Jy blaai in die argief vir 2009 Desember.

OUJAAR

Desember 31, 2009 in Sonder kategorie


Ek is laat vir die bal en moet my haas, want my hart se punt wag en as die klok 12u slaan is dit over en out….

Hoop die nuwe jaar bring vir julle voldoende

vreugde,

vrede,

verdraagsaamheid,

voorspoed,

vasberadenheid,

vergewing,

vermaak,

visie,

vrolikheid,

En geen:

vrees,

venyn,

verlies,

verwering,

verkwisting,

verlange en 

vaarwelle nie.

Mag elkeen van julle, dierbare vriende, op ons Verlosser en Vredemaker gerig wees.

SIEN JULLE WEER VOLGENDE JAAR!



Skoolfoto

Desember 30, 2009 in Sonder kategorie

As dit nou nie oulik is nie!

My hoof het die plan uitgedink en ek moes op ‘n leer staan om die foto te neem.

Die hele skool se kinders amper ingekry.

Dit was ‘n gedoente om dit te organise.

Net so ‘n back to school gedagte om myself te motiveer.

Dis overskedovers!

Desember 27, 2009 in Sonder kategorie

Alles is so stil en vreedsaam hier – geen geluid meer nie, selfs die wind het gaan le.

Die Engelse gaste is na middagete terug Kaap toe. Die huis voel leeg en kaal.  Die een sitkamer se meubels is getrek na die nuwe huis.  Volgende week word die lee deel van my huis omgebou in my EIE kantoor.  

So dan is dit koebaai leptoppie en kombuistafel.

Hartman het vir my ‘n kantoorstoel gegee vir krismis.  Dit staan nou alleen daar en wag vir die meubels om om dit gebou te word.

More kom my suster en my ma vir die dag kuier.  Eerste keer wat hulle klein Ezra gaan sien. Hoop hy gedra hom mooi en bere sy geite tot na hulle weg is.

Ek is dankbaar alles is nou uiteindelik weer normaal.  Ek hou van roetine en my lyf werk net op tyd. Dis die skool se skuld.  Nou al 52 jaar wat ek op klokke reageer. (Vandat ek die eerste keer skool toe is)  

Wonder of ek met aftrede eendag sal kan verander – mens weet nooit.

Ek hoop dis net so stil en rustig by julle.




My Krismasbox

Desember 26, 2009 in Sonder kategorie

Dis vir my so mooi.

Eers gedog dis Elza se handewerk, maar sy se nee dis nie sy nie.


Verlange

Desember 25, 2009 in Sonder kategorie

Ek begin nou eers verstaan wat verlange is.

Ok, ek verlang na my ma, en my EIE familie, my broer en my suster.

Ons was laasnaweek almal bymekaar en nou voel dit so leeg.


 

En, ja, ek verlang na my kleinseun, al is hy net hier oorkant.

Oukersdag-gaos!

Desember 25, 2009 in Sonder kategorie

Ek gaan gister se gebeure net neerstip.

1. Die dogter, Engelsman en kleinseun trek in hulle huis in.  Dis omdat die engelsman se familie van die Kaap af vir die naweek kom kuier.

2. Huishulp daag baie laat op. Het heelnag met ‘n asma baba gesit.

3. Hartman en dogter ry Dal toe vir LBF’s.  ‘n Dronkie hol voor Hartman se bakkie in. Polisie, ambulans, ooggetuies ens.  Die ou is oraait.  Hartman het 2 gebreekte ribbes (laasweek in die nag teen ‘n nuwe tafel in ons kamer geval – my skuld.  Mens skuif nie meubels rond nie, sien?

Die skielike briektrap en die stamp teen die stuurwiel help die pyn aan.

4. Ons leibeurt was ook ‘n hoogtepunt. Die stopper het in ons pyp ingesuig, en die kanaal het oorstroom.  Ons moes met drade die besigheid probeer uittrek, anders vrek alles en die dam is buitendien dolleeg. Genadiglik kry ons dit betyds reg.

5. Klein Ezra sweet vreeslik en ons worry ons disnis.  Dr toe.  Sit pypie aan tottie om piepie op te vang om te toets vir who knows what.  Neem die piepie later weer dr toe.  Hy toets en se ons moet Dal toe vir ‘n voorskrif.  Dis toe al amper 5nm.  Onmoontlik om betyds daar te kom.  Die water wys hy het te veel suur.  

6. Teen Egolityd vra die dogter wat ons dan gaan eet.  Steek vuur aan en gryp hier en daar vir ‘n ietsie…die manne is nog besig met die rioolwerke by die nuwe huis.

7. Teen half sewe sit ek om Egoli te kyk. Kleinseun op my skouer.  Toe Baby Botha “Stille Nag” sing, kry ek koue rillings – dis so mooi – en bars in trane uit.  Dogter vra hoekom en tjank, ek se ek is oud en moeg.  Sy kyk my en se ja, Ma is oud.  Ek se gaan bollie in regte Namakwalands, toe bars ons uit van die lag.

