Boeke ens

November 29, 2009 in Sonder kategorie

Ek het nou nou op Carte Blanche van een van Antjie Krog se boeke gehoor, maar die titel gemis.

Hellooooo!   

As iemand weet wat die titel is, gooi!

Dankie.

Die ander een op my Kalahari lysie is The Help – Katherine Stocket.

Ek is nou opgewonde oor my maand op die pienk opblaasstoel op die swembad en my krismis presente aan myself.

Nog iets:

Doen een van julle hier die “work online, business from home” besigheid?

Of dalk weet julle van iemand wat dit doen.

Hier is iemand op die dorpie wat navraag gedoen het by my en ek weet NIKS.

Het al talle male op verskeie van die advertensies reageer, maar mens weet nooit wat werk en wat nie. 

Miskien kan ons so iemand help wat desperaat is vir ‘n werk.

Sy is baie vaardig met die tikkery en ken meeste van die programme.

Mag julle ‘n salige Sondagaand beleef.


26 antwoorde op Boeke ens

  1. Die boek is “Begging to be black”—soos gewoonlik, as ek nou reg lees vandag, weer een van haar kontroversiele pogings

  2. A nee a Lou! Heeltemal te heavy vir vakansie lees! Jy moet mos ontspan 🙂
    xxx

  3. Toe ek dit google het die titel opgekom, en ek het gewonder of dit die een is.

    Miskien moet ek dit liewer los.

  4. Enige ander voorstelle, DK?

  5. Dankie Ghaap, die kinders kom nou nie meer skool toe nie. Net die stoutes wat opdaag…

  6. I.V.M ONLINE/WORK FROM HOME-MEESTAL ‘N SCAM.VERAL AS JY BY REGISTRASIE ‘N FOOI MOET BETAAL

  7. Berwick het gesê op November 29, 2009

    Dalk ‘n lekker vakansie-boek – ‘n speurverhaal: “The girl with the dragon tattoo” – Stieg Larsson.

  8. Lyk my dis ‘n doodloopstraat dan.
    Tsk…

  9. Flentertjies, ek dink ek is verby die crime stadium.
    Het hopeloos te veel daarvan gelees.

  10. Ek sien jou punt.
    Almal vra eers geld.

    Dog hiers iemand wat weet wat werk, maar lyk my dis maar duister.

  11. Ok, MK.
    Ek sal daai boek eers laat vebygaan.

    Die online besigheid is duister.

  12. Het al daarvan gehoor, Berwick.
    Sal dit opspoor.
    Dankie!

  13. ek kan ook nie help nie.. maar salige week x

  14. Ja, “Begging to be Black” Max du Preez het daaroor in Rapport geskryf. Maar ek stem saam – dit lyk bietjie heavy vir vakansie-lees. Wat daardie Internet-besigheid betref. Hou maar verby, dis bullshit-stories en meestal scams.
    Nog elf slapies……
    🙂

  15. Ek sien, sorry!
    Ek het heeltyd gesit en wag vir die stukkie op die program, toe mis ek dit sowaar.
    Mooi loop.

  16. Ek weet, en kos!

    Ai, nou is daar ‘n maand van honger kinders op straat…sal kyk of ons iets daaraan kan doen.

  17. Net 11?

    Ek sal my agterent moet roer.
    Daar is nog baie wat gedoen moet word.

  18. Ek dink ook so!
    xx

  19. Ek kannie doie boek se naam onthou nie, maar wat baie interresant is , is dat selfs ou Max du Preez reken daai antie het nou die kat aan die stert beet…nou ons weet mos dat Maxie nie juis Boer/Afrikaners vriendelik is nie, maar ek verwag dat selfs nog in my leeftyd, hy ver regs gaan word. Die ANC sorg mooi daarvoor en om eerlik te wees, nes in Europa, het meeste blankes&bruines so stadig begin beweeg na regs. Ja, selfs die DA is regs van die ANC/Commie brigade.

    O ja, en stuur gerus jou antwoord op my blog oor die gay issue.

  20. philvr het gesê op November 30, 2009

    Hallo Blommie,

    Nee ek weet nie doen net die llang afstand werk van die huis af.
    Ek is weer tewrug na 8 maande en is weer in Saudi Arabie.

    Mooi loop,

    PvR

  21. Sjoe, Boerseun, ek gaan liewer nie in die politiek in nie. Ek weet wat ek weet en verder hou ek my lippies styf toe.
    Ek is versot op Antjie Krog se skryfwerk. Sal maar sien as ek in ‘n boekwinkel kom en dit in my hande vashou – miskien voel ek dis myne!

    Ek kom nou by inloer.

  22. Ah, uiteindelik is jy weer hier!

    Welkom!
    Ek kom nou kyk wat by jou aangaan.

  23. oe Lou, sy moet maar baie vêr wegbly van daardie tikkery advertensies af, veral die