Al die reelings en voorbereiding vir 700 iteminskrywings was teen huistoegaantyd op datum.
Die rugbyveld is in ‘n awesome, perfekte atletiekbaan omskep vir more se Noord-Wes Boland byeenkoms.
Kom by die huis en dink, nee hier wil ek nie wees nie…
Die weer is ok, nie te warm nie, en ek het 3 weke laas dorp toe gegaan.
Bel die ma van kleine Ezra en vra of sy wil saamgaan Dal (Vredendal) toe vir shopping.
Ok, Ezra gaan saam.
In die Dal is daar in die hoofstraat ‘n druiwewa, met ‘n trekker vooraan, met ‘n pap wiel. Gaos! Voel of ons in Gauteng is.
Spietkoppe en verkeersophoping.
Dogter maak ‘n netjiese, slim omkeer en ry terug..draai in by Nonna’s, kwekery met ‘n lieflike restaurant in die buitelug.
Van 3uur tot 5uur het ons daar gelunch – ‘n Lemontree special – tramazine met spinasie, bacon verskillende KASE en slaai.
En geteetime – die heerlikste, sappigste romerigste sjokoladekoek
En met Ezra gechat tot hy uitgeput aan die slaap geraak het….
Toe chat ons spontaan soos voor die kleinkind se tyd.
Ek dink aan al die ouers met kinders ver oor die water (Petrus Pap)
Opregte shame van my af.
En ek tel my seeninge en ek is dankbaar dat my dogter my beste pel ooit is!
Geen shopping kan beter wees as dit nie!
Sal maar iewers in die toekoms my shopping op datum kry.
Intussen is die keffie om die hoek nogals okeirig.
Hou tog duimvas dat more spoedig en sonder te veel foute sal afloop
My maag sit alweer in my keel en my nerwe is dun.
Koebaai vir eers.
xx
Onlangse kommentare