My laaaaang vakansie sover….

Junie 25, 2010 in Sonder kategorie

Ons gaste, Hartman se jongste broer en sy vroutjie, my geliefde vriendin, het vir 8 dae by ons gekuier…dit was soos vakansie!

 

Het elke dag iewers heen gekoers.

 

Die foto bo is op Lambertsbaai, Sondag.  Ons het vir middagete op die kaai by die bekende Isabella’s geëet toe die bote inkom.  Dis snoek, R30.  Koop toe een en braai dit Maandagaand.

Klein Ezra suig rustig aan ‘n spaar ribbetjie – sy ma en sy ouma eet nie sommer seekos nie.

 

Lutzville toe vir ‘n dag, by Willa se Winkel gestaar na al die fitterjasietjies, gelunch by die wynkelder…..Clanwilliam toe met die grondpad die volgende dag, daar gelunch – sal die skaal moet besoek, maar ek is te bang.

 

Ons gaste is gisteroggend terug Rustenburg se kant toe.  Hartseer afskeid, ek sê jul.

 

Gelukkig is Ezra hier vir alle aandag. So ‘n prettige, vrolike seuntjie.

 

41 antwoorde op My laaaaang vakansie sover….

  1. Berwick het gesê op Junie 25, 2010

    Groete, Lou.

  2. loudavisi het gesê op Junie 25, 2010

    Groetnis vir jou ook, Berwick.
    ; )

  3. loudavisi het gesê op Junie 25, 2010

    Sal hulle eers weer oor twee jaar sien, ai!

  4. pasella het gesê op Junie 25, 2010

    Kordate klein karnivoor!

  5. loudavisi het gesê op Junie 25, 2010

    hiehie!
    Hy aard na sy pa en sy oupa.

  6. Driedoring het gesê op Junie 25, 2010

    Weskus is darem ‘n lekker kuierplek

  7. Oeeee!! dit klink en lyk lekker. jammer mens moet dan groet

  8. Is klein Ezra nie die liefste ding nie!

  9. amtaylor het gesê op Junie 25, 2010

    Oooo! Hoe lus maak jy my nou vir vars vis. More gaan ek bietjie kyk wat die Strand se jetty oplewer.

  10. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Dis alweer so warm hier, Annemari.

  11. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Niks lekkerder as om met vriende lekker te eet en te kuier nie.

  12. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Kan nie glo die dae het so gou verbygegaan nie.

  13. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Monica, die outjie het al 4 tande, nou kou hy aan alles.

  14. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Hoop nie die wind waai nie…ons het die afgelope tyd die lieflikste weer.

  15. Mannetjie so nà my hart! Het jy hom al sosaties leer eet?

  16. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Genade, Thomas, NEE!!
    hiehie!

  17. fanjan het gesê op Junie 26, 2010

    Ek mis dit om saam met die manne te gaan snoek vang. In my Stellenbosch-dae het ons die ritueel gevolg en Houtbaai toe gegaan en op die skuite saam gegaan en snoeke gaan lok, mis die Kaapse waters

  18. DroomKind het gesê op Junie 26, 2010

    Jy moet VREESLIK lekker vakansie hou! ((DK))

  19. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Die yskoue Kaapse see ruik ook anders.
    Jy kan gerus ‘n slag diekant kom vakansie hou.

  20. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Pakke en pakke vol biltong, SE!
    Ezra kou nou nog aan sy eerste stuk – is al nat en slymerig, lol

  21. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Jy ook DK, ek pak alweer vir my week op Worcester.

  22. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Ai, Flenters, daai mannetjie kruip te diep in mens se hart!

  23. skermunkel het gesê op Junie 26, 2010

    Ek is bly julle het die vakansie geniet.
    Hier is dit eindelik somer weer.
    Dis nou pragtig om langs die see te kuier.
    Baie toeriste op die strand … hulle sien so root as ‘n kreeft … hulle sal nie baie slaap nie.

  24. Trakie het gesê op Junie 26, 2010

    Lambertsbaai: lieflike dorpie daai!

  25. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    “Tan” jy ook?
    hiehie, ek bly maar weg van die son!
    Dis heerlike winter hier.

  26. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Ek onthou dat julle laasjaar daar was, Kelkiewyn.

  27. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Julle is altyd welkom, Therina.
    xxx

  28. Is so mooi daar waar jy bly. Ek ken van Willa se Winekel. Was al daar gewees. Lekker plekkie, daai Lutzville.

  29. Ag hy is te pragtig!

  30. ezile het gesê op Junie 28, 2010

    Ek het laaaanklaas geskryf, maar het gereeld gou kom loer hoe mooi klein Ezra groei. Geniet elke oomblik van sy klein lewetjie. Hy is ‘n absolute vreugde vir ons ook.

  31. loudavisi het gesê op Julie 1, 2010

    Mens kan ure en ure in willa se winkel dwaal en net kyk en kyk!

  32. loudavisi het gesê op Julie 1, 2010

    Snaakse kaartmannetjie daai – so vol humor..lol

  33. loudavisi het gesê op Julie 1, 2010

    Ezile, dis heerlik om jou weer hier te sien!
    Wonder hoe dit met jou gaan…

  34. abrham het gesê op Julie 1, 2010

    bliksem, hoe pienk gevlek is daai snoek

  35. abrham het gesê op Julie 1, 2010

    ezra is n cutie-pie

  36. loudavisi het gesê op Julie 2, 2010

    Die een wat ons daar gekoop het was pap…mens weet ook nooit.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.