Jy blaai in die argief vir 2010 Januarie.

ATLETIEK: BLOU @ GEEL

Januarie 30, 2010 in Sonder kategorie

Kleure-atletiek is net iets anders.

Die ouers doen die optog as hulle kinders spanleiers en dirigente is.

Elke span besluit op ‘n tema en dan word hulle opgedress.

Die bloues was Popeye en die geles was Wild Kids op bikes.

Popeye se boot was bo op die trekker en die spulletjie het lekker voor saamgery.

Is dit nie cute nie!

Sien die totale meelewing en genot in die gesiggies.

Vreemd hoe so ‘n optog weemoed wek.  Ek moes trane terugsluk.  Die paar bloues in ons klein skooltjie het die optog met oorgawe aangepak.

Die geles se bikes het gelawaai. 

‘n Ma se noudiedag sy’t soveel binnepret gehad met haar dogtertjie oor die atletiek.

Dis soos ek my voorstel dit afgeloop het:

Doger:  Ma, ek vorder nou baie goed in atletiek

Ma (verras):  Hoe dan so?

Dogter:  Ek het vandag by die oefening die nuwe meisiekind weggehol!

Ma (steeds verras, want sussie is effe lomp, maar die hoop beskaam mos nie): Hoeveelste het die nuwe meisiekind dan gekom?

Dogter (verbaas oor die ma dan nie kan weet nie) : Laaste, natuurlik!

Nou ja, 10 uit 10 vir soveel selfvertroue.

ANGSAANVAL!

Januarie 27, 2010 in Sonder kategorie

Wie ken angsaanvalle?

Dis soos myne vandag verloop het:

Het gisteroggend opgestaan en gevoel iets is weird.

Sit die lig aan ek kyk in die spieel.

Kan niks sien nie, oe is toegeswel.  Die ooglede hang opgeblaas oor die wimpers.  

Trek die oog met die hand oop en skrik vir die aaklikge “deathcomealive” gesig.

Sakke hang vol en pers onder die oe.

Dog toe, ok.  Spoel af met koel water en later sien ek biekie beter.

Vanoggend dieselle ding, net erger.

Kom by die skool. Iemand se ek moet dr toe gaan, want dis my hart.

Pouse se een ek moet huistoe ek lyk siek. Ander se ek is bleek. Ek wil opstaan, maar die aarde draai om en om.  Dog ek dooi sommer net daar, dan is dit sommer ook oor, en niemand hoef my weer so te sien nie.

Gaan dr toe. Dis asof ek elke tree moet beplan. Voel aansitterig, maar kan nie anders nie.

Val sommer op my maag op die bedjie en se, 4k Buksie, ek voel aaklig.  (Ag hy is so dierbaar!)

Hy praat kalm, wil pilletjie onder my tong sit. Ek weier. Se hy moet kyk of ek weer Vertigo het. Hy check, NEE.  

Ok dan my bloeddruk, NEE.  

Hart? NEE.

Suiker? NEE.

Ek se dankie tog ek makeer niks.

Hy se jy makeer iets.  Dis ‘n angsaanval.

Ek se weer dankie tog ek makeer niks.

Hy se ek verstaan nie, ek makeer iets – dis ‘n angsaanval.

Hart klop so dat dit BONS, bewe soos ‘n riet in die oostewind.  Mond kurkdroog. Keel toegetrek so dat ek skaars kan praat. Voel of ek dronk is, stap val-val en leun teen mure en meubels.

Nou loer ek deur opgeswelde skrefies oe.

Weet steeds nie hoekom dit so is nie.

Voor ek weer een kry se ek eers koebaai.


MATRIEKAFSKEID – my opinie, Therina

Januarie 25, 2010 in Sonder kategorie

Was op vele afskeide, en ek kan met oorgawe die volgende kwytraak, want ek ken die waarheid:

Die kinders WIL nie gaan nie….hulle sit daar soos poppe en is so gespanne dat hulle skaars daai “kosbare” kos kan eet.  

