Jy blaai in die argief vir 2010 Mei.

Kommentare oor die EINDSTRYD

Mei 29, 2010 in Sonder kategorie

Dis nie ‘n maklike huishouding as daar sulke GROOT rugby is nie.

Na die eerste 10 minute besluit ek, ek gaan liewer afstap en met Ezra wegkruipertjie speel.

Die lawaai van die vuvuzela’s en die lawaai van die rusbanke was te veel vir my sensitiewe ore.

Toe ek terugkom hoor ek die volgende:

Jongeling:  Die ref was op remote controle, maar af en toe het die battery ingegee en toe kry die Stormers hul kans vir ‘n punt of wat.

Engelsman:  En die speler van die wedstryd was die spoggerige ref.  Toe hy sy erkenning ontvang was hy so oorstelp dat hy almal vir ‘n bring en braai by sy huis in Brakpan genooi het.

Hartman:  Ek verstaan nie dat hulle ‘n plaaslike ref die eer gee om vir sy span te blaas nie!

Hulle moes iemand van China of so ingevoer het.  Ek het geweet hier kom [email protected]!

Ek:  Moenie so tekere gaan nie!  Dis net ‘n game.  Een wen en een verloor so flippen what?

Hartman: Wanneer speel julle weer ‘n rugbywedstryd by die skool?  Ek kyk liewer daarna as na hierdie [email protected]

Ek: Jy moenie so OP die Stormers skree nie, jy moet VIR hulle skree.


Ek het geen opinie nie, wat ek skryf is wat ek gehoor het.

Ek hoor die Bulle het gewen, so ek se geluk.




O, die ellende en heelwat later, nuwe laptop

Mei 27, 2010 in Sonder kategorie

Die ellende sak op my toe.

Vanaf 26 Januarie het ek nog elke maand omtrent daai tyd met toegeswelde oe wakker geword.

Gisteroggend word ek wakker en ek dog wtf – ek kan alweer nie sien nie.

Later in die dag sak die sakke bo die oe af en hang in sulke driehoeke onder my oe. Dis beter so, want dan kan ek darem sien, sien julle?

Alle moontlikhede is al uit die weg geruim. Oostewind? net een keer, sinus? net een keer. Alle roompies en make-up weggegooi en nuwes gekoop. Ek spaar op make-up, want tydens die tyd kan ek dit nie gebruik nie.

Google die besigheid, hulle se dis parasetemol, maar ek het laas ‘n pil gepop toe die bottel wyn van die rak af my kop getref het, net vir in case dit dalk gaan seer word.

Dag twee begin jeuk die velle, teen dag drie begin ek myself amper herken.

Mis ek iets iewers? Dalk kan iemand hier raad gee.

Asseblief en dankie!

Nou oor die laptop:
As mens hier agter die klip woon, koop mens ongesiens online. Gistermiddag teen 4u die geld oorgeplaas en vanoggend om 8u het Hartman dit by die curiers afgehaal.
Maklik ne!

Ok, met skrefies oe se ek liewerste nou eers koebaai, dalk sien een van julle my en hou nie meer van my nie.

Peuter gebed

Mei 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek MOET net die een oorvertel.

Kollega se dogtertjie is by die speelskool waar hulle rympies hoor.

Sy se gisteraand bid die kleintjie haar gewone opse gebedjie.

Sy eindig met:

en Liewe Jesus, asseblief, moenie dat Hompie Kedompie weer afval nie.

hy het al so baie seergekry.

(As mens mooi dink is dit eintlik ‘n baie tragiese rympie.)

Ek onthou die weergawe van kinddag af:

Humpty Dumpty

Sat on a wall

Humpty Dumpty

Had a great fall

All the king’s horses

And all the king’s men

Had scrambled eggs 

For breakfast again

Nog een , effe stouter:

Jack and Jill

went up the hill

to practise what he’d taught her

Said Jack to Jill

if you’ve lost the pill

we may as well fetch water

Pst, as julle daarop aandring, ek het nog.

Ezra kan nou ampertjies kou

Mei 25, 2010 in Sonder kategorie

Die kleinkind se eerste twee tandjies het Saterdagoggend deurgebreek.

Tesame met die nuwe gebid kom toe ook sy eerste woorde:

“mammapappatatta”

Nie een het die geluid van “ou” in nie!

Ou soos in ouma.

