Inkopies vir Ezra – verkeer.
Februarie 23, 2010 in Sonder kategorie
Maandag, 9uur die oggend staan ek en Hartman voor Toys R Us.
Deure gaan oop. Stap reguit na dit wat ons wil he.
Tien oor 9 is ons klaar, stoel en badstoel in die boot.
Glip gou by die plestiekshop in om die hoek ek kry die telraam en boekies.
Bargain!!
Kry die N1 maklik.
Mall, hier kom ons.
Boeke vir aankope is gelys in die handsak.
Opwinding hoog!
Sit vir ‘n uur bumper teen bumper, beweeg skaars ‘n kilometer.
Vat sommer blindelings die eerste afdraai en ry die heuwels in.
Se ek, Hartman, as ons die see kan sien, dan is ons naby die hospitaal.
Mik so see se kant toe, en wragtag, daar’s die hospitaal.
Kwart oor 11 stap ons in.
Een uur stap ons uit.
Ry reguit huistoe.
Vaaakall Mall
Vaaakall boeke.
Nou wonder ek hoe de hel die besoekers by Groenpunt gaan uitkom vir die WorldCup?
En by die Malls en by hotelle en gastehuise.
Dankie vir Klawer.
Dankie vir die keffie om die hoek.
Ag, dankie tog!
lulu79 het gesê op Februarie 23, 2010
Vaaakall Mall
Vaaakall boeke – jy kan my darem moerse laat lag!
loudavisi het gesê op Februarie 23, 2010
Ek weet wragtag nie hoeveel tyd die Capies mors in die verskriklike verkeer nie.
Mens moet seker ‘n week vakansie neem om by ‘n vaaaaaking mall uit te kom!!
lulu79 het gesê op Februarie 23, 2010
mens ry net op die regte tyd. of jy vermy die mol. of jy maak seker jy ry in ‘n kar met aircon.
loudavisi het gesê op Februarie 23, 2010
aircon en yswater
nooit daarsonder!
Mall?
Ghpfff – nooit gesien!
loudavisi het gesê op Februarie 23, 2010
Dis hopeloos te ver van Feb af.
Maar nevvermaaind, jou plek is geboek.
En vele ander…
loudavisi het gesê op Februarie 23, 2010
Kleine Ezra verkyk hom al al wat boek is.
En die stoel is amazing!!
Ons sukkel om hom uit te kry, smaak my die moedersmelk help vir die dikkerige bene..
HA!
xx
loudavisi het gesê op Februarie 23, 2010
En so gerieflik!
Kyk net hoe krul die tone van genot.
jr_hewing het gesê op Februarie 23, 2010
ek haat ‘n vaaaaking mall en die N1 trigger onderliggende psigiatriese toestande, so ek vermy dit tussen 10 en 7.
monicahaddad het gesê op Februarie 23, 2010
Ek hoor jou Lou :))
pasella het gesê op Februarie 23, 2010
Ek is bly julle is veilig tuis, en ook oor die gerusstelling. Oor die nie – realisering van die malls en inkopies, jy het vaaakin baie gespaar!
En ja, daai klong lyk soos ‘n chief op sy troon!
Maghitta het gesê op Februarie 23, 2010
lekkerrrrr
wens net ek kon vir ‘n slag in ‘n mall kom…
dit kan net pret wees
geniet vir klein Ezra dit is tog die lekkerste ding om hul te bederf
aardsmoeder het gesê op Februarie 23, 2010
Hy is te mooi vir woorde!
Joanna Graham het gesê op Februarie 23, 2010
Haai hulle word darem so gou groot, Lou! Kyk nou net daar. En dis ‘n oulike stoel daai hoor. Nou wonder ek hoe lyk die badstoeltjies deesdae? Lyk my die man gaan lees voor hy skooltoe gaan.
lindiew het gesê op Februarie 23, 2010
Dis dan wanneer ek bly is, ek bly nie op ‘n te klein dorpie nie – ek het nie geduld nie!
Janklaas het gesê op Februarie 24, 2010
Sjoe, dit lyk of jy die outjie al klaar leer om Scrabble te speel!
Hoop jy het herstel van die heiningskok.
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Ek hoop jy kuier lekker en geniet die Kaap, verkeer en al.
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Ek wonder waantoe almal gaan, so baie mense wat nie daai tyd van die oggend werk nie!
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
😀
Doubtingthomas het gesê op Februarie 24, 2010
Ek hou van Ezra se stoel – cute!
🙂
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Dis swaar om so baie geld rond te dra, Lewies!
sug…
‘D
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Dis mos by jou wat ek die stoeltjie eerste gesien het. Sjoe, dis ‘n verligting om hom daarin neer te sit, hy word nou swaar!
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Toys R Us is amazing!
Jy moet net sien wat alles daar te koop is.
Die krag was alweer vannag af, maar dit het te lekker gereen.
Hoop jy het toe ‘n lekker nagrus gehad.
xx
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Ons speel nou lekker pop!
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Ek sal, maar dis effe boring!
lol
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Ons hou maar duimvas dat ouma haar taak goed sal doen met die lesery.
Miskien luister hy!
lol
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Ons bestel meestal oor die internet, maar dit sal lekker wees om in regte winkels rond te loop.
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Die skok is al amper vergete, Jan Klaas.
Nou reen dit darem lekker hier!
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
en gerieflik!
kerneelsie het gesê op Februarie 24, 2010
Soos Oranjeville. Die kooperasie is die grootste gebou. Die enigste teerstraat is die hoofstraat. En hy strek net omtrent drie blokke ver.
Maar jy kan nog daar stop vir twee koppies koffie en ‘n ham & cheese toasted, vir onder R20.
Ek droom wat daai boring lewe Lou.
kobusvictor het gesê op Februarie 24, 2010
Daar was ‘n boer op Kamieskroon wat dikwels Kaap toe moes kom. Hy was daardie tyd in die Internasionale Karakoelraad. Daarvoor moes hy dikwels oorsee gaan. Hy het my gewoonlik gebel en gereël dat ek hom halfpad tussen Malmesbury en Durbanville moes kry. Daarvandaan moes ek sy bakkie bestuur. Sy rede was: Man, my bestuurslisensie geld net tot duskant die stad.
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Dis net die sitstoeltjie, Annemari.
Die badstoeltjie is onder by die kinders se huis…sal nog eendag wys.
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Hahaha!
Ek is bly jy is veilig by die huis.
Ek gaan later op jou blog inloer.
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
My eie het sommer in ‘n appelboks gesit!
en soms in nood daarin geslaap.
skermunkel het gesê op Februarie 24, 2010
Waar is myn stoeltjie Lou?
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
In die pos, Fernand!
Ek sal nooit van jou vergeet nie..
lol