Die personeel en beheerliggaam ens. sit daar en verkyk hulle aan die kinders – natuurlik sal hulle selfbewus en gespanne wees.

My voorstel:

Bou ‘n moerse hok op die rugbyveld.  

Kleredrag – jeans en tekkies.  

Sit die tafels vol kos en drank ens in die hok.  

Sluit dit en neem die sleutel saam.

Hulle gaan anyway drink en jol op ‘n afterparty en dan bestuur en dan……die hemel weet!

Hulle gaan net matriekafskeid toe om na die afterparty toe te gaan.

Hulle sit in afwagting daarvoor.

Hou hulle so veilig – dan kan al die ouers rustig slaap en  hoef nie te worry oor waar hulle kinders is nie.

Dink aan al die geld wat ouers gaan spaar met rokke, hare en make-up!

What a waste..




KANTOOR IS KLAAR! Ezratjie voel tuis daarin.

Januarie 24, 2010 in Sonder kategorie

Sorry vir die gordyne – kan nie hier rond koop nie – sal as ek eendag weer op ‘n plek kom uitkyk vir nuwes.

Die rekenaar moet nog gelaai word met die programme, en die flatscreen is bestel.

Die groot skildery is een van my dogter se eerstes.

Ek is nog nie heeltemal ingetrek nie.

Het darem ‘n uitsig op die tv.  Net miskien begin ek weer kyk.

Ezra bewonder een van sy ma se ander skilderye teen die oorkanste muur.

Die mannetjie is nog ‘n week of wat van drie maande af en dring daarop aan om te staan.

Net gou voel of alles in plek is.

Ons kom hom nie van die skildery af kry nie.

Sy ma is natuurlik in die wolke oor die bewonderaar.

Sy koors het Vrydag eers gebreek, en nou is hy weer vol smaails en chat saam as ons stories vertel.

Ek gaan hom stukkie vir stukkie opvreet!

Ezra is olik

Januarie 21, 2010 in Sonder kategorie

Klein Ezra was eergister vir die spul inentings.

Vandag het hy koors.  Die eerste keer ooit.

Sommige mense weier om die inentings vir hul babas te gee.

Blykbaar veroorsaak die een vir griep en longontsteking, ADH.

Hy skree middae om.

Die ma is moedeloos.

Die ouma is bekommerd.

As hy nie honger is nie, en sy broek is droog – waaroor skree hy dan so?

Lyk nie of hy krampe het nie….

Onthou julle nog my blog oor die Indiane en hoe hulle hulle kinders grootmaak?

Nou wonder ek of ek daai neus-en mondtoedrukding moet doen…as hulle dit regkry, hoekom kan ons nie?

As dit koliek is, gee tog raad…ons is moedeloos!

Therina, jy MAG nie se dat jou een geskree het tot hy 6 was nie. 

Gee hoop asb.

Hope stilte word julle toegewens.



Vroegoggend gesprek in personeelkamer.

Januarie 20, 2010 in Sonder kategorie

My liewe vriend en kollega is altyd eerste in die personeelkamer, want hy ry die bussie en eerste ding wat hy doen is om die urn aan te sit vir die eerste koffie van die oggend.

Vanoggend staan ons twee alleen by die tee/koffie tafel en chat, toe stap nog ‘n kollega in.

Hy loop hinkepink en se:

“Ek voel nie lekker nie.  My enkel is geswik, my kop is seer, en een stopsel het uitgeval, ek is besig om inmekaar te val.”

Se my liewe vriend:

” Ek en juf Lou kan nie meer inmekaarval nie.  

Ons parte is nie meer beskikbaar op die mark nie”

Wat se dit nou vir julle?

IS ONS OUD OF IS ONS OUD?


My eerste keer in ‘n bib

Januarie 19, 2010 in Sonder kategorie

Boekkoper het my aan die dink gesit (dankie boekkoper)

Ons het in die noorde van Worcester gewoon.

Ek was in Gr 1.

Kon glad nie by die dorp uitkom nie, want dit was hopeloos te ver.

