Moord en die NIE pleeg daarvan nie.
Julie 31, 2010 in Sonder kategorie
Ek skryf hopeloos te min oor die verhouding tussen leerdersleerlinge (ja, hulle is nou weer leerlinge soos van toeka se dae) en opvoedersonderwysers. Dis ‘n groot taak om verhoudings op te bou, veral omdat die kinders elkeen anders is en elkeen anders hanteer moet word, en onthou dat elkeen anders deur hulle ouers opgevoed word.
Die jare wat ek in Keetmanshoop skoolgehou het, het ek geleer om my hande agter my rug baie styf vas te hou. Die behoefte was om hulle los te ruk en snedige, onopgevoede hoërskoolseuns dwars van die bank af te bliksem. Dis net genade dat ek dit nooit gedoen het nie, anders was ek sekerlik nou agter tralies.
Een voorbeeld: Dit was in my eerste jaar daar, die eerste keer dat ek voor die Gr 9 klas staan. Ons moet sing. Een seun sit en kou. Ek vra wat kou jy? Hy maak sy mond wyd oop en se hy kou net sy tong. Die klas skater van die lag. Ek sê gaan kou buite en kou klaar en maak seker jy sluk elke stukkie in. Preek tree in, sangles vergete….ek sê ek gee nie om wie hulle ouers is nie, wat hulle vir my wys is duidelik tekens van uiters swak opvoeding tuis. Nooi hulle hartlik en sarkasties uit om die boodskap tuis oor te dra. Toe ek die gemeenskap beter leer ken, kom ek agter die kind se pa het al die mag in die dorp.
Gister kom een seuntjie in my klas agter dat hy kan fluit. Sommer kliphard. Dit terwyl ek alle aandag nodig het. Daarna sit almal en probeer fluit, elke keer as ek in ‘n ander rigting kyk, fluit een op ‘n ander plek. My nerwe raak dun, my moed sak, die woede bou op….
Ok, ek dink ek gaan net hier ophou……
Agter tralies klink nie so sleg nie.
Dink Robin Eiland.
Veilig agter tralies.
Diefwering, so niemand kan inbreek nie.
Lieflike uitsig.
Seekos na hartelus.
Meestal koel weer.
en en en…
Ok koebaai vir eers.
Ek en Harman gaan die hondeding doen. Bad, skeer, ontvlooi ens.
Sug…
Onlangse kommentare