Seks
Februarie 27, 2010 in Sonder kategorie
Onlangs, in ‘n naburige dorp is ‘n onnie gevang met ‘n kind.
Oor die detail gaan ek nie uitbrei nie.
Die wat weet, weet mos al klaar en die wat wil weet, kan maklik op ‘n ander plek uitvind.
Die gaos wat dit veroorsaak is verskriklik.
Hy het ‘n vrou en kinders.
Hy is tans in die tronk.
Nou wonder ek wat de hel makeer die man!
Wat is dit wat mense sulke vreemde drange en behoeftes laat kry?
Ek sien ook hier in Blogville vreemde verskynsels.
Is dit vir eie genot om omstrede skrywes hier te plaas?
Indien wel, gaan bevredig jouself op ‘n ander plek……
Baie dankie.
Ons stel werklik nie in jou behoeftes belang nie….sien jy?
Ek se weer, ek verstaan niks meer nie,
en ek weet nie hoeveel bloggers met my saamstem nie,
en ek is seker maar te oud, en en en…
louisna het gesê op Februarie 27, 2010
Hallo Lou. Jy het ‘n getroue bondgenoot. Einde verlede jaar is ‘n onderwyser uitgevang. Hy was pas getroud en het ‘n stomende verhouding met ‘n “minderjarige” skooldogter gehad.
Mooi dag
modderkoekie het gesê op Februarie 27, 2010
Die man was in ‘n vertrouensposisie,weet nie wat die omstandighede of die dogter se ouderdom is nie.
Maar hoe dit ookal sy,die tipe ding behoort altyd taboo te bly.Hier is meeste skooldogtertjies al van 13 af seksueel aktief,en aborsie die gekose manier van geboortebeperking,steeds behoort ‘n onderwyser selfbeheer aan die dag te kan lê.Hier was ook weer noudiedag ‘n 15 jarige en ‘n onderwyser wat uitgevang is.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Tonkie, ek waaaaary nie oor hoeveel kommentare ek kry nie.
Die onnie kan maar gehang word, ek wonder net hoe sy vrou en kinders dit verwerk.
Ek meen, as jy van chips hou, en baie eet, kan jy in die spieel die resultate sien…maar seks met kinders!!!!???? dis binne minute verby en smaak my hulle word nooit bevredig nie, wil net nog en nog he.
Dis boos.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Ek wonder oor ouers wat jong kinders met openhartigheid skool toe stuur.
Flippen hel, as dit my kind is, sal ek MOORD pleeg…..watch my!
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Dit was ‘n jong seun!!
Hy het brood gebedel.
Daar is hordes wat nou vorendag kom.
Hulle broodjiegeld is in die tronk, so nou se hulle alles, want geld gaan hulle nie weer van daai onnie af kry nie.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Hoop nie dis te suur nie!
Therina, ek weet wragtag nie hoe om dankie te se nie. Julle is stunning mense.
xx
modderkoekie het gesê op Februarie 27, 2010
Hemel Lou..watse tipe depraved creature maak so misbruik van honger kinders??
Ek dink die onderwyser gaan swaar kry in die tronk,die ander inmates verdra mos nie kindermolesteerders en verkragters nie…
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Anha, dis nie wat ek se nie….read my lips!
Gewone normale seks is gewoon normaal en nodig….maar om kinders uit te buit, sonder gewete is ‘n ander ding.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Jy moet wakker slaap, MK!
lol
DallaSePa het gesê op Februarie 27, 2010
Jammer Jammer … ek sal nie weer nie …
DallaSePa het gesê op Februarie 27, 2010
ps – Was dit ekke?!
louisna het gesê op Februarie 27, 2010
Ek ook. Saak is ook aanhangig gemaak.
HeavyHenry het gesê op Februarie 27, 2010
“Ek sien ook hier in Blogville vreemde verskynsels.”
? waarvan praat jy?
TheAfricanNewsferret het gesê op Februarie 27, 2010
Breek my soos ek lag, lyk my Anha soek weer sports!
TheAfricanNewsferret het gesê op Februarie 27, 2010
Ja, ja, met die ouderdom kom ander uitkyke op die lewe, maar pedofiele laat my my historiese uitkyk behou – sluit die donners lewenslank toe.
Joanna Graham het gesê op Februarie 27, 2010
Nee, ek stem saam, Lou. Oor gesonde opmerkings en praatjies oor seks het ek nie ‘n pyn nie, ek dink dis nodig….Maar daai siek goed wat mens raakloop oral op die Net, gee my die wilde weghol!
Joanna Graham het gesê op Februarie 27, 2010
🙂 Silly.
maryke-anne het gesê op Februarie 27, 2010
Ek onthou dat iemand voorheen geblog het oor molestering van 1 uit elke 5? Ek het toe gesê dat ek dit sal glo. En hier is nog ‘n bewys.
Dit is jammer dat almal nie uitgevang word nie. Party molesteerders gaan net doodluiters aan met hulle lewens.
En almal om hulle word geraak, vrou, kinders, gemeenskap en die gemolesteerde en hul familie. Dis ‘n vreeslike gemors.
En ek hoor jou oor die ander bedrywighede …
modderkoekie het gesê op Februarie 27, 2010
Ek skrap my vorige kommentaar,want ek het nou gesien waarna jy verwys.Sies is al wat ek kan sê,hoe laag kan iemand daal om iemand anders wat onskuldig is, te beskuldig van iets so vreeslik.
Kan maar net my kop skud in ongeloof.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Jo, dit was toe Therina se lektriek heining my geshock het.
hahahahwhahaha!
