Sokker mal

Junie 9, 2010 in Sonder kategorie

 Ek moes op aandrang van die jongeling twee vuvuzela’s koop.

 

Doen dit toe.  Vra nie vrae nie, my kop is nie by sokker nie.

 

Hy monteer toe die twee raasgatte op ‘n wateraansluitingspypie (of so iets) een bo en een onder.

 

Toe test hy dit hier voor my lessenaar.

 

Vra ek moet luister by elkeen se uitlaat om te hoor of altwee gehoor kan word.

 

Ek maak of ek opgwonde is, dat dit net verby kan gaan, en gooi oor eers by die een en toe by die ander.

 

My ore suis steeds….

 

Ek weet nie of hy en sy pelle ooit by die stadion in die Kaap gaan uitkom nie… laas toe ek daar was het dit bykans ‘n uur geneem om 10 km op die N1 te vorder. 

 

Hoop saam met my en massas mense daai vuvuzella’s kom NIE daar uit nie.

Hoop tog saam met my dat hy Sondag weer veilig tuis sal wees.

 

 ASB 

Ezra se een bo voortand is ook uit.  Die outjie weet nou van byt. 

Eina!

Intussen het ek bykans 2000 inskrywings vir die eisteddfod wat ons skooltjie jaarliks aanbied.

Ek tiktiktiktiktiktiktik vir die vale…

lekker!

Lekker as ‘n lang vakansie so begin tot die hiper-hoog afwater en die luiword insluip.

24 antwoorde op Sokker mal

  1. behoede my van daai goed. Hoor vanaand dat daar 12 uur so ‘n soort van blaas seremonie was. bly gelukkig ver op buitewyke van stad.

  2. loudavisi het gesê op Junie 9, 2010

    Dankie, MK, lekker aand vir jou ook.
    Dis ysig koud hier. die oostewind maak moleste.

  3. loudavisi het gesê op Junie 9, 2010

    Die kinders by die skool het vandag met hulle vuvu’s skool toe gekom. Moes alle deure en vensters toemaak om die lawaai te sus.

  4. jr_hewing het gesê op Junie 9, 2010

    nog 2 gaan geen verskil aan die kaap maak nie. glo my.

  5. eros01 het gesê op Junie 9, 2010

    Die goed het tog nut.Maak n goeie tregter!

  6. Brrrrr…vir die koue èn die vuvuzelas!

  7. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Dis ook hier baie koud.
    Die oostewind woed steeds.
    Ek kla nie oor die koue nie.

  8. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Teen R15 ‘n kop, en dan nog al die stalletjies gaan ons weer ‘n paar rekeninge kan betaal.

  9. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Ek sal dit in gedagte hou as ek weer suurlemoen stroop kook!
    lol

  10. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Die koue is niks….dis die lawaai!
    So bly ek gaan net hier stil in my huisie sit as die lawaai in die stede woed.

  11. zephur het gesê op Junie 10, 2010

    Kan jy darem hoor vandag Lou…

  12. Siestog Lou hier is ‘n arm simpatie gebruik dit asseblief! Ek het ook daardie mistakie gemaak en vir trilleskil ‘n vuvu gekry (slim ma wat dink haar kind sal nie die ding kan blaas nie!) ja en hy sit vir my mooi ore aan.

  13. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Nog nie so lekker nie, Zeppie.
    Smaak my die vog wat my oe laat opswel is ore se kant toe….dit suis soos die see.

  14. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Ja nee, ons doen die biltongding.
    Hy kwyl by die liters!

  15. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Dankie vir die simpatie, Tweeling.
    Dink ek stuur ook vir jou ‘n paar arms vol!
    Yissie, ek kan daai gebulk nie uitstaan nie!!!!

  16. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Ha!

    Ja, gelukkig.

  17. zephur het gesê op Junie 10, 2010

    Lou kan nie antwoord op jou Blogroll post nie hy gee fisies vir my die blogroll…

    Hy rol vir my ‘n mielie…

  18. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Ek kan nie eers self daar kom nie, Zeppie
    My hele blogrol kom te voorskyn – weird!

  19. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Hy doen dieselle met my…ek gaan hom sommer tippex!

  20. loudavisi het gesê op Junie 10, 2010

    Ghaap, ek het die inskrywing gedelete.
    Smaak my ek het Letterdash gecrash met my opskrif….lol

  21. pasella het gesê op Junie 10, 2010

    Die vuvu’s is ‘n ander variasie op En hoor jy die magtige dreuning!

  22. loudavisi het gesê op Junie 11, 2010

    Gee my die magtige dreuning, anytime, bo die vuvulawaai!

  23. loudavisi het gesê op Junie 11, 2010

    Dankie vir die ondersteuning.
    😀

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.