Jy blaai in die argief vir 2010 April.

Vryheidsdag verkoopsman

April 28, 2010 in Sonder kategorie

Kom die pragtige, blonde, blouoog lighty halftwaalf Dinsdag hier aan.

Ek vra wat verkoop jy?

Hy se hoekom dink almal altyd dat ek iets verkoop?

Ek se boetie, die wasgoed hang op die draad, die middagete moet nog uitgedink word…dis vakansiedag, ons rus bietjie in die middag.

Spin gou jou storie en se hoekom jy aan die deur geklop het.

Nee, tannie en oom moet luister:  Dikke flipfile word uit die kop opgese en omgeblaai.

Ek se boetie se net gou hoeveel dit kos.

Hy se net R9 000 .  Dan sal tannie die helfte van die kragrekening hoef te betaal

Ek se hokaai, boetie.

Hierdie huishouding stel nie belang nie, oor my dooie liggaam betaal ek dit vir ‘n meter om die warmwatersilinder self aan en af te sit.   Sit ek dan liewer sonpanele op vir R5 000….soveel goedkoper.

Hy dring daarop aan om sy gediggie klaar te praat.

Ek gee later toast en kosbare kaas.

Maar die lighty sit sy sit.

4k, kan die kind nie hoor nie!

Ek stel nie belang nie.

Ek se hy mors sy tyd, maar hy SIT.

Half twee verdwyn ek saggies, roep die bedslaperhondjie en KLAP die deur toe.

Hartman se hy is teen 3uur hier weg.

What a waste!


Dinge wat my bly maak

April 27, 2010 in Sonder kategorie

1. As ek wakker word in die oggend en die wind waai nie.

2. As ek wakker word, whatever the weather.

3. Die reuk van boeke.

4. As klein Ezra sy ouma druk en ugggggmmmm se.

5. Winter en die kaggelvuur knetter vrolik

6. Sewe-uur saans as ek my glasie vol cheers kan skink.

7. Om by die huis te kom.

8. Op die stoep in die wintersonnetjie – miskien die jaar nog. (dis nog so warm hier)

9. Onverwagte oproepe soos DK sin gisteraand.  dankie xxxx

10. As die wasbak skoon is.

11. Om in skoon beddegoed in te kruip met ‘n boeiende boek.

12. As die pouse klok lui.

13. ‘n Warm bad – my gunsteling.

14. Onder water – gewigloos.

15. Diep gesprekke met my dogter.

16. As Ezra uiteindelik slaap.

17. As Ezra uiteindelik wakker word.

18. As daar kaas in die yskas is.

19. Elke keer as ek aanlyn kom, en dit werk.

20. Om julle skrywes te lees.

21. Om ‘n taak af te handel en tevrede te wees met die uitslag.

22. Om Hermanus se staproetes te stap.

23. As my klere los sit.

24. As my skoene my nie druk nie.

25. My vereduvet, kan dit net gebruik as dit werklik koud is (in my dreams!)

26. Die lekkerte om my skoene uit te skop!

27. STILTE!  soos nou – doodstil, geen klank, behalwe die leptoppie wat so blaas.

28. Om in die spieel te kyk en vir myself te se: You go girl!

29. Soms voel ek so ryk – verstaan dit nie  –  maar dis flippen lekker.

30. As die skoolklok aan die einde van die dag lui.

(I’m fooling myself   –  ek is mal oor my werk!)

31. Skoon vensters.

32. Om te weet my gebede word gehoor.


Spoke

April 25, 2010 in Sonder kategorie

Gisteroggend gaan die panic-button in ons skool se sekretaresse se kantoor af.

Dis Saterdagoggend 10u.

Die skool is gesluit.

Kort daarna gaan die alarm af.

Polisie ondersoek.

Kry totaal en al NIKS.

Iets het die knoppie gedruk……

(Ons het laas Woensdag by haar graf gestaan.)



Texi Please!

April 22, 2010 in Sonder kategorie

Tydens die vakansie op Hermanus in ‘n stegie waar ons moes stop vir koffie.