Teen 8 uur daag Kersvader op.  Ek het DIE MOOISTE present gekry.  Dis ‘n kunswerk en ek het ‘n vermoede dis een van ons bloggers hierrond se handewerk.  As ek seker is, sal ek se.

Vandag is die GROOT eet, al die vleise is gaar en gesny en die res in wording.

He ‘n lieflike, vreedsame en verdraagsame Krismis.

Julle vriendelike blogmaatjie

๐Ÿ˜€





Klein Ezra: nog 8 dae dan is hy 2 maade oud

Desember 23, 2009 in Sonder kategorie

En die kyk?

Wonner wat dink die outjie..

Die jongeling speel met sy susterskind. 

Ezra dink ???

Ok, die oom is nogal snaaks.

Sal maar smile.

Dalk hou hy op.

Hahahaha!  lekker giggel vir die snaakse oom.

Hy hou ons besig besig besig!

Die naweek

Desember 20, 2009 in Sonder kategorie

Die naweek by De Kelders.  Weet die eienaars van die eiendom waardeer wat hulle het.

Die agterdieklip Namakwalanners het so lekker op die stoep gekuier.  Die trippie is sowat 6 ure se ry van hier af.  

Ry, pardy, slaap bietjie, ry terug…dit was SO die moeite werd. 

Kon vir ‘n slag lag tot die trane loop en die maag opkrul.

Ons is dankbaar om ongeskonde tuis by die huis te wees.

Pst…julle Transvalers en Vrysataters weet net nie hoe lieflik is die paaie in die Wes-Kaap nie. Nie ‘n krakie of ‘n gelapte stukkie teer nie.

Dis al vir nou, slaap toe oe.



.

DENTAL DINGE

Desember 13, 2009 in Sonder kategorie

Nou wat dit redelik stil is op hierdie oostewinderige Sondagoggend, lees ek gou ‘n paar blogs.

By Klarisabet sien ek sy is met tandartse deurmekaar.

Dit trigger toe my onthou. Hier volg my traumatiese ondervinding met tande:

Destyds toe ons op Villiersdorp gewoon het, was daar nie ‘n tandarts nie.  Toe daar uiteidelik een kom, besluit ek om elke week te gaan, sodat hy ou stopsels kan oordoen.  Die eerste keer was ok, die tweede keer kon ek nie opstaan nie, my bene het onder my geswik…en net daar was genoeg mos genoeg.

Twee jaar later woon ons op Worcester.  Tand begin pyn en kry toe ‘n afspraak by een in die Medi City gebou.  Die ou check my gebit, maak tsk tsk, spuit dood en loop uit.  Die assistent wou net uitloop, toe draai sy om, frons, stap nader, voel my hartklop en gil op die tandarts om te kom.  Hy het my net een kyk gegee, en toe sy buurman, ‘n gp, gaan roep.

Hy red toe my lewe met kortisoon en antihistamien ens.  Ek weet van niks.  Onthou net die roggelende asem en verskriklike hartklop.  Vyf ure later kom ek toe by in die gp se spreekkamer…..met steeds die ergerlike tandpyn.  

Die feit is dat ek ‘n allergie ontwikkel het teen lokale verdowing (lignokaine).  Van toe af is dit hospitaal toe vir narkose as ek probleme ondervind.  Strepsils het ook lignokaine in, en sommige keelmedisyne.  Ek is baie versigtig voor ek enige medikasie neem.  Lees elke woord op die pamfletjie en doen navraag ens.

Daar is al mense dood in die tandartstoel, verneem ek.

Was ek toe nog op Villiersdorp, was ek nie nou hier om die storie te vertel nie, want daar is nie dokters langs die tandarts nie.

Wie is saam met my bly?

 ๐Ÿ˜€ 





STRANDFONTEIN

Desember 11, 2009 in Sonder kategorie

Laas Vrydagaand het ons personeel by die gastehuis op Strandfontein gepardy.

Die uitsig is van die gastehuis se balkon.

Die lieflike wolke en koel briesie was ‘n kontras teen die hitte van Klawer.

(Klawer is 45min teerpad van Strandfontein af.)

Die dorpie.  

Daar’s net een keffie.  

So, as jy dink aan kuier op Strandfontein, bring genoeg proviant. Dit sluit ys en water in…   ๐Ÿ˜€

Ek en Hartman het in die gastehuis oornag, sommer met die skuifdeur oop en is met die ritme van die oseaan  aan die slaap gesus.

Gelukkige MK en Therina wat dit gewoond is!

Pst, ek dink die kleinseun is gesuip  

Sy maag staan doer.

๐Ÿ˜€