Oor lees.

Junie 7, 2010 in Sonder kategorie

 Alle ouers, die ene ore asb!

 

As jou kleintjie se middelyn oorkruising nie normaal is nie, gaan hy/sy probleme ondervind.

 

Normaalweg gebeur dit normaalweg.

 

As dit nie natuurlik gebeur nie, moet jy inspring en jou kind help.

‘n Arbeidsterapeut sal die nodige toetse doen en vir jou se hoe en wat jy tuis moet doen.

Hy moet bv. op ‘n reguit lyn reguit kan loop.  Span ‘n tou op die grasperk en se jou kind moet daarop loop. Doen dit elke dag ‘n paar keer.  Kyk as jou kind inkleur of skryf of teken, moet die boek, papier direk voor hom le.  As hy dit skuins gooi is daar probleme.

 

As jou kind sukkel om te lees, doen “pared reading”

 

Lees elke dag saam met jou kind ‘n boekie.  Hou jou vinger onder elke woord wat jy lees, as hy saamlees, is dit great.  Wanneer hy alles saamlees, hou op en laat hy alleen lees.  As hy vashaak, lees dan verder.  Moenie dat hy moedeloos word nie.  Hy moet voel dat hy iets reggekry het, so kies eers die maklikste boekies in die biblioteek.  Vra vrae oor die boek gelees.  Hy moet volle begrip he van die storie.  Dis op die einde nie hoe hy lees wat belangrik is nie, maar wat hy verstaan van wat hy gelees het.

 

Jou kind moet baie speel, klim en klouter.  Dis belangrik vir sy fynspierontwikkeling.  Kleispeel is ook belangrik.  Hy moet kan knip en plak, natrek, transkribeer ens.

 

Ek is nou moeg.  As iemand belangstel of enige vrae het, sal ek hierop uitbrei.

 

My jongeling se eerste leeswoorde was op 3 jr.  Hy het opgelet dat TOYOTA se A net voor moet kom dan kan mens dit beidekante toe lees.  Maak kinders bewus van alles wat gesien kan word as julle dorp toe ry. Straatname, karname, winkelname ens.  Van die kinders in my klas drink elke dag Coke, maar as hulle dit moet skryf weet hulle nie hoe nie.  Hoe lyk “Kouk” vir julle?

 

Weet ook dat kinders skryf soos hulle praat.  Die wat hulle rre brei, sal ‘n g in die plek van die r skryf….bv. “skgyf”  Uitspraak is dus die alfa en omega van spelling.

 

Back to me:

Ek is moedeloos moeg. Die kwartaal was kort, te kort!  Ek sug vir 5 weke by die huis.  Wil nie stofsuiers en wasmasjiene hoor nie, geen telefoon nie, behalwe as dit vir my is!  Onthou Hartman se besigheid se kantoor is in die huis.   Geen oomblik van rustigheid soos oor Kersfees waar hulle ook ‘n week of wat afvat nie.

 

Ek gaan nou na Colleen McCullough se boek, “Angel” (2004).  Onthou julle, dis sy wat “The Thornbirds” op die map gebring het. Dis ‘n lekker slaapmaakboek. (lees boring)

 

Ok, koebaai vir eers.

27 antwoorde op Oor lees.

  1. katrina het gesĂȘ op Junie 7, 2010

    Hehe, eers lees ek oor-kruising en dog: maar hoe gaan ek weet wat binne in n kind se oor gebeur?
    Baie nuttige inligting hierdie, Lou. Jong, jy gaan die vakansie geniet – blog net baie! 🙂

  2. loudavisi het gesĂȘ op Junie 7, 2010

    hahaha!
    Ek gaan so gou as ek kan my alie Boland toe neem. Gansbaai se wereld. As dit nie vir Ezra was nie, het ek sommer ‘n laaaaang vakansie beplan.

  3. loudavisi het gesĂȘ op Junie 7, 2010

    Die dame wat die gimnastiek aanbied, se sy het baie talent. Haar kwartaal punte is bo gemiddeld. Ek is tot dusver heel gerus oor haar vordering.
    Laat jy my nou dink dat ek foto’s geneem het tydens ‘n netbalwedstryd.
    Sal dit oor ‘n dag of wat plaas. Net eers die rapporte afhandel.

  4. VozSola het gesĂȘ op Junie 7, 2010

    Kooooie…wag eers…
    Wat’s fout met skewe boek as hul skryf of inkleur?

  5. loudavisi het gesĂȘ op Junie 7, 2010

    Leesprobleme, gepaardgaande met middelyn oorkruising. Kan nie reguit sien as die boek reguit voor hulle is nie…..sien jy?

  6. loudavisi het gesĂȘ op Junie 7, 2010

    Fyn oogspiertjies nie ontwikkel nie, neig altyd na die een kant toe, want dan sien hulle beter. sien jy?
    Forseer regte sit en leesposisie, boek 30 cm van die neus af. Dit ontwikkel gelyke oogpiere.

  7. loudavisi het gesĂȘ op Junie 7, 2010

    Geen foute nie!
    Nooit!
    Die rekenaar print dit, ek voer net in.

