Voel ongedurig

Junie 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek weet nie wat dit beteken nie, maar ek voel ongedurig.

 

Is seker die weer – alweer!

 

Die Oostewind woed warm hier, en tjank om die hoeke van die huis.

 

Die volmaan verlig alles.

 

Die palmtakke skraap op die dak.

 

Dis soos om ‘n scary movie te kyk.

 

Ek het nie lus om te praat nie.

 

Nie eers die lawwe Jim Carey op mnetstars kan my maak Smile nie.

 

Ek wonder wat my hinder

Daar’s onrus in my hart

 

 

 

 

 

 

 

 

30 antwoorde op Voel ongedurig

  1. DallaSePa het gesê op Junie 26, 2010

    Soms voel ons almal so LouA … dink aan jou.

  2. jr_hewing het gesê op Junie 26, 2010

    ek dink dis die wind lou xxx

  3. daai was my favourite liedjie toe ek jonk en verlief was op die verkeerde vent.
    ……maar oor my liefde bewe
    die winter van die dood

  4. Driedoring het gesê op Junie 26, 2010

    Hoop jy voel gou weer beter!

  5. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Ek likeit vaaakollie!

  6. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    moet wees….sal maar in die bad gaan le en wonder…

  7. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Dit moet ‘n lucky miss gewees het, roosdoring… is dankbaar ek hoef nooit weer in my lewe oor die wonder van liefde te wonder nie.

  8. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Nou het jy my in trane, MK.
    Dit was anyway stunning, al help dit nie.

  9. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Jy ook Ghaap.
    : )

  10. loudavisi het gesê op Junie 27, 2010

    Dankie vir die mooi woorde, Therina.
    xxx

  11. Voel jy beter vanoggend?

  12. loudavisi het gesê op Junie 27, 2010

    In die daglig lig alles.
    Die wind woed steeds.
    Lekker Sondag vir jou.

  13. susan5 het gesê op Junie 27, 2010

    Ag jong dis net omdat jou vriendin weg is en nou is dit maar stilerig daar. Ek voel ook so as spesiale kuier mense weg is. Daarom was ek dan eers al die skottelgoed wat opgehoop het met die kuiery want ek sal liewers kuier as skottelgoed was.

  14. DroomKind het gesê op Junie 27, 2010

    Ek hoop die res van die week is minder ongedurig en baie rustig!

  15. Lou dit sal weer weg gaan….xxx

  16. skermunkel het gesê op Junie 28, 2010

    Lou,
    Ons het almal van die dae dat ons so voel.
    Die onrus sal gou wyk hoor.
    Tata

  17. hoop die wind waai sommer gou daai onrus weg…

  18. ezile het gesê op Junie 28, 2010

    Dis die wind wat die gedagtes bring. Die wind sal weer gaan lê ook. Sterkte!

  19. wesnwew het gesê op Junie 28, 2010

    die maan!!!
    hoop dit gaan al beter in jou gemoed!

  20. net myself het gesê op Junie 29, 2010

    hi lou, hoop jy voel al beter! groete.

  21. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2010

    Hoop die onrus is al weggewaai!!!!!

  22. STC het gesê op Junie 29, 2010

    ..en daai blerrie holkol op die maag, jy try dit verdrink, kos gee…maar de damn ding vat sy eie tyd om te verdwyn….sterkte Lou….

  23. Janklaas het gesê op Julie 2, 2010

    Mm, ek ken daai tye. Dan draai presies daai selfde liedjie deur my kop.

  24. DallaSePa het gesê op Julie 3, 2010

    Jy al beter Louise?!

  25. Mmm, ek ken daai gevoel. Jy kon “ongedurig” nie beter beskryf het nie. Daarvoor gee ek jou 5 sterre! En ek hoop jy voel al beter, Lou!

  26. TS het gesê op Julie 3, 2010

    Baie bekende gevoel

  27. pasella het gesê op Julie 3, 2010

    En nou hoe gaan dit op hierie Saterdag?

  28. lisabeth het gesê op Julie 5, 2010

    Ai! Jy al beter?

  29. loudavisi het gesê op Julie 5, 2010

    Ja, dit was seker net die wind,
    Ek is ‘n sensitiewe siel…lol

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.