Die groen naweek

Junie 11, 2010 in Sonder kategorie

Die Engelsman se ouers is ook die ander Ouma en Oupa van Ezra.

Hulle kuier nou lekker met my kleinkind en ek en Hartman is alleen by die huis.

 

Ek het hom gebad, oefeninge gedoen en uitgesmeer!

 

Nou is daai ingelse daar en hulle pluk my vrugte….ugh.

 

Toe hulle laat vanaand van die Kaap af hier aankom en hulle wil hom optel, toe tjank hy!

Lekkkkkkeeeerrrrrrrrrr natte vir hulle. (ek weet nog steeds nie wat dit beteken nie, maar dis nie positief nie.

Die kinders by die skool se dit as hulle is/voel soos ek nou is/voel)

 

Moenie worry nie, Sondag gaan hulle weer en dan is ek weer die in een.

 

Hy is nou so oulik!  Ek gaan daai mannetjie stukkie vir stukkie opvreet.

 

OK, terug by my:

Ek is nou by 1120 inskrywings vir die Klawer Kunste V11.

Nog net die Danse en die Visuele Kuns, dan gaan ek die vakansie jubelend in.

Die kamers vir die gaste wat Donderdag uit die Gauteng area gaan kom, is voorlopig gespitpolish.

Gaan die LFF’s (Last Fucking Finals) Donderdagoggend doen, met blommetjies ens.

Die spyskaart vir die week gaan nog gedoen word.  Dink ek moet beskuit bak (?) dalkies.

O ja, ek kan nie wag vir die gaste nie, hulle is 100% my soort mens, dis nou Hartman se jongste broer en fam.

Die Jongeling is iewers ini Kaap, hopelik by die stadion waar die wedstryd oor 5 min gaan begin.

Sal eers Sondag hoor hoe alles afgeloop het.

Intussen is dit heerlik om alleen en stiletjies tuis te wees.

 

Geniet julle aand, hoop dis ook stil en rustig en lekker snoeserig.

 

 

 

20 antwoorde op Die groen naweek

  1. Maghitta het gesê op Junie 11, 2010

    Hallo Lou geniet die stilte en die vrede maar ook die kuiertjie,.. ek is ook groen van jaloesie die 2ling kuier nou al 2weke by die anner oupa en ouma oppi plaas en ek moet elke dag hoor hoe oulik is hul en hoe huil klein Louistjie oor ouma as sy werk toe gaan,… sy weet net nie hoe huil hieride ouma oor daai 2 donse nie,…
    heerlike naweek vir jul

  2. loudavisi het gesê op Junie 11, 2010

    Aaaah!
    Iemand wat verstaan hoe ek voel,
    Dankie!

    Ja, dis lekker om stil en alleen te wees.

  3. Aproqueen het gesê op Junie 11, 2010

    wees dankbaar Vriendin, oor ‘n paar daggies is hy weer net joune…. wat moet hierdie ouma hart doen met haar twee daar in die verte van Nelspruit…. dis sommer goor om so verweg ouma te wees

  4. Berwick het gesê op Junie 11, 2010

    Lekker naweek, Lou.

  5. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Ek maak so, MK.

  6. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Elza!

    Sjoe, dis nou ‘n verassing om jou weer vir ‘n slag hier te sien!

  7. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Ek is nou amper klaar, Ghaap.
    Dan moet ek nog brei en hekel en klankrand vir Ezra klaarmaak lol!

  8. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    HAHAHAHAHAHAAAAA!!!!!
    Iewers lui ‘n klokkie – amper onthou ek iets…

  9. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Vir jou ook Berwick.
    Dankie

  10. skermunkel het gesê op Junie 12, 2010

    hahahahahaha … ek dink ouma Lou is ‘n bietjie jaloers op die ander ouma en oupa. Maar dis nie nodig nie. As hulle huistoe gaan sal Ezra weer baie van jou geniet, jy moe nie worry nie. Ek kijk voetbal op TV maar die vuvuzela maak mij crazy ….. Sukses met die inskrywinge …. en geniet die naweek.

  11. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Dis net die mense wat die vuvuzela’s blaas wat nie vies raak nie, Fernand. Dit irriteer ons almal hier.
    Ek is nie regtig jaloers nie, hoor!

    Geniet die voetbal! (sokker) en se groete vir jou vader.

  12. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    ok, sal die hare op my tande vleg intussen…lol

  13. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Dit klink snoesig, therina…lekker snoesig!

  14. DroomKind het gesê op Junie 12, 2010

    Jy moet die vakansie VREESLIK baie geniet! En die kuier ook 🙂

  15. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Dankie DK!
    Ek is nogals nuuskierig oor hoe die afskeid toe verloop het, en oor wanneer jy wat gaan doen..
    xx

  16. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    En jy is dierbaar om dit te se.
    😉

  17. pasella het gesê op Junie 13, 2010

    Ek weet sommer jy skeer gek, geen ouma kan die plesier van ‘n kleinkind vir ‘n ander ouma ontsê nie! So, groen naweek biedem!

  18. loudavisi het gesê op Junie 13, 2010

    Ja, ek speel sommer oor die jaloersding.
    Hulle is weg, en dit was lekker!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.