  8. pasella het gesĂȘ op Junie 7, 2010

    Geniet die blaaskans, Lou. Gaan voluit vir daai laaang vakansie, Gansbaai klink gaaf!

  9. Doubtingthomas het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Ons het vir die PVMH gelees vandat sy baie klein was. En dit het vrugte afgewerp. Ek is dankbaar.

  10. loudavisi het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Dis nie goed vir die oe om so skuins te moet lees nie. Baie linkshandige mense doen dit. Dit het te doen met die twee breinlobbe en balans. Die een lob is dus dominerend. Elke lob het sy eie IK. Die beste is om die verskil tussen die Verbale en Nie verbale een so klein as moontlik te he. Arbeidsterapie kan dit redelik gou regstel.

    Miskien is hier iemand wat meer weet.

  11. loudavisi het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Nee!
    Genade, heheheehe!!

  12. loudavisi het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Sy is nog klein, MK, en wys reeds ‘n intelligensie en belangstelling en dis kosbaar. Sy moet net die spiertjies oefen, soos papier opfrommel, klei speel, ens. Hou haar hand as sy ‘n sirkel trek. Maak eers ‘n stippellyn sirkel dat sy dit natrek, krap met dik kryt al in die rondte. Die kleintjies sien nie dat hulle by die begin van die sirkel moet eindig nie, heeltemal normaal, sou ek se.

  13. loudavisi het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Ek sal my siek verlang na my beste speelmaatjie, Lewies.
    lol

  14. loudavisi het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Funny vrou?

    Mens weet mos nie, diekant van die monitor, wie nog klein kinders het nie. Dalk is ek boring!

    😀

  15. loudavisi het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Dit sal ek nie waag nie, Therina.

    Is maar soos ons sukkel met die kleintjies – noem dit ondervinding.

    Pst, is ek nog op jou blogrol? Tronkie se jy gaan my delete. lol

  16. loudavisi het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Ja, nou pluk julle en sy die goeie vrugte.
    Binnekort gaan Ezra se huis vol stickers met woorde op wees. Woordherkenning voor hy kan lees.

  17. Doubtingthomas het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    My Ma was ‘n lektrise in Afrikaans, Engels en Latyn. Sy het ons van kleins af geboelie om te lees. Selfs comics, want jy sal onthou in ons kleintyd was comics mos ‘n ding uit die hel uit en het nie in “goeie” Afrikanerhuise tuisgehoort nie. Sy het dit omgeswaai en ons “opdrag” gegee om die inkorrekte spelling en taalfoute daarin aan haar uit te wys.
    Ek dink met deernis terug aan haar…
    Soos Ezra ook met deernis aan jou sal terugdink.

  18. zephur het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Jy moet die vakansie geniet…rus lekker

  19. UNPOCO het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Haai nee Lou, ek leer nou wragig ‘n paar goed hier wat baie interresant is en gaan vanaand al my kleinkind se ore check. Maar ek het ‘n seun wat al 27 is en hy brgei vandag nog maar hy het nooit ‘n g in die plek van ‘n r geskryf nie. Destyds het ek hom na ‘n spraakterapeut geneem en sy het gesĂȘ hy brgei natuurlik want dis van agter in die keel en nie met sy tong nie. Wel, vandag dink die girls sy brgei is seksie. Weet jy meer daarvan?

  20. loudavisi het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Ons het comics by die bure se kinders in hulle huis gelees. Ouers het dit in ons huis verbied!

    Hoop regtig dat ek Ezra op die regte pad sal lei.

  21. loudavisi het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Dankie Zeppie.
    Gaan my bes probeer.

  22. loudavisi het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Dis die agtergeblewe kinders wat so bgei en spel. Hierrond rol die boorlinge almal hulle erre, en ja, dis nogals cute.

    Ek oefen maar met die kinders soos volg:
    Sit tong agter voortande, mond effe oop, en blaas totdat die rrrrr uitkom. Tong moet wyd in die verhemelte le. As hy dit regkry, kies woorde wat met tr of dr begin, soos trein, droog, ens. Die tong is dan in die regte posisie vir die r.

    Hoop dit help.

  23. skermunkel het gesĂȘ op Junie 8, 2010

    Dag Lou.
    Jy moet die vakansie geniet en ontspannende boeke lees.

  24. Joanna Graham het gesĂȘ op Junie 9, 2010

    As dit nie te koud is nie, UIT buitetoe met jou…gaan stap, gaan sit in ‘n park of op ‘n mooi plekkie….kom net weg van daai telefoon en die huis se geraas. Jy kan jou boek ook op ‘n parkbankie lees…of in n koffiewinkeltjie.

  25. loudavisi het gesĂȘ op Junie 9, 2010

    Dankie Fernand.
    Ek gaan so maak.
    Jy moet ‘n lekker warm somer he daar doer.
    xx

  26. loudavisi het gesĂȘ op Junie 9, 2010

    Park?
    Koffiewinkel?

    Hehehahaha – nee, Joanna, hier is nie sulke goed nie….maar die stap sal ek doen.
    xx

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.