Om te kan vergewe

Junie 16, 2010 in Sonder kategorie

‘n Paar jaar gelede was daar ‘n baie laatlamseuntjie in my klas.

Die stomme kind was witter as ‘n laken, het seker nooit buite gespeel nie, die ma het heeltyd om hom gekloek.

 

Sy het elke dag na skool haar kind by die klaskamerdeur kom haal.  Het elke dag sy lof besing, sy huiswerk en vordering met my bespreek. Ek gee nie om nie, ek hou van ouers wat saamwerk, maar soms het ons vergaderings en ander buitemuurse aktiwiteite en sy kan mens lekker ophou.

 

Een Maandag stap ek en sy in die lang gang en gesels.

Ek se sorry, maar kan nie vandag gesels nie, ek is haastig.  Het ‘n dr afspraak want ek het “omvalsiekte”  (Vertigo) Gedurig DRONK in my kop…ens.

Later die week bel ‘n ander ma en se die ma’s beskinder my en se ek kom dronk skool toe.

 

Eers het ek en my hoof en kollegas lekker gelag en heen-en-weer gespot oor die belaglikheid.

Die vlg dag waai ek en ds vir mekaar, en skielik wonder ek of hy ook die storie gehoor het, en toe begin kyk ek anders na die storie. Oral waar ek gaan begin wonder ek oor wat die mense dink.

 

My hoof besluit toe om in te gryp.  Bel ‘n paar van die ma’s en hou vergadering met hulle…alle vingers wys toe na die vrou.  Almal bieg en se sorrysorrykisskisshughug.

 

My toekoms in die onderwys was duister. As dit by die kringbestuurder sou uitkom, sou ek in die moeilikheid wees – ek, die een wat altyd die reguit pad wil stap, wat alles vir haar seuntjie sou doen! Ek het nagte nie geslaap nie, het haar nie gegroet nie, het nie haar verskoning aanvaar nie. Wat sy gedoen het, het my laat voel almal “frown upon” my. Het al gewonder of ons moet oppak en wegtrek.  Onthou, die kind sit toe nog elke dag in my klas.

 

Een oggend baie vroeg het ek op my kniee neergeval en vir die Here gevra om my te help om haar te vergewe.

 

Die einde van die kwartaal kom sy by my klas om te se hulle trek weg, sy kom haal haar kind se goed….ek het haar so gekyk, jammer gekry, en skielik was die wrok weg!

 

Vergifnis bring verligting.

Sommer net ‘n storietjie uit my lewe wat ek onthou het toe ek Lisa se skrywe gelees het.

 

As jy nie kan vergewe, vra net, die Here sal sorg, want Hy wil he dat jy moet!

 

 

 

49 antwoorde op Om te kan vergewe

  1. Vergifnis is die grootste geskenk wat mens jouself kan gee.

  2. Vergifnis is die grootste geskenk wat mens jouself kan gee.

  3. Vergewe en vergeet. Dit is nie altyd so maklik nie. Maar as jy besef dat Hy jou soveel meer vergewe het en vergeet het, en steeds nog doen, dan word dit makliker.

  4. pasella het gesê op Junie 16, 2010

    So ‘n wrok kan mens fisiek siek maak, ek probeer dit sou gou moontlik verwerk. In my lewe is daar een ou wat my vieslik te na gekom het, en dis blerrie moeilik om hom te vergewe. Dus dra ek maar daai wrok en verwerk die insidente deur die p**p*l te ignoreer.
    (Jis, ek kon nog nooit op jou werf swets nie!)

  5. Ek sal maar bietjie sukkel om te vergewe. Daardie vrou kon jou hele toekoms geruïneer het met haar giftige “scandal monging.”
    Jy’s ‘n beter mens as ek, Loua.

  6. plankloper het gesê op Junie 16, 2010

    My pa was ‘n predikant, en hy’t altyd volgehou dat baie mense wat kronies siek is, met ‘n ding in hulle lewens sit waarmee hulle nie kan vrede maak nie. “Vergifnis bring heling”, het hy altyd gese..

  7. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Die gee is maklik, dis die self wat moet ontvang wat so moeilik is.
    Dink net aan ouers wie se kinders verkrag en vermoor is, hoe gaan hulle ooit oor dit kom en hoe gaan hulle ooit kan vergewe!

  8. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Murphy, ek lei af van wat ek al by jou gelees het, dat jy worstel met vergifnis. Ek neem jou nie kwalik nie…wat jy deurgaan is nie maklik nie…die vergifnis deel is net so moeilik soos die vertroue wat weer opgebou moet word. Gelukkig is jy ‘n vrou. Mans vergeet nie, en gebruik maklik die ou koei om weer en weer ‘n argument te probeer wen, al stry mens ook oor heel iets anders.

    Jou verlossing le in jou kniee…dis net sover van die grond af – maklik! Bid en jy sal sien – op ‘n dag is alles helder en jy voel great en dan besef jy dat die wrok weg is.

    Doen dit net!

  9. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Om te vergewe is ‘n gawe van die Heilige Gees, Kobus, soos jy reeds weet.
    Sommige mense kan net nie die voordeel van vergifnis insien nie.

    Hoe gaan dit met die ribbes?

  10. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Lewies, you can walk arm in arm, you don’t have to see eye to eye.

    Skielik onthou ek ‘n ander geval van skok. My naels het almal met ‘n diep dwars keep uitgegroei…dis sommer net om te beaam hoe skok mens fisies afknou.
    Skok, verwerk, vergewe, maar ongelukkig nooit vergeet nie.

    Pst…jy kan maar poepol hier by my se, ek gee regtig nie om nie! lol

  11. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Gelukkig weet ek dat my gewete nou kan rus, Thomas. Ek sal nooit weer met haar gesels nie, net groet, smile en voortgaan met die lewe.