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Wel ek hoop hy kry baie swaar, Moddekoekie. Die bruin gemeenskap is in opstand!
Trakie het gesê op Februarie 27, 2010
Kindermolesteerders hoort beslis nie in die samelewing nie. As mens hulle maar net vroegtydig kon opspoor!
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Niemand wat oor kindermolestering blog nie, Anha.
Mense wie se blogs net oor seks gaan en ek bedoel nie Ghaap nie! Ek praat nie van bespiegel oor seks nie, of volwasse gesprekke daaroor nie..sien jy?
Trakie het gesê op Februarie 27, 2010
Ek voel ook bietjie in die duister, Ghaap.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Dankie vir die ondersteuning.
Jy sien duidelik wat ek bedoel.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Ag DsP, jy is nog onskuldig!
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
daai kamtige girl wat nie engels kan praat nie, wat ‘n man soek, en dan is daar nog een wat ons naweke graag wil opkikker…
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Die honger kinders sal enige iets doen vir geld, en solank hulle geld kry, bly hulle stil…dis die eintlike ding.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Dankie!
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
My kommentaar by Henry sal biekie lig werp.
Sorry dat ek so oudoos is!
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Ek het al kommentare gekry wat ek summier getippex het, Ghaap.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Dankie vir die ondersteuning, Joanna.
Lyk my meeste bloggers weet nie waarvan ek praat nie.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Maryke, wys net vir jou in watter siek wereld ons woon.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Is reg so.
Ek weet jy verstaan baie goed wat ek bedoel.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Dis eers as hulle gemaklik raak, dat hulle gevang word. Dan is dit reeds te laat.
jr_hewing het gesê op Februarie 27, 2010
ja nee. los die kinders tog asseblief uit.
monicahaddad het gesê op Februarie 27, 2010
verstaan saam met jou nie, what whent whong???
Neander het gesê op Februarie 27, 2010
Ag nee Lou, daai is moedswillige speletjies, jy het dit darem seker dadelik gesien.
Ander soos Tronkie, ekself en Ekke het lekker saamgespeel.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Ek hoop nie so nie, Tronkie!
My fragiele keel het seergekry…haha!
Jo, moenie so baie van my dink nie – lolllla!
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Ag toe nou, julle!
Ek is mos ‘n cool ouma, sien.
Tot op ‘n punt…soos in my skrywe hierbo.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Whahaha! ek sien nou eers, ek dog die vrou is desperate!
Toe lees ek glad niks en mis al die pret.
Damnnnnn…
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Hi, Verskriklik!
Ja, die kinders is onskuldig.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Dis die bose magte, glo ek.
Thats what whent whong!
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Ag, Murphy, ek lees altyd jou skrywes en ek het wragtag nog nooit iets gelees wat my afsit nie.
Groetnis
katrina het gesê op Februarie 27, 2010
Liewe Lou, ek verstaan wat jy probeer sê… En ek wonder ook… XX
hippieheart het gesê op Februarie 27, 2010
ek sal nou bietjie gaan ondersoek instel, maar ek los net eers ‘n bossie daisies by jou blogdeur :))
skermunkel het gesê op Februarie 27, 2010
Lou, ek verstaan wat jy bedoel. Ek span saam. Ons het hier dieselfde problemen. Mense die kinders molesteer hoor in die tronk. Dis baie jammer dat ook priesters dit al jaren doen.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Dankie, Katrina.
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Sjoe, dankie!
Die wind het al ons blomme omgewaai.
xx
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2010
Fernand, dis gewoonlik die mense van wie ons dit die minste verwag.
Groetnis en dankie vir die kommentaar.
loudavisi het gesê op Februarie 28, 2010
Dit is so!
normes, waardes, sefrespek is saam met gewete getippex.
xx
loudavisi het gesê op Februarie 28, 2010
Sekerlik. Ek stem saam. As almal net normes, waardes en selfrespek het!
pasella het gesê op Februarie 28, 2010
Ek dink partykeer mense evoleer nog, en baie is nog in die oerstadium.
Doubtingthomas het gesê op Februarie 28, 2010
Ek beskou myself as redelik verdraagsaam met mense se dinge want ekself wemel van die foute.
Maar grootmense wat met kinders lol?
Ai-blerrie-kona! Daardie persoon verdien alles wat hy gaan kry, let him rot, die bliksem!!
loudavisi het gesê op Februarie 28, 2010
Slat jy die spyker mooi netjies, Lewies!
Hmmmmm slim.
loudavisi het gesê op Februarie 28, 2010
Sien jy?
My point exactly.
loudavisi het gesê op Februarie 28, 2010
Dankie tog daarvoor, skitter.
xx
DallaSePa het gesê op Februarie 28, 2010
@ Murphy …. :-)))
jannel1 het gesê op Maart 2, 2010
Ek het gelukkig te lanklaas geskryf om skuldig te wees, alhoewel my blog dalk ‘n vreemde verskynsel is.
loudavisi het gesê op Maart 2, 2010
Nee, wat Jan Nel, jy kan ontspan!
😀
Jou blogs is lig teenoor die ander skuldiges.
ou-sus het gesê op Maart 4, 2010
Praat, jy wat ‘n stem het. Ek sien te gereeld die eindresultate van die luste en nadraai en die seer van die kinders, ek het al gevoel ek kan die helsems soos ‘n broeis hoenderhen kop eerste in die dam indruk, en daar hou tot al wat lus is, geblus is.
loudavisi het gesê op Maart 4, 2010
Ousus, ek hou van “lus is geblus” !
Dit is so ontstellend, en ons weet net van die paar wat vorendag kom. Daar is nog soveel duisende ander wat te bang is om te praat.