WINDOWDRESSING

Februarie 17, 2010 in Sonder kategorie

….is nie so ‘n slegte idee nie.

As mens kuiergaste kry, sorg jy tog dat die menu vooraf beplan is

die huis netjies, die beddens skoon oorgetrek.

Ons skooltjie kry die belangrikste gaste ooit!

Uitvoerende komitee van die WKOD.

Besoek 22 Februarie 2010.

Eerste in die geskiedenis.

Ons spit en polish.

Voor ons die boodskap gekry het, het ek al my verlof vir Maandag 22 Feb ingevul.

Dit gebeur bitter min dat ek ‘n dag verlof neem.

Hartman moet daai dag 12u in die Kaap wees vir mediese doeleindes.

Hy mag (dalk) nie terugbestuur nie, so ek het aansoek vir dringende privaatsake ingedien.

Ons ry al Saterdag – kan mos nie die ver optog in een dag heen en weer nie.

Liewe Therina en haar Baardman het geaanbied (soos die Ingelsman se) dat ons daar oornag.

Dan die gastehuis vir Sondagaand.

Maandag Hospitaal en huistoe. 

So, ek mis al die sports by die skool….en die spanning ens.

Weet nie of ek bly of spyt moet wees nie!


29 antwoorde op WINDOWDRESSING

  1. lulu79 het gesê op Februarie 17, 2010

    Ja, wees liewer bly. Grand-wees put mens net uit.

  2. Jy moet nie spyt wees nie.
    Hulle moet die klus maar klaar sonder jou.

  3. Goed gaan daar.

  4. sjoe-sterkte met die Kaap-trippie!
    Jou skool lyk so agtermerkaar-als sal goedgaan-selfs sonder jou!

  5. Jy lees my, MaanKind.
    So goed!

    Ek gaan vir ‘n slag Mall toe!!!!

  6. Moet egter ure se werk insit vir die plaasvervanger.

    Doen dit die keer met liefde!
    xx

  7. HAHAHA!
    JA, julle moet maar probeer omsonder my klaar te kom.

  8. Dankie, Berwick.

  9. Hmph!

    Dalk moet ek ophou om te spit en polish.
    Sal die res ‘n les leer!

  10. Ek het so gehoop, Tronkie.
    Eintlik geweet!

    Sien jou Saterdag..

  11. Die ailemente het 5x vermenigvuldig.

    Ai, ek hoop tog alle toetse is voordelig.
    Kan nie positief/negatief hier in die regte sin gebruik nie.

    Dis hart, rug, gal, lewer.
    Wonder of ons ooit ligdag die huis sal sien.

  12. Maak ‘n kuier daarvan, hoop die mediese kant is A-ok!

  13. Wees bly. BAIE bly! Dis die een kuier wat mens maar ‘n mis kan gee 🙂

  14. Ai, Lou – hoop die toetse se uitslae is bemoedigend.
    En die besoek van die “Big-Wigs” kan sonder jou geskied. Dalk daag hulle nie eers op nie, been known to happen.

  15. Ek met my groot bek!
    Jy moes gese het.

  16. JA!
    Natuurlik…
    xxx

  17. Ek ook, Lewies.
    Ek ook..

  18. Ek gaan by meer belangriker mense wees, Flentertjies.
    Sal Therina en Brombeer se handtekeninge vra…:)

  19. Ek wonder wat hulle by ons kom doen,
    seker tips kom afkyk of so iets.

    😀

  20. Ja, Annemarie, ek gaan liewer saam as om hier te sit en worry..

  21. Ha! Daaraan het ek nie gedink nie, maar sal gereed wees indien iemand iets wil opcheck…
    Dankie vir die goeie wense.

  22. What will be … will be.

  23. HAHA!
    Makliker gese as gedaan.

  24. Dankie Sonel.
    Ek glo ook alles werk soos uit soos dit moet, en op sy tyd.
    xxx

  25. ja, die saligheid van huistoekom!
    Hoop die huis is lekker, skoon en koel as ek instap!

  26. Sterkte met die ondersoek!

  27. Danki Jan.
    Dis nou verby en als lyk A ok!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.