    Ek is steeds huiwerig om die storie vir familie en so te vertel, wonder of hulle sal dink as daar ‘n rokie is……lol

  12. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Dis waar!
    Jou pa is reg. Ek het nog ‘n storie daaroor ook, maar sal dit los vir ‘n ander dag.

  13. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Ja, die arme kind…het maar moeilik gesnap…sy volgende juffrou het my gebel en navraag gedoen. Ek het haar teen die ma gewaarsku.

  14. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Hehehe, dit is nie maklik nie, dis net genade as dit gebeur, Ghaap!

  15. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Dit klink so maklik, MK.
    Mens kan maklik se “ek vergewe jou” maar dan nie ‘n woord daarvan glo nie.

  16. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Die man moet opstaan en se ek is ‘n man, nie ‘n muis nie!

    Ai, en dis so moeilik as hy eers gewoond is aan die gepamperlang

  17. Dis baie waar , maar tog ook baie swaar om iemand te vergewe .

  18. Ek het ‘n vriendin(?) wat my al meer as eenmaal kwaai afgejak het. Telkens het ek vergewe veral eintlik meer omdat ons mans goed bevriend is.
    En wragtag weer so maand terug kry ek sommerso weer ‘n dwarsklap. wanneer hou jy op vergewe?

  19. wynvdm het gesê op Junie 16, 2010

    Ek dink jy is een van daai mense wat jou lewe verryk as jy hulle ken!

  20. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Vergifnis kom nie maklk nie, Christell.
    ek glo nie dis maklik om weer te vertrou nie.

  21. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Nee, roosdoring.
    Jy hoef nie boesempelle te wees nie. Kies jou vriende met oorleg!.

    Dis heeltemal reg om haar uit te sny, solank jy vrede met jouself het daaroor.

  22. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    dit hang natuurlik van die daad af, oor hoe maklik vergifnis kan kom…

  23. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    mooiste woorde wat my oe nog gelees het.Hoop nie ek stel ooit terleur nie.
    Dankie!

  24. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Nee, ek het nie, en die woorde maak soveel sin, dankie

  25. skermunkel het gesê op Junie 16, 2010

    Vergewe is moeilik, maar vergeten is nog baie moeiliker

  26. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Ek stem saam Fernand.

    Mens vergeet net as jy Alzheimers het.

  27. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Dis opreg bedoel, Samuhr!
    Jy het soveer talente.

  28. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Soos ‘n pa wat na sy kinders kyk as hulle mooi saamspeel en die plesier wat dit hom (Hom) verskaf.

  29. Driedoring het gesê op Junie 16, 2010

    Ek sukkel bietjie met die een,maar ek bid dat Hy my ook eendag sal help om te vergewe

  30. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Op ‘n dag gaan jy besef dat alles oor is en dat dit ok is – net tyd sal help.

    xxx

  31. kerneelsie het gesê op Junie 17, 2010

    Ons moet net soms die eerste stap neem.

  32. Hierdie pos van jou het my baie laat dink oor die kwessie van vergifnis.Daar is self mense wat my skade gedoen het in die verlede maar dit is dalk nou net tyd om te vergewe en vrede te maak daarmee…Mens wil tog nie met gevoelens van wrok in jou hart sit nie,die lewe is veels te kort daarvoor.Dankie vir die inspirasie…

  33. shlwanjan het gesê op Junie 17, 2010

    Probleem ouer. Ai. Daardie arme ou bloedjie het nie ‘n kat se kans nie…

    Ek is bly Lou het met ‘n regop kop uit die ding uit gestap!

  34. zephur het gesê op Junie 18, 2010

    Nou is jou hart ook ligter met die wroeg wat af is…

  35. loudavisi het gesê op Junie 18, 2010

    Ja, one step in the right direction..

  36. loudavisi het gesê op Junie 18, 2010

    Plesier, salparadise.
    Doen dit net…

  37. loudavisi het gesê op Junie 18, 2010

    Ek wonder soms hoe dit met die kind gaan, shlwanjan…met so ‘n ma weet mens nie.

  38. loudavisi het gesê op Junie 18, 2010

    Plesier, Afro!

  39. loudavisi het gesê op Junie 18, 2010

    Baie ligter..
    (in gewig en kleur)

  40. Baie mooi skrywe Lou….

  41. loudavisi het gesê op Junie 19, 2010

    Dankie, Monica.
    xx

  42. loudavisi het gesê op Junie 19, 2010

    welkom Tronkie.
    Het jy toe reggekom met die gediggie vir klein Tronks?

    As julle kom, sal ek haar afrig. 😀

  43. hacjones het gesê op Junie 19, 2010

    Lou, skitterend vertel! Ek dink daai woord: “sorrysorrykisskisshughug” vertel ‘n hele storie!

  44. jannel1 het gesê op Junie 25, 2010

    Die stories oor jou het hier in die Vrystaat ook uitgekom. Ek sal vir almal sê Ouma Lou is nie werklik so rof nie!

    Trek net jou been. Net kom groet voor ek weer in my grot inkruip. Mooi Bly!

  45. loudavisi het gesê op Junie 25, 2010

    Ja, HJ!
    So vals…hehehe

  46. loudavisi het gesê op Junie 25, 2010

    HAHAHAHA!!
    Dankie..

  47. fanjan het gesê op Junie 26, 2010

    Tannie Lou skryf sommer diep stories soos hierdie. Goeie mens jy! Dankie vir inloer by my.

  48. loudavisi het gesê op Junie 26, 2010

    Dankie, Fanie.
    Dis altyd lekker om by jou te kuier.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.