Die hele stegie is volgepak van ou goed van toeka se dae.

Die eens wit voertuig hierbo was daaitydse teksie.

As dit nou nie oulik is nie!

Back to the present:

Twee dae van faaait om weer op die lug te kom.

Welkom Telkom se verskeie redes is die volgende:

Julle moet 48u wag want julle rekening was agterstallig….ha!

Julle rooter is stukkend….ha!

Julle het julle gigs opgebruik….wat?  in die middel van die maand? …..ha!

Die res kan ek nie eers onthou nie.  Elke keer as ons bel is daar iemand anders wat ons oortuig van die rede en ons val daarvoor.  Elke ander ou se iets anders….wtf?

Was anyway twee dae op die netbalbaan – van na skool tot 6u saans – proewe en liga – 

Het ek al gese die een wat die netbal gele het woon op Klawer?

Net indien julle nie geweet het nie – daai een wat die bal gele het op die senter sirkel weet alles van netbal af en skree permanent not wanted inligting oor reels aan die refs.

Het ek al gese ek laaik 4kol van netbal – oor die attitude van die toeskouers?

Ek gaan gou desperate housewives kyk – sal oor die naweek julle skrywes opvang.

Laaaaav u!


Original Cin – Skooltake

April 17, 2010 in Sonder kategorie

Kan nie sien hoe iemand kan dink dat Angelina Jolie mooi is nie!

Hene mense, daai lippe is so vol krake……wil my lipice vir haar aanbied, maar sy kyk nie op nie.

Eintlik wil ek iets oor “TAKE” se

Aan almal wat kinders op skool het….

Die volgende:

In ons opleiding het ons onnies geleer, oor en oor, dat leerders hulle take by die skool moet doen.

Ek kan nie glo as die hoerskool kinders aan my deur kom klop vir hulp met take nie…waar was hulle onnies toe ons opgelei is?

Jy, as onnie moet al die navorsing doen, die literatuur beskikbaar stel en leerders moet die take in die skooltyd voltooi.

As hulle die taak by die huis moet doen, dan word dit die ouer se probleem en die ouer se werk en die kind kry die punte – dis belaglik.   Dink aan ouers wat werk, wat huistoe kom na werk en hoor van ‘n taak wat ingehandig moet word.  Daai ma slaap die nag nie….ek weet, want ek het ook my eie kinders se take gedoen….daai tyd al.   Ons ma’s het gespog oor ons punte.  😀

Dis suiwer oneg se ek! 

soos Angelina se lippe…

Die drie dinge speletjie

April 15, 2010 in Sonder kategorie

THREE THINGS ABOUT ME:

1 Ek MOET altyd in beheer wees    (damn!)  sluit in finansies, skottelgoed, stof, ens)

2 Ek delegeer nie sommer nie – dink niemand kan dit beter as ek doen nie.  (Gee tog raad, dit maak mens ongewild)

3 My huismense sug en vlug as dit skoolvakansie is…dan is ek in beheer – hulle like dit  4all.

A THREE NAMES I GO BY:

1 Ouma Loua

2 Juffrou Louise

3 MA!

B THREE PLACES I’VE BEEN:

1 Europa

2

3

C THREE THINGS I LOVE TO WATCH:

1 Ballet

2 Mense wat met oorgawe iets doen…soos trompoppies, sangers wat uit hulle vrugbeginsel uit sing, ens.

3 Ezra, my kleinseun

D THREE PLACES I HAVE LIVED:

1 Worcester – se groete vir my berg as julle daar kom.

2 Villiersdorp

3 Keetmanshoop – hoop ek kom nooit in my lewe weer daar nie.

E THREE PEOPLE WHO EMAIL ME REGULARLY:

1 Lottery – wen miljoene !  HA..

2 Marike – jarrrrre lange vriendin

3 Irene, my dogter

F THREE THINGS I LOVE TO EAT:

1 Kaas

2 Pasta met baie kaas oor

3 Knoffel, Sandveld Organics – traditional garlic pickle – toegedraai in cheddarkaas

G THREE PEOPLE I THINK WILL RESPOND:

1 Ek hoop daars meer as drie

2 ..