Damn, ek het iewers iets verkeerds gedoen….

alweer!

om op te maak en in te haal

Mei 23, 2010 in Sonder kategorie

Snaaks hoe alle toebehore op een slag meegee.

Ek dink die nuwe soort yskaste, wasmasjiene, ens is geprogrameer om net suffel jare te hou.

(Lewies se skrywe het my aan die dink gesit)

So gaan die yskas.  Aangekoop met die hernuwing van die kombuis.

Die ou een is stoor toe – te lelik om so publiek hier rond te staan.

Toe die grand een gaan, dink ek aan die getroue oue in die stoor – steeds in werkende toestand.

Nou staan die moerse dubbeldeur netjies ingebou in die spens se muur. Wonder hoe lank hy gaan hou.

Die wasmasjien, top loader, het laasjaar koebaai gese.

Wenteldroer maak nie warm nie.

Koop maklik jaarliks ‘n nuwe strykyster – net na die vervaldatum op die waarborg.

Die stoof karring maar so aan.  Kan niks ordentlik bak nie, want die agterkant brand altyd swart.

Sal moet oorweeg om dit te vervang, maar ek stel eintlik nie belang nie, want “kook en bak” is nie in my verwysingsraamwerk nie.

Die “Big Green Clean Machine” is ook laasjaar gestoor in die stoor.  Amper R5000 later…nou suig ek met R250 ene en suig kan hy!

Ek het ‘n vermoede dat ek volgende week die tyd op my nuwe leptoppie gaan werk.

Ek sug, nie van verligting nie, maar van al die goed wat geinstall moet word, en hoe ek my kop in rat moet kry vir die nuwe een.  Ek gaan die een mis – as ek hom aansit, moet ek eers iewers gaan vee of lippe aansit, voor hy behoorlik warm en opgecharge is.  Stadig soos die agtergeblewe kind in my klas…stadig, maar ai! te dierbaar om op te gee.

Rond en bont

Mei 21, 2010 in Sonder kategorie

More is alweer ons Sportdag – skole kom hier rugby en netbal.

Die laaste span speel 14:00 en dit gaan 33C wees.

Berge val op my en heuweltjies gooi my toe.

Toemaar, ek sal dit net moet oorleef.

Laasjaar dietyd het Abrham hier verbygekom en kom groet.

Kan nie glo die tyd vlieg so nie!

Dis alweer diep somer…ek wou nog die vereduvet uithaal, maar gelukkig was ek te lui.

Die knop op my kop is nou pers, blouerig, groen en geel.

Dit het afgesak en my ‘n pragtige make-up op my linkeroog gegee. 

Ek sukkel my disnis om die ander oog ook so in te kleur.

Ouboet het sy heup laat vervang (tweede een),  word more ontslaan en gaan vir die volgende ses weke in sy huis by De Kelders naby Gansbaai aansterk. Miskien nooi hulle ons soontoe.(?) Die walvisse kom mos die tyd van die jaar voor hulle huis paar en die lawaai van die wyfies wat die mannetjies uitlok is beslis nie aansteeklik nie (hehehehe)

Toe, toe, ek is ‘n ou respektabele dame….

Ek is nuuskierig oor wie die Gawie-besigheid gewen het.  MaanKind moet laat weet wanneer ons sal weet.

Wat nog?

Hmmmmm…..

Nee wat, nou’t ek genoeg gese.





Wiskunde – ek wou al lankal…

Mei 19, 2010 in Sonder kategorie

vir alle ma’s en pa’s vra:

Asb, maak julle kinders bewus.

As julle ry, tel die motors, se vir hulle die kilometers wat julle ry is meting in lengte.(afstand)

As jy melk skink, (enige vloeistof) se vir hulle van liters.  Lees die skrywes op die bottels.

As jy bak en brou, maak hulle bewus van gewigte, kg, ens (meel,suiker ens)

As jy rys kook, gooi ‘n paar korrels op die tafel en se hulle moet dit tel, maak hopies van twee, driee, ens.

As jy keffie toe gaan, neem hulle saam, se jy betaal met bv R50.  Jy koop vir R20, Jou kleingeld is….

Bly sit in die motor en stuur hulle om bv ‘n brood te koop.  Hulle moet self kyk of die kleingeld reg is.

