Ons is veilig terug, Therina en Tronkie

Februarie 22, 2010 in Sonder kategorie

Vaaaaaaaaaaaaaaaaaking BAIE dankie vir die naweek!

Sjoe julle is greater as great.

Die skok toe die Filistyne op ons is, is iets wat ek nooit sal vergeet nie.

Tronkie se terapie “May Day-behandeling”  het sumier gewerk, selfs die brandwonde is nie meer sigbaar nie. 

Waarskuwing:   Moenie op Therina se hoewe gaan kuier en saamstap om die skapies hok toe te bring nie….

BLY IN DIE HUIS!!!!  Se jy is lighoofdig, of het ‘n kramp of iets.

Moenie uitgaan nie!!!  

Bly daar net vir die kos!!!

Die vrou mag kook….en geen vervelige oomblik word gewaarborg.

Maar dit weet julle al.

Daai twee slat my asem weg.

Bly net weg van die lektriek heining.  

Daai besigheid het my van vertikaal tot horisontaal geslat.

Flat on my face – ek se jou!

Die mediese uitslae het vir Hartman so positief (dankie Tronkie, ek GLO jou aandeel dra veel meer by as die spesialiste sin) dat hy jubelend verklaar het, hy is reg vir nog talle kleinkinders.

Ek groet nou eers en meer nuus later.



31 antwoorde op Ons is veilig terug, Therina en Tronkie

  1. Bly saam met jou oor Hartman se goeie nuus,Lou.xx

  2. Ek is bly vir jou en Hartman

  3. En ek hoop jy is bly ek het die lektriek skok oorleef!

    Dankie, Modderkoekie.

  4. Fernand, ek is so verlig oor die uitslag en om weer by die huis te wees.
    Ek verlang na die skool…..lol

  5. Dankie tog vir blogvriende. Dankie tog vir VRIENDE! En ek is saam met jou bly, Lou!

  6. Natuurlik is ek bly jy het die lektriek oorleef Lou!
    Was net bang as ek iets sê daaromtrent klink dit dalk onsensitief… :0)

  7. Ja, Joanna, vriende in Blogland is werklike mense en werklike vriende, al skok hulle heinings jou moertoe!

  8. Ek het ‘n nuwe wip in my stap, Ghaap!

    😀

  9. BAIE BAIE goeie nuus! Bly die naweek was lekker en die uitslae positief 🙂

  10. ne. lekker onderlangse gekuiery.

  11. Wat van ‘n ‘laat Lam’?!
    ;-)))

  12. Zeelia het gesê op Februarie 23, 2010

    Klink na ‘n kuier en ‘n half…gelukkige jy/julle…
    Ja-Nee ek het gedog die heining is om bobbejane van die mielielande af te hou?? LOL
    Sterkte ek hoop jy kom gou oor die skok 🙂
    ‘n Laatlam is die beste medisyne ooit, vra my ek weet 🙂

  13. Beslis Tronkie!
    (Nie vir die kleintjie nie, ek bedoel die “my beurt” een)
    xx

  14. Is jy nou al ingesettle?
    Volgende Kaaptrippie, sien ek jou beslis!
    xx

  15. Therina, wens jy kan vanoggend my huis sien. Die wind het laasnag MAL gegaan en al die roet uit die koorsteen afgewaai kombuis toe!

    Ek sal lekker by die skool sit, terwyl iemand anders opruim. haha!
    Groetnis vir die fam.
    xx

  16. Dankie, Anha.
    Die mense en diere wat daar woon is al gewoond daaraan, smaak my as hulle biekie af voel, doen hulle die sjokding moedswilliglik.
    😀

  17. Toemaar MK, ons het lekker oor jou geskinder en bewonder. Ons laaik jou!!
    xx

  18. Dit was nie ‘n MOB nie!
    hehehe…
    hoop dit gaan baie goed met jou.

  19. Se Hartman vanoggend dis lekker om by die huis te wees, se ek ja, lekker as jou eie muskiete jou bykom.
    🙂

  20. Zelia, hou verby met die laatlamstorie!
    Ons sportmodelle wil/kan nie meer nie.
    xx

  21. Ek hoor jy’t so lekker daar gekuier.
    Spyt ek het jou gemis, en ek hoop alles gaan baie goed daar doer in die vreemde.

  22. Jy hoor skeef, DsP.
    Whahaha!
    NEEEEEE!!

  23. Wel nou is julle altwee ups en hups jy reg geskok en hy reg gesny, twee splinter nuwe besems!

  24. Ek is ook baie bly oor Hartman se nuus!!

  25. Die hitte is nou op ons, Monica!
    Wou mos brag sonder “touch wood”
    tsk…

  26. Ja, Thomas.
    Die nerwe was vooraf maar dun.
    Sjoe, ek is ook dankbaar.

  27. yep, ekke, so dankbaar – ek het al drogbeelde opgebou

  28. Daai mense is die sout van die aarde, Annemari!
    Wens jy kan hulle ontmoet.

  29. hallo antie …..dis ekke hie …..

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.