3 ..

H THREE THINGS I’M LOOKING FORWARD TO:

1 ‘n Vakansietrein trippie langs die ooskus.

2 Vakansie in die Drakensberge

3 Om weer in die see by Mosselbaai te swem


Kw 2 dag 3

April 14, 2010 in Sonder kategorie

Begrafnis was 10:00

Kerk stampvol.

Al die kinders en onnies was daar.

Die werklikheid het toe ingeskop.

Ezra se koors van die afgelope 3 dae was vandag die ergste.

39.6

Longontsteking – meen die dr.

Die niggie het Saterdag uit die Kaap kom kuier – 6 mde oud.

Die ma bel Vrydag en se die kind is siek, hulle sal later kom kuier.

Se die ma van my Ezra, nee, kom!

Hy drink borsmelk en is veilig….

HA!

nog ‘n…..

HA!

Hy is so onlekker, ek ken hom nie.

Toe kom kuier ek maar hier en kon nie help om vir Lewies en Plasie se skrywes te lag tot die trane loop nie, toe tjank ek sommer.

Dankie bloggers, vir die opbeur – MaanKind met jou kleure en Lo-Ammi, en Tronkie, Lisa, Therina se voels, Tweeling, Berwick, AS Kamer, Monica, DroomKind, Zeppie – almal se skrywes ….LEKKER!

Kwartaal twee, dag een

April 12, 2010 in Sonder kategorie

Die liewe Hellen Zille het een kind in ons kring (35 skole) R20 000 per jaar vir 4 jaar aangebied.

Die dogtertjie was laasjaar by my…..woon in Riemvasmaak (plakkerskamp)

Sy sing soos ‘n engel, gimnastiek – wawiele en handstane ens….toe dog ek sy moet ingeskryf word.

Vandag gehoor sy het dit gekry.  

Nou is dit beplan vir musiek, gimnastiek, tennis, you name it..

Enige behoefte aan klere, sportdrag, musiekinstrumente, tot skryfbehoeftes en vervoer word gedek.

Is dit nie absoluut amazing nie?

Dit laat my dink aan die man wat een van duisende uitgespoelde seesterre teruggegooi het in die see.  Net daai een gooi het ‘n verskil gemaak aan een lewe.

DANKIE!



Die Ark

April 11, 2010 in Sonder kategorie

Lapppies plak is wat my die naweek besig gehou het.

Spesiaal vir die kleinseun..

Nou gaan die skoolbesigheid inmeng met my stokperdjies.

Ai!

My vakansie – die mooi, die hartseer, die dankbaarheid..

April 9, 2010 in Sonder kategorie

Maandagaand stop ek by die vulstasie om die voertuig vol te maak vir die vakansie.

Net toe trek ons skool se sekretaresse en haar man ook in.  Sy spring uit, draf vrolik na my toe.

Ek weet sy gaan Dinsdag Kaap toe, Panorama hospitaal vir galblaasverwydering. Sy weet ek gaan Worcester toe.  Ons giggel en wens mekaar voorspoed toe, drukkie-drukkie, kiss-kiss, se mekaar moet mooi ry ens.

Sy word Woensdag begrawe!

Worcester toe.  Tel die ou ma op.  Ry Hermanus toe.

Mooiste mooi ooit!

Die reuk van die see…Woensdag – Gansbaai….is seker ek het Petrus Pap gesien, maar ek weet nie hoe hy lyk nie – tsk…

Kry Woensdagnag die sms – sy’s net dood.

Ek het nog nie weer geslaap nie, nog nie gehuil nie..

Ek stap vanmiddag by Ezra se huis in.

Hy speel doodstil met sy speeldingetjies.

Kyk op.

Sien my.

Bars in trane uit…armpies wyd gestrek vir ouma Loua.

Dis waar die dankbaarheid van my opskrif inkom.