Maak stories op wat wiskundige bewerkings insluit.  Se bv, ons staan sesuur op, ons moet half ag by die skool wees, hoeveel tyd het ons om daar te kom.

Ons het vier snye brood, ons deel dit tussen ons, elkeen kry….

Halveer ‘n lemoen, se jy kry een van twee dele, ek kry een van twee dele.

Verdubbel

Een meer, minder, tussen, voor, na…..

Kies elke dag een getal.  Bespreek die getal. Doen die voor, na, tussen,verdubbel, halveer ens daarvan.  

Se tog daar is 12 in ‘n dosyn, 6 in ‘n halfdosyn.

Maak hulle bekend met  korrekte wiskundige taal.

Tel, tel tel tel tel tel tel 

Tel enige iets moontlik.

Dis al wat jy hoef te doen.  Speel-speel en wala!

Genoeg nou, volgende keer preek ek oor taal.





Sammy

Mei 18, 2010 in Sonder kategorie

Onthou julle van die dogter wat deur Helen Zille geborg word vir vier jaar, R20 000 per jaar?

Ek is haar voog.

Het haar skryfbehoeftes op datum gebring.

Het gister die hele middag skool-en sportklere aangepas en gekoop.

Ek neem haar huistoe na die spending spree.

Dis die plakkerskamp, Riemvasmaak…alle strukture is sinkplaat….so hier en daar is daar ‘n wendy huisie….

Moet se, dis die eerste keer dat ek dit waag om daar in te ry.

Moet se, die plot en die sinkhuis is puik!

Die huis en die omgewing is netjies, die munisipaliteit is besig om gate te grawe om kabels vir krag te le.

Dink ek gaan haar geld so begroot dat sy aan die einde van die vier jaar ‘n rekenaar en printer kan he….dalk ‘n lessenaar waar sy kan studeer, ‘n leeslampie, ens…sal na behoefte kan voorsien.

Sy neem nou musiek, sang en gimnastiek….speel netbal, en akademies doen sy baie goed.

Gaan haar vir die eisteddfod voordrag, poetry, sang en kuns inskryf.

Dis ‘n besigheid van ‘n ander aard, want elke sent uitgegee, moet bewys word.

Elke prestasie op leer geplaas word.

Ek laaaaaik!



Ant Sielie

Mei 16, 2010 in Sonder kategorie

Jarre gelede, toe ons op Villiersdorp gewoon het, was daar ‘n weduwee, Ant Sielie.

Sy was toe al oud.

Nou die dag hoor ek sy word 98.

Die familie gaan ‘n groot pardy reel.

Haar gehoor is omtrent 0.

Sy kan nie meer Bybel lees nie, haar oe is te swak.

Toe die familie aanbied om gehoortoestel en bril op datum te bring, se sy:

Nee, dankie.

Ek het alles gehoor wat ek kon.

Het ook alles gelees.

Dis Jesus wat my nou afsonder vir Hom, niks ander is nou meer belangrik nie.

Geluk, ant Sielie, ek weet die tyd wat jy hier op aarde het sal aangenaam in Sy geselskap wees.

Knopkop

Mei 15, 2010 in Sonder kategorie

Dis ‘n naweek van onverwagte klein ongelukkies, eintlik klein gemorsies.

Gisteraand eet ons by Ezra en sy ouers.  Die oliepot vir die tjips was warm toe sus dit van die stoof af wou haal……ok, Ouma op hande en kniee om die olie op te vee. Gemors van gemors!

Vannaand eet hulle by ons.  Familie kom kuier more vir die dag en ek dink om ‘n lekker bottel wyn uit die wynrak te soek.  Die wynrak is in die spens. Strek effe om die een wat moontlik sy gat sal sien uit te haal.  Kom daar drie ander saam….oumas het net twee hande.

Red die moontlike een, een rooie val moertoe vloertoe, ander een se bodem tref my bokant die linkeroog op sy pad af, nog ‘n rooie – en ons gebruik nie rooi nie.  Is seker geskenke gewees.

Sus kruip hande viervoet in die spens rond om die rooiwyn op te droog en die glasskerwe op te tel, tewyl Ouma met ys die onmiddelike knop probeer lawe.

Engelsman het lekker grappies gemaak oor wat die familie gaan dink as hulle my knop sien.

Sal ek die res van die bewyse op die spensvloer los net incase hulle dalkies gaan dink hier was huismoles?