Ek onthou dat my ma altyd ‘n boek of twee op haar bedkassie gehad het.  Toe vra ek daaityd of ek een kan lees.  Toe se sy nee, die boeke is nie vir klein dogtertjies nie, maar sy sal my bib toe neem, dan kan ek self kies.

Die bib was in Hoogstraat. Eintlik was daar twee bibbe langs mekaar.  Een vir kinders en een vir grootmense.  Ek is ingeskryf en gese ek mag twee afrikaanse en twee engelse boeke uitneem.  

Ek kon net nie kies nie!   My ma se toe ek moet besluit en neem, as ek nie daarvan hou nie, kan ons dit weer kom omruil.   EK KON DIT NIE GLO NIE!   Het mos toe nie geweet hoe die besigheid werk nie.

Ek kies toe.  Toe ons in die ry staan om gechap te word, het my oe bly dwaal na die rakke.

Het toe my kans gevat en nog boeke gaan haal en ander terruggesit…en weer geneem.  Die tannies in die ry het hardop gelag en ek kon nie verstaan hoekom nie.

Nou is die pragtige gebou ‘n Slamse winkel waar mens vir baie goedkoop enige kombuisware, lakens, gordyne ens. kan koop.   Was laas vakansie weer daar, en elke keer vertel ek weer van my eerste ondervinding van boeke uitneem.



Do it yourself werk nie meer vir my nie.

Januarie 16, 2010 in Sonder kategorie

Kantoor:

Die rakke is in, die lessenaar/toonbank is in. 

Die stof is weggewas – geen hoedrukspuit is toegelaat (Grrrr)

Ek is oor en verby met do-it-yourself.

Moet nog net vir Hartman daarvan oortuig, maar sal dit mettertyd, diplomaties doen, en maak of dit sy voorstel is. So word dit gedoen, as jy jou sin wil kry.

Goeie raad aan alle vroue:

Vroegoggend as jy sy koffie op sy bedkassie neersit se jy:

Hene, liefie, jy het gisteraand die briljantste ding gese, (al het hy nie) en dit het my laat dink dat ons nou te oud is vir doityourselfgoeters, of watookal jy GEDOEN WIL he.

Dan brei jy uit op wat jy wil he, en maak of dit sy plan is.

Na die tyd bewonder jy sy IK en bedank hom oor en oor en hy voel GREAT en jy SMILE IN DIE MOU!

Doen dit!

Dit werk alweer werklik.





As my kantoor die dag klaar is…

Januarie 14, 2010 in Sonder kategorie

Gaan ek alles in my huis uitdra.

En dan…..

Dan gaan ek die huis met die hoedrukspuit bykom

van binne af, plafonne de lot!

Hoe’s daai vir ‘n vinnige opruimplan?



Back to school – sug

Januarie 10, 2010 in Sonder kategorie

Ek het hierdie idilliese gesig gesien van hoe ek die vakansie soggens met my mandjie met die nodige proviand by die swembad gaan deurbring, soos in die verlede. Ons hou nooit vakansie nie, die lektriek besigheid is op sy toppunt hierdie tyd van die jaar.  

Was vandag vir oulaas vinnig in en uit die water sonder mandjie en boek en pienkstoel….

Ek is spyt oor baie dinge.

Spyt dat ek te hard gewerk het, en as ek weer sien, moet ek alles weer oordoen, ek meen hoeveel keer moet mens ‘n koppie was, afdroog en wegpak  – dieselfde koppie?

Spyt oor onweerstaanbare en nuttelose aankope gedoen.

Spyt dat ek nie 65 is sodat ek kan aftree nie.

Spyt dat ek geen boek gelees in 2009 kan aanbeveel nie.

Spyt dat ek soms te vinnig reageer en dan die jongeling seermaak met woorde.

Spyt dat die vakansie een week te kort is.

Spyt dat ek 2 kg opgetel het.

Die woord “spyt” irriteer my nou en ek het die begrip van die woord sopas verloor – daaroor is ek nie spyt nie.

Hoop nie julle is spyt oor enige iets nie.

Groetnis tot die flippen klok weer sy laaste lui gelui het.