Jy blaai in die argief vir 2010 Maart.

Stokperdjies

Maart 30, 2010 in Sonder kategorie

Julle weet nou al dat ek graag hout afskuur en dat Juppie met blokkies speel en die mooiste meubels daaruit maak.


O ja, ek verf op glas, soms as die geleentheid te voorskyn kom.

So lyk my voordeur:

Mens kan dit ook net sien as die lig in die gang aan is.

Toe se en wys asb wat jou stokperdjie is.


Spesiaal baie moeite vir MaanKind

Maart 29, 2010 in Sonder kategorie

Sederhout van die onverganklikesederhoutplanke

Sederhout.

Maart 29, 2010 in Sonder kategorie

Het toe vanoggend laat geslaap – was half 6 eers wakker.  Die tyd vir le is min.

Toe begin ek met my houtvensterbank in die “nuwe” kombuis.  Afgeskuur en gevarnish met Sanding Sealer, en lyk dit nou nie mooi nie!  

Daar is nog 6 sulkes en ek behoort in 6 dae almal bygekom het.  

Klink maklik, maar die opruim na die stof ens neem tyd…daai sakkies wat by die skuurder kom beteken die hond se gaatjie.

Meer oor die vensterbanke:

In die oorlogdae, toe die huis gebou is, kon hulle NIKS van die Kaap af kry nie, maar iemand het Sederhout in Clanwilliam se berge gekry, opgesaag en hier kom insit.  Dis so 3 cm dik.

Toe ek die plek gekoop het, jarrrrre gelede, het ek die vensterbanke, wat toe groen was, begin afskraap. Deur lae van liggroen en liggeel en beige ens, tot ek uiteindelik die hout kon sien.

Hoe gaan daai liedjie?

As ons nie kan verder gaan

begin ons weer van vooraf aan.

Iets wat julle nie van my weet nie….hierdie ou tannie se stokperdjie is om ou meubels mooi reg te maak, draai elke skroefie met die draaier uit, en skuur en spit en polish tot dit so mooi is dat dit haar eie asem wegslaan….verskillende houte het verskillende reuke, en dis die lekkerste van die hobby.

Laat my dink aan “Langklaasfranke se sederhoutplanke”  gedig deur Boerneef.

Ek het nou my bundel gesoek met die gedig in, maar helaas, dis in my klas by die skool.





Alweer Sondagaand

Maart 28, 2010 in Sonder kategorie

Net mooi ‘n week gelede gemoan oor die film “Australia”

Dis ‘n week later en alles is presies dieselle.

Ek trek steeds boeke oor en die fliek op MNET is alweer sonder opwinding, geen aksie!

“The curius case of Benjamin”

Ok, nou rus ek biekie van die boeke – nekspier trek seer.

Wyn en toast  met kaas voor bedtyd.

O ja, ons het ‘n nuwe yskas.  Te groot vir die spasie waar die oue was.

Toe bou ek en Hartman die kombuis oor.

Breek eethoekie uit en skuif rond en boor en saag en maak skoon.

Die vakansie is miskien te lank……

Ek brag nie, ek moan!


Ezra

Maart 24, 2010 in Sonder kategorie

Die kleintjie lag en gil van plesier, tot hy die kamera sien, dan gooi hy ‘n attitude en pose.

Sy eerste keer in warm klere – die aande is koel en die klere raak al hoe kleiner.

BOSLUISE

Maart 23, 2010 in Sonder kategorie

Ons woon mos langs die Olifantsrivier.

En hier is baie rooipootbosluise.

Toe ons hier ingetrek het, het ons ‘n glasie water in elke vertrek gehad.

As jy ‘n luis sien, dan tel jy hom op en gooi hom in die water.

Later hoor ons van die goggaspesialis op Clanwilliam.

Hy kom spuit huise, binne en buite.

Lig selfs die lakens van die beddens  en spuit in.

Sommer in die bordekas en spens ook.

Die nat strepe teen die ruite moes daar bly tot die eerste reen dit wegspoel.

Ugh!

Vir jare was ons luisloos.

Tot gister.

Sien een in my badkamer en spoel hom sommer in die toilet af.

Toe nog een en nog een.

Sal maar weer die goggaman moet laat kom.

Nou dink ek:

As daar niemand anders is wat ons kan beskerm teen die karnallies nie, sal ek die goggaman se tel. nr.  hier moet los.

Laat weet as julle belangstel.

Ek is alweer besig om die hoender van sy hol af te ruk, maar hene mense ek is moerbekommerd.

Australia

Maart 21, 2010 in Sonder kategorie

Ek en Hartman kyk altyd Sondagaande MNET se fliek om 8u.

Australia – vannaand.

Dis nou nog nie klaar nie en ek is effe gatvol.

Wie kan solank stilsit?

Het al 40 nuwe leesboeke oorgetrek, en die fliek is steeds aan die gang.

As ek langer gekyk het, kon ek nog meer oorgetrek het….

Lekker afdag more – doen net wat jy wil!

Ek gaan nog boeke oortrek.

ANGSBEVANGE

Maart 20, 2010 in Sonder kategorie

Iemand hier rond wat ‘n hoewe wil koop?

Dis wragtag idillies.

Tussen die berg en die rivier.

Hier boer ons met onkruid.

In die somer met stof en vir ‘n maand of wat in die lente met blommetjies.

Twee huise en een moerse stoor.

Waterregte is kosbaar.

Die hitte vir ‘n maand of wat ondraaglik.  Swembad ingesluit.

Geen robotte.

Geen malls.

Die see sowat 45min wes hiervandaan.

Ek het sopas Elaenor se skrywe gelees en my kop se  

“VLUG!”

Op my monitor – MaanKind

Maart 18, 2010 in Sonder kategorie

Ons yskoue see – prentjiemooi.

Lambertsbaai.


DESIDERATA

Maart 16, 2010 in Sonder kategorie

Dit beteken “desired things”

Verlede Vrydag dog ek, ek hol gou by die bib in.  

Die boekewa was Woensdag hier en dalk is daar iets opwindends te lese – iets nuuts.

Gryp die eerste paar belowendste boeke.

Gisteraand maak ek een oop en daar val ‘n los papier uit.

Die opskrif is DESIDERATA

In ‘n bewerige handskrif het iemand met blou pen daarop geskryf

“Gevind in die Ou St Pauls Kerk, Baltimore  – gedateer 1692.

Ek het die stukkie oor en oor gelees, tot dit intrek gevind het.

Die eerste woorde is:

Go placidly amid the noise and haste and remember what peace there may be in silence.

As far as possible be on good terms with all persons.

Speak the truth quietly and clearly and listen to others, even the dull and ignorant: they too have their story.

Avoid loud and aggressive persons: they are vexations to the spirit.

If you compare yourself with others you may become vain and bitter; for always there will be greater and lesser persons than yourself.

Indien julle verder wil hoor, laat weet, dan tik ek verder ..

Een gedig wat ek seker nooit sal vergeet nie se refrain is:

“I need silence about me to compensate the silence within me.”

Ek weet nie meer hoe die res daarvan gaan nie.

Dagboek op datum:

Het vir Ezra vir sy inspuitings geneem.

Deur die Dal gecharge en dinge afgehandel.

Net betyds by die kwekery vir blogmaat Elza gekry vir koek en koffie.

Ek sien haar te min….