Alle ouers, die ene ore asb!
As jou kleintjie se middelyn oorkruising nie normaal is nie, gaan hy/sy probleme ondervind.
Normaalweg gebeur dit normaalweg.
As dit nie natuurlik gebeur nie, moet jy inspring en jou kind help.
‘n Arbeidsterapeut sal die nodige toetse doen en vir jou se hoe en wat jy tuis moet doen.
Hy moet bv. op ‘n reguit lyn reguit kan loop. Span ‘n tou op die grasperk en se jou kind moet daarop loop. Doen dit elke dag ‘n paar keer. Kyk as jou kind inkleur of skryf of teken, moet die boek, papier direk voor hom le. As hy dit skuins gooi is daar probleme.
As jou kind sukkel om te lees, doen “pared reading”
Lees elke dag saam met jou kind ‘n boekie. Hou jou vinger onder elke woord wat jy lees, as hy saamlees, is dit great. Wanneer hy alles saamlees, hou op en laat hy alleen lees. As hy vashaak, lees dan verder. Moenie dat hy moedeloos word nie. Hy moet voel dat hy iets reggekry het, so kies eers die maklikste boekies in die biblioteek. Vra vrae oor die boek gelees. Hy moet volle begrip he van die storie. Dis op die einde nie hoe hy lees wat belangrik is nie, maar wat hy verstaan van wat hy gelees het.
Jou kind moet baie speel, klim en klouter. Dis belangrik vir sy fynspierontwikkeling. Kleispeel is ook belangrik. Hy moet kan knip en plak, natrek, transkribeer ens.
Ek is nou moeg. As iemand belangstel of enige vrae het, sal ek hierop uitbrei.
My jongeling se eerste leeswoorde was op 3 jr. Hy het opgelet dat TOYOTA se A net voor moet kom dan kan mens dit beidekante toe lees. Maak kinders bewus van alles wat gesien kan word as julle dorp toe ry. Straatname, karname, winkelname ens. Van die kinders in my klas drink elke dag Coke, maar as hulle dit moet skryf weet hulle nie hoe nie. Hoe lyk “Kouk” vir julle?
Weet ook dat kinders skryf soos hulle praat. Die wat hulle rre brei, sal ‘n g in die plek van die r skryf….bv. “skgyf” Uitspraak is dus die alfa en omega van spelling.
Back to me:
Ek is moedeloos moeg. Die kwartaal was kort, te kort! Ek sug vir 5 weke by die huis. Wil nie stofsuiers en wasmasjiene hoor nie, geen telefoon nie, behalwe as dit vir my is! Onthou Hartman se besigheid se kantoor is in die huis. Geen oomblik van rustigheid soos oor Kersfees waar hulle ook ‘n week of wat afvat nie.
Ek gaan nou na Colleen McCullough se boek, “Angel” (2004). Onthou julle, dis sy wat “The Thornbirds” op die map gebring het. Dis ‘n lekker slaapmaakboek. (lees boring)
Ok, koebaai vir eers.
Onlangse kommentare