My dag het so goed uitgedraai.
Februarie 12, 2010 in Sonder kategorie
Al die reelings en voorbereiding vir 700 iteminskrywings was teen huistoegaantyd op datum.
Die rugbyveld is in ‘n awesome, perfekte atletiekbaan omskep vir more se Noord-Wes Boland byeenkoms.
Kom by die huis en dink, nee hier wil ek nie wees nie…
Die weer is ok, nie te warm nie, en ek het 3 weke laas dorp toe gegaan.
Bel die ma van kleine Ezra en vra of sy wil saamgaan Dal (Vredendal) toe vir shopping.
Ok, Ezra gaan saam.
In die Dal is daar in die hoofstraat ‘n druiwewa, met ‘n trekker vooraan, met ‘n pap wiel. Gaos! Voel of ons in Gauteng is.
Spietkoppe en verkeersophoping.
Dogter maak ‘n netjiese, slim omkeer en ry terug..draai in by Nonna’s, kwekery met ‘n lieflike restaurant in die buitelug.
Van 3uur tot 5uur het ons daar gelunch – ‘n Lemontree special – tramazine met spinasie, bacon verskillende KASE en slaai.
En geteetime – die heerlikste, sappigste romerigste sjokoladekoek
En met Ezra gechat tot hy uitgeput aan die slaap geraak het….
Toe chat ons spontaan soos voor die kleinkind se tyd.
Ek dink aan al die ouers met kinders ver oor die water (Petrus Pap)
Opregte shame van my af.
En ek tel my seeninge en ek is dankbaar dat my dogter my beste pel ooit is!
Geen shopping kan beter wees as dit nie!
Sal maar iewers in die toekoms my shopping op datum kry.
Intussen is die keffie om die hoek nogals okeirig.
Hou tog duimvas dat more spoedig en sonder te veel foute sal afloop
My maag sit alweer in my keel en my nerwe is dun.
Koebaai vir eers.
xx
loudavisi het gesê op Februarie 12, 2010
Komend van jou, weet ek vir seker!
Ag dankie tog!
xxx
loudavisi het gesê op Februarie 12, 2010
Die ouers se kinders het heeldag pouse gehad.
Die ouers sal sekerlik daaroor moan!
iduplessis het gesê op Februarie 12, 2010
Sterkte vir more. Het gister huisbesoek gedoen. Was by ‘n vrou wie se kinders oor die waters is. Sy’t gehuil en vertel hoe alleen sy is. ek het nie geweet hoe om te troos nie. Weggery met ‘n gevoel van magteloosheid. Want selfs al wil ek verstaan,kan ek nie. Want ek was nog nooit daar nie.
loudavisi het gesê op Februarie 12, 2010
Ek was vir 2 jaar daar, Jak.
Nou is al my kuikens hier op die hoewe.
Prys die Here!!
iduplessis het gesê op Februarie 13, 2010
Sterkte vir vandag. Sluk ‘n sjerrie of iets dergeliks en hou daai nerwe in toom. Dinge het ‘n manier om self uit te werk as jy alles ingesit het om dit te laat werk. En jy het mos.
En onthou sê ek altyd vir bruide: Daar sal iets verkeerd loop, maar niemand gaan dit agterkom nie. Want troues werk so. Dis so mooi dat niemand hulle steur aan die blaps nie.
Selfde met jou byeenkoms. Die hype is so groot dat daai klein dingetjies wat nie perfek verloop nie, geen afbreuk sal doen aan die werk wat jy ingesit het nie.
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Dankie Flentertjies.
Gelukkig gaan dit ‘n koelerige dag wees, se hulle.
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Sjoe, dankie Kelly.
Gewoonlik besef ek eers na die tyd hoe lekker dit was.
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Is waar, Zak.
Laat my dink aan ‘n duur Persiese mat – altyd iets moedswillig verkeerd ingeweef.
Punt is dat almal op die oplossing moet konsentreer en nie tyd moet mors op die oorsaak nie.
DallaSePa het gesê op Februarie 13, 2010
Ek hou altwee my duime vas …
skermunkel het gesê op Februarie 13, 2010
Dag Lou.
Ek is bly jy het gisteren jou dogter en kleinseun geniet.
Ek is seker dit sal vandag goed gaan.
Doubtingthomas het gesê op Februarie 13, 2010
Sterkte vir vandag!
DroomKind het gesê op Februarie 13, 2010
Sterkte Lou! Hoop die dag is ‘n reuse sukses!
Trakie het gesê op Februarie 13, 2010
Ek stem. Dis wonderlik om ‘n dogter te hê!
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Dit het gehelp, dankie
(Vir die duimvashou)
xx
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Ja, ons werk vir geld, maar die ander dinge is vir liefde.
lol
(DANKIE)
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Ek luister nie!
Ek kannie help om te waaaary nie.
lol
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Ons kon plekke geruil het vir die dag!
Maar dis nou overskedovers en alles is finish en klaar!
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Nogal baie rekords gebreek vandag.
Was interessant en o, so koel!
xx
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Dag Fernand.
Dit het toe goed gegaan!
xx
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Thanx Thomas.
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Son het so effe kopuitgesteek, maar ons het heerlike koel weer.
Lekker swot liewe pel!
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Dit was, nou nog net 6 sulkes, dan tree ek af!
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Alles goed afgeloop.
By die aflosse was daar ‘n paar glipsies, maar ek is onskuldig!
lol
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Eb sommer ook as buurvrou.
Wat kan mens meer vra?
xx
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Als het goed afgeloop.
Lekker koelerige weer en baie rekords en geen beserings nie.
So ja, dis uiteindelik verby!
loudavisi het gesê op Februarie 13, 2010
Ek wag net vir nog ‘n uur, dan gaan ek cheers!
en chilax..
xx
DallaSePa het gesê op Februarie 14, 2010
More LouA …
hippieheart het gesê op Februarie 14, 2010
Valentynsdaisies vir jou xxx
loudavisi het gesê op Februarie 14, 2010
More DsP!
Heppy Vellenteins
loudavisi het gesê op Februarie 14, 2010
O, Pragtig!
Dankie
xx
diefotoman het gesê op Februarie 14, 2010
Ek sien jy was besig hier moes ver terug lees om op te vang. Hoop jou dag gister het goed afgeloop en jy het darem so n klein bederfie gekry vandag.
loudavisi het gesê op Februarie 14, 2010
Dankie Spook.
Ek het gewonder wat van julle geword het!
Lekker bederfdag vir julle.
shlwanjan het gesê op Februarie 14, 2010
Dit klink heerlik! (Ek hoop ek sal eendag dieselfde kan sê as my dogter groot is…)
loudavisi het gesê op Februarie 15, 2010
Jy sal kan!
Li-an.a het gesê op Februarie 20, 2010
Toe my dogter oorsee was ,het ek altyd hartseer geraak as ek in die winkelsentrums was en ek sien die n ma en dogter loop en shop. Nou is sy terug en ons shop saam . Dit is lekker ,baie beter as om met manlief te shop.
loudavisi het gesê op Februarie 22, 2010
Natuutlik is dit!
(My gaan as raadgewer saam)
lisabeth het gesê op Februarie 23, 2010
Hallo Lou, Gou teruggelees tot hier. Fotos van Ezra is lieflik! Hoop alles ok met jou man se mediese ietse…het nie die uitslag raakgelees nie! Lekker aand. L
loudavisi het gesê op Februarie 24, 2010
Dankie Lisa.
Die uitslae is ‘n geweldige verligting!
🙂