Jy blaai in die argief vir 2010 Februarie.

Sone-atletiek

Februarie 6, 2010 in Sonder kategorie

Ok, dis verby.  

Kon laasnag amper nie slaap nie.  

Die spanning sit so op die krop en trek die keel styf.

Die resultaat is wonderbaarlik positief.

Die dag het seepglad verloop.

Nie eers ‘n spelfout is opgemerk nie!

Enige ander sone of provinsie wat my wil huur vir die organisering van enige byeenkoms?

Kontak my hier.  

Dienste word uitgehuur.  

Prys onderhandelbaar. Angspille se prys sal by die kwotasie ingesluit word.

HA!

Nou nog net die Noord-wes Boland byeenkoms volgende Saterdag, dan sal ek weer beskikbaar wees vir Hartman en die kinders en natuurlik klein Ezra.

Die weer hier is soos nog nooit tevore nie!

Koel, 30 grade maksimum met ‘n sagte briesie.

Gewoonlik sweet ons in hitte bo 40.

Die cherry op die koek was die refill koffie soos afgespreek met ene (Dr/Ds) Kobus Victor.

Wat ‘n voorreg om so ‘n wyse en plat op die aarde blogger te kon ontmoet.

Hoop hy reis veilig en geniet sy Grootmis uitstappie.

Lekker slaap en koebaai dan vir eers.





LOTTO!

Februarie 4, 2010 in Sonder kategorie

Woensdagoggend oppad skool toe vra ek vir Hartman hoekom hy dan so stil is.

Hy se hy werk uit wat ons met die sewentig miljoen gaan maak wat ons gaan wen.

Ek:

Hartman, wat het ons nou weer laas week met die vyftig miljoen gemaak?