Ceres sneeu – dis die dat ons so koud kry hier

Junie 15, 2010 in Sonder kategorie

Die wind sny ysig.

Dit waai oor die berge van Ceres af hiernatoe.

 

Dis vir my verskriklik, vreeslik lekker!

 

Al sien ons nie sneeu nie, voel ons dit.

 

“O, koud is die windjie en skraal”

 

 

25 antwoorde op Ceres sneeu – dis die dat ons so koud kry hier

  1. louisna het gesê op Junie 15, 2010

    Hallo Lou. Kom kry ‘n warm koppie sop op die stoep

  2. Moenie dat die wind van daar af waai nie. Dan sny dit soos lemmetjies deur jou. En hierdie af-ribbes van my soek dit nie. Maar die sneeu is mooi. En dit sorg vir ondergrondse water.

  3. philvr het gesê op Junie 15, 2010

    Ja dit lyk mooi,
    maar dis vrek koud hier op Sasolburg.
    Mooi loop,
    PvR

  4. jr_hewing het gesê op Junie 15, 2010

    dis verskriklik!

  5. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Skimp jy op die gloede van die oorgangsjare, Faansie?
    lol!!

    Speel maar, hoor. Ons somers is mos onuithoubaar en ek is alweer bang vir die komende een….sug!

  6. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Ek is oppad, kry net gou my baadjie, dankie!

  7. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Hello stil persoon.
    😀

  8. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Ek hoor die gif wat die boere so op hulle plase spuit syfer af en die ondergrondse water word so besoedel
    Sterkte met die ribbetjies, Kobus.

  9. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Ek stuur vir jou ‘n emmertjie sneeu, Spokie.

  10. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Jy blog te min PvR.
    Lekker om jou weer hier te sien.

  11. Winternag het by my ook opgekom.
    Ek wil die sneeu eerder sien as voel.

  12. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Bly om te hoor oor die winterkind.
    Meeste mense hier hou van die somer en ek kan dit nie glo nie!

  13. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Verskriklik wat?

    lol

  14. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Ek is mal daaroor.
    Net jammer oor die wasgoed en die modderspore in die huis.

  15. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Ja!
    En as die sneeu smelt kom al daai water hierheen, dan is die rivier weer vol.

  16. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Dink ek ook, roosdoring!

  17. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Jy’s geheimsinnig oor die Noord-Kaap plek…Klawer is baie naby die noordelikste grens van die Noord-Kaap.

  18. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Ek het so gedog, Faansie!

  19. Driedoring het gesê op Junie 15, 2010

    Dis nou minus 4 hier in Carnavon-distrik.Vanaand was dit kaggel en soetwyn aand!

  20. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Dis KOUD daar!
    Dis darem beter as die hitte, en van korte duur.
    Geniet!

  21. tania.roux het gesê op Junie 16, 2010

    Ons kry net so lekker koud hier in die Kaap!

  22. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Darem beter vanaand!
    Seker die sokker wat ons so opwerk..lol

  23. diefotoman het gesê op Junie 24, 2010

    Ek hou van die foto, jammer ons het nie daar by jou verby gekom vir koffie nie, ons is oor die Botterkloof pas tussen Nieuhoutville en Calvinia en het weer by Clanwilliam op die grootpad geklim.

  24. loudavisi het gesê op Junie 25, 2010

    Is ok, Spook.
    Ons het hoeka Woensdag met die grondpad Clanwilliam toe gery – heerlike ervaring.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.