hitte

Februarie 28, 2010 in Sonder kategorie

Dis nou net 33 grade hier, en dis 10 uur in die aand.

Dit was vanmiddag 44.

Sjoe, wat ‘n verligting!

O ja, die 3 aircons werk net so effe.

Gaan gou sterre tel op die pienk stoel in die groot bad.

Die volgende week gaan ons weer met nat handoekies in die gange le….

Ek smag na die winter.



27 antwoorde op hitte

  1. ja nee kyk ek wens ook nou al vir die winter sodat ons voor die kaggel kan inskuif..

  2. Trakie het gesê op Februarie 28, 2010

    Goeie genugtig! 44!!!

  3. Ai Lou ek wens ek kon vir julle koue weer stuur.xx
    Sterkte,ek onthou hoe ek self gesuffer het as dit so vieslik warm geraak het.

  4. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    En lekker warm sokkies ens ens

    sug..

  5. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Ons vetjies gaan beslis die week uitbraai!

  6. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Dankie,
    wonder waar die koelste plek in SA is, ek wil soontoe trek.
    lol

  7. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Laat dit spoedig verbygaan.

    Gelukkig is die atletieke verby, anders weet ek nie wat ek sou gemaak het nie!

  8. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Ons is altyd so +/- 4 grade meer as Vredendal.

  9. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Die voete is die ergste.
    As dit so warm is, swel dit.
    Ai!

  10. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Whaha!
    Ja, dit is seker so.

  11. shlwanjan het gesê op Maart 1, 2010

    Min dae, Lou!

  12. Ja, min dae inderdaad. Sterkte!

  13. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Spokie, ek hoop.
    Ons het al diep in Mei hittegolwe gehad.

    Ek hou van jou rympie
    😀

  14. zephur het gesê op Maart 1, 2010

    Genugtig met daai hitte braai ‘n mens al die vette uit jou lyf…dis as die son jou nie dood brand eers nie.

  15. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Dankie tog!
    (sug)

  16. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Elke dag nader aan die heerlike winter!

  17. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Ek onthou in Keetmanshoop het die boere wat nie krag op hulle plase gehad het nie, onder die bed geslaap.

  18. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Of brei en hekel in die sonnetjie op die stoep!

    xx

  19. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Ons hitte is blykbaar nie so erg nie, want hier is min vog – se hulle.

  20. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Aag Zeppie, hulle se mens raak dit gewoond. Ek glo nie ek sal ooit nie, maar ek oorleef jaarliks, al is dit kla-kla!

  21. DallaSePa het gesê op Maart 1, 2010

    Leef jy nog LouA?!

  22. loudavisi het gesê op Maart 1, 2010

    Net-net, duik maar af en toe in

  23. louisna het gesê op Maart 2, 2010

    Starkte. Ek het een dag 47 in Abu Dhabi oorleef.

  24. loudavisi het gesê op Maart 2, 2010

    Sjoe, Ouboet, wat maak jy daar as dit so warm is?

  25. loudavisi het gesê op Maart 2, 2010

    Naand, (sweet)
    Dsp (sweet)
    Dis al (sweet)

  26. louisna het gesê op Maart 3, 2010

    Die plek is vol lugreelings, maar die stukkie tussen die kar en die woonstel/kantoor is nogal ontstellend.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.