Leah Marx

Februarie 24, 2010 in Sonder kategorie

Sy is Hartman se broer se kleinkind.

Gaan google haar naam.

(Ek weet steeds nie hoe om links hier te maak nie.)

Sy is toe Maandag 11:20 oorlede.

Meer as ‘n jaar vandat sy gebore is, was sy in die hospitaal.

Dis tragies, want almal het so gehoop.

Dis wanneer ek weer NIKS verstaan nie.

13 antwoorde op Leah Marx

  1. Ai, jammer, Lou…

  2. Ja, dis tragies.
    Ek dink aan kleinseun Ezra en hoe gelukkig ons is.
    Ai!

  3. Ons sien die Gauteng familie so min, maar hulle is sulke fantastiese mense. Ek kry hulle uit my hart uit jammer.

  4. Ja, sy is nou weg en my hart gaan uit na die nabye familie.

  5. Ek weet net dat die Here se genade vir ons genoeg MOET wees, en dat ons, watookal gebeur, nogtans moet jubel.

  6. Dankie, Sonel.
    Ek voel skaam oor my voorspoed.

  7. Ja, Kelly, Sy genade moet genoeg wees!

  8. Die hoop en blydskap as iets goed afloop, en dan die terleurstelling en die weer probeer, en dan dit!

  9. En die ouma en oupa!
    Kan my dit nie indink nie.

  10. Ek het Leah se webblad gaan besoek, so ‘n pragtige ou gesiggie, op ‘n paar van die fototjies glimlag sy selfs.
    Mag sy nou verlos wees van haar pyn.

  11. Ai Lou, ek is jammer…

  12. Dis baie tragies vir die familie

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.