterstallige admin afhandel.

Dan kan ons sonder adminstres die kwartaal behoorlik aandag aan die kinders gee.

Pay of te not!

 

My hart is baie klein vanaand.

Liefste Ezra is Kaap toe en kom eers Maandag terug.

Hy sê daar’s baie mouters en hoe geboue en hy vergaap hom aan die mense en die winkels.

Hoop nie hy aard na sy ma nie!

 

Lekker aand, maatjies.

 

Om te staak of nie

Augustus 6, 2010 in Sonder kategorie

Ons unie vra ons mooi om hulle te ondersteun.

Het self nog nooit gestaak nie.

 

Om te staak is nie my manier van probleme uitsorteer nie.

 

 

Iewers kruip my gewete in my hart en kop rond en fluister dat ek alweer nie saam met die stroom gaan nie, dat ander die fight vir my fight.

 

Dit gaan nie oor die dagfooi wat hulle van my salaris gaan aftrek nie.

As daar, soos hulle sê, 1,3 miljoen is wat gaan staak, dan maak iemand BAIE geld vir die een dag…as dit nie in ‘n dag opgelos kan word nie, gaan die staking voort.

 

Ek dink so by myselwers, dié in beheer sal moedswilliglik die saak uitrek tot hulle genoeg het om ons verhoging te bevestig.

 

Dan dink ek weer:

Ek kry genoeg, het al ‘n huis en ‘n kar en al die nodige meubels ens,

maar die jong onnies kan nie ‘n huis kan koop nie, veral as dit ‘n man is wat ‘n gesin het. 

Pryse styg daagliks.

Die jong mense in die privaatsektor kry reeds meer as ek wat al 36 jaar getrou my werk doen.

 

Moet vandag (netnou) sê, so watookal julle aanbeveel, dit sal te laat wees!

 

Tsk……

 

Ok, nog net lippe aansit en dan daai ding gaan doen.