Ek was vanoggend hier

Junie 12, 2010 in Sonder kategorie

Vriendin en kollega is vandag 50.

 

Net sowat 50 dames by ‘n lapa doer in die veld.

Heerlik by die warm kaggel op ‘n ysige, sonnige dag.

Tydens die toesprake het ons gelag tot ons gehuil het.

 

Ou vrouens is crazzzzzzzy, ek se julle!

As jy eers 50 is, verloor mens pretensies en voorgee en lewe voluit asof dit jou laaste dag is.

 

Jy lag en as dankbaarheid inskop, dan tjank jy oor jy so gelukkig is dat jy kan lag.

 

Uitsig van die lapa op Gifberg.

Ons huis is  onder die berg, sien julle dit?   lol!!

 

He ‘n lieflike aand.

Dis ‘n opdrag!

42 antwoorde op Ek was vanoggend hier

  1. FOXY1975 het gesê op Junie 12, 2010

    Sjoe dis pragtig daar by jou Lou… ek wil sommer kom kuier… my siel kan doen met die stilte en die vlaktes en die veld!
    Mooi aand vir jou ook!
    x

  2. Yes ma’am! *Salueer* Sal jou opdrag uitvoer!
    🙂

  3. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Kom kuier gerus!
    Net nie in die somer nie, dan sal jy smelt en my kwalik neem. lol

  4. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Doen dit net goed, Thomas.
    Ek check jou uit!
    😀

  5. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Gehoorsame oumas is baie oulik!
    hehehe…
    Plesier.

  6. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Opdrag besig om uit te voer.
    Daar is niks so lekker soos alleen met Hartman op ‘n Saterdagaand nie!

  7. Wil nog bittergraag julle wêreld kom beloer. Sal uitkyk vir jou huis onner by die berg.
    My 50e verjaarsdag was ‘n wonderlike ervaring danksy ‘n wonderlike vriendin met wonderlike organisasie vermoë. (Thx M)

  8. Waar in die wereld is Gifberg?

  9. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Jy is welkom hier….oppas net vir die somer!
    Ek kan nie eers my 50ste onthou nie, dit was so lank gelede…oor twee jr is dit 60.
    Shit!

  10. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    As jy van die Kaap af noord ry na Namibie toe, so 300km, dan ry jy verby Gifberg. Dis op die N7.

    So tussen Clanwilliam en Vanrhynsdorp.

  11. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    As mens gesond is, is alles honkydori.
    Nevvermaaind die ouderdom.

    Hoekom is jy half 9 op jou verjaarsdag in Blogland, Ghaap?
    Moet ek worry?

  12. Sjoe!Dit klink omtrent off the beaten track!

  13. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    ek gee om, dankie dat ek nie hoef te worry nie!

  14. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Jy kan gerus ‘n slag kom blomme kyk – middel Aug tot einde Aug – dan is dit verby en alles weer terug tot sand en stof – amazing!

  15. Weet jy…ek sou bitter graag wou maar dit is net so ietwat ver van my af,hopelik eendag!Ek sien uit daarna om al die wonderlike foto’s hier te sien!

  16. Dit is hartswêreld.

  17. loudavisi het gesê op Junie 13, 2010

    Ja, Kobus.
    Jy sal weet!
    Groetnis

  18. loudavisi het gesê op Junie 13, 2010

    Ja, en toevallig was dit windstil ook!
    Vandag reen dit aanhoudend.

  19. Dit kon net lekker gewees het! Mens mors so baie tyd tot 50 nê…..

  20. FOXY1975 het gesê op Junie 13, 2010

    Hi Lou… pasop ek kom kuier sommer gou! LOL… ek ken van die hitte jong… was vir jare op Redelinhuys & Aurora op skool maar dink tog by julle raak dit nog ‘n fraksie warmer! Seker die dat ek soms so baie verlang na die stilte 🙂
    Mooi dag vir jou!

  21. shlwanjan het gesê op Junie 13, 2010

    Ek sal dan maar vandag al begin speel ek is 50…

    Dit klink heerlik.

  22. loudavisi het gesê op Junie 13, 2010

    Jy is regtig welkom, Foxy.
    Aurora is bietjie ver suid van hier af, maar op die regte pad.
    Laat weet net wanneer!

  23. loudavisi het gesê op Junie 13, 2010

    Dis nou waar!
    Voor 50 is ander dinge belangrik.
    Dankie vir die kosbare mail.
    xx

  24. loudavisi het gesê op Junie 13, 2010

    Ek is al die afgelope 9 jr 50.
    Been there, done it, got the T-shirt!

  25. louisna het gesê op Junie 14, 2010

    Julle 50-jarige meisies lyk vir my vol sports.

  26. jr_hewing het gesê op Junie 14, 2010

    ek sien jou huis ja. julle het die stoof aan vergeet.

  27. zephur het gesê op Junie 14, 2010

    50 is mos ‘n mylpaal.

    Ja ek sien die huis….doeeeeeerrrr ver

    Lekker week Lou

  28. loudavisi het gesê op Junie 14, 2010

    As daar nie mans by is nie, ja!
    lol

  29. loudavisi het gesê op Junie 14, 2010

    Die een met die groen dak?
    Yip, jy’s reg..

  30. loudavisi het gesê op Junie 14, 2010

    en die kos!!!
    Heerlik.

  31. loudavisi het gesê op Junie 14, 2010

    En giggelpilletjies.
    haha

  32. loudavisi het gesê op Junie 14, 2010

    dankie, Berwick.

  33. susan5 het gesê op Junie 14, 2010

    Ja om oor 50 te wees is sommer ‘n groot lekkerte.En om gesond ook te wees is ‘n bonus.
    ‘n Spesiale dag saam met vriendinne is ‘n extra bonus. heheheheh

  34. fanjan het gesê op Junie 15, 2010

    Ek verlang nou na my studente-dae op Stellenbosch, toe het ons vakansies daar om gery het op Noordkaap toe. Vroulief het daar in die noorde gebly. nou ry ons die Gautrein

  35. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Hoor daai trein gaan dalk nie vandag ry nie, Fanie.
    Smaak my dis alweer bumper to bumper vir julle vandag.
    Sterkte!

  36. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Ek is self al lankal oor 50, nou so oud die hittegloede is aan die verbygaan.
    Nou is dit eers lekker om oud te wees, die bonus is natuurlik die kleinkind!

  37. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    nou toe, Tronkie, jy weet nou waantoe om te ry!

  38. UNPOCO het gesê op Junie 15, 2010

    Ek stem so saam met jou oor vrouens van 50. Niks en niemand meer om te wil beindruk nie. Ons doen sommer net omdat ons kan. Ek like jou nou sommer nog ‘n duisend maal meer.

    Hoor hier, lê jy in vanoggend of wat?

  39. loudavisi het gesê op Junie 15, 2010

    Nee, hene, Unpoco!
    Hier’s nie tyd vir inle nie.
    Het shopping gedoen vir die gaste en toe neem Hartman my Spur toe vir brekvis en toe en toe en nou is dit effe rustig tot netnou toe!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.