Jy blaai in die argief vir 2009 November.

WAT MOET MENS DOEN OM…

November 11, 2009 in Sonder kategorie

‘n foto van jou gesig op ‘n posseel te kry?

wonder ek….

ONDERWYS

November 9, 2009 in Sonder kategorie

Ek lees by CreamSoda oor die veranderinge in die onderwys.

Het so uitgesien na een jaar waar ek kan vakansie hou sonder die spanning en ure se beplanning. 

Die eerste jaar van “Mypale” is amper oor. Dog alles is nou mooi in plek.

Sug….

Ek het besluit:

Ek gaan shutupmyface en gowiththeflow

Daar is buitendien nou ander dinge in my kop.


Ezra 5 dae oud

November 7, 2009 in Sonder kategorie

Ezra se huis staan einde se kant toe.

Ezra, ds, opvoeder, prof?

Who knows?

Ouma se liefling..

You can’t blame me….

KLIPWERF!

November 6, 2009 in Sonder kategorie

Dis ons kermis naweek.

Gisteraand het dit begin met ‘n gemodel van die kinders en ‘n kies van Mej Klawertjie ens…

Die kinders het soos wafferse gesoute models gemodel.

Vanaand is daar ‘n dans met Klipwerf.  (Ons is nie van hierrond nie, ken ook importante mense) Een van die Klipwerwers woon op Klawer en sy kinders is in ons skool.  Dis nou klaar en al te fraai met blomme en throws en kerse ens.  Die spit braai solank die vleis.  Ek self hoef nie daar te wees nie, en al wou ek hoe graag, die ou bene sal dit nie maak nie.

More skop af met ‘n pretloop, dan boeresport. Balgooi is een van die items — neeeeee!  Mens sit die bal in ‘n sokkie en dan swing jy dit en kyk wie gooi die verste.  

Teen 14:00 behoort alles overskedover te wees.

(Spesiaal die woord gebruik vir Flentertjies)

Klein Ezra tjank nog nie onnodig nie, en slaap sy dae om.  Hy is more 5 dae oud.

Sal die naweek die foto’s update, sodra ek asem kry.

He ‘n lieflike, rustige Vrydagaand.

Ezra en sy huis

November 2, 2009 in Sonder kategorie

Ezra, een en ‘n halwe uur oud, in sy trotse pa se arms.

Die ma se hy lyk soos ‘n smurfie.

Hulle is nou by die huis – in ons dae moes ons vir ‘n week in die hospitaal bly….

nou is dit in, kraam, uit!

Ezra se huis sover.  Die dak is nou al op, die pleisterwerk klaar en die eerste laag verf….


OUMA LOUA HIER!!

November 2, 2009 in Sonder kategorie

Ezra is 4:25 vanoggend gebore.


Hy’s die mooiste, cuteste baba ooit!


Ma en seun is gesond en gelukkig.


Ouma Loua is MOEG!!


DIS SULKE TYD

November 1, 2009 in Sonder kategorie

Die water het net na 3 vanmiddag gebreek.

Dis amper 9u en sy het nog geen kontraksies nie.

Is rustig in die hospitaal met die Engelsman wat haar hand vashou.

Ons is tuis, en dis op haar aandrang.

My nerwe is styf soos kitaarsnare.  Een harde pluk en amper ouma gaan skiet!

Nou wyn ek biekie vir die nerwe.

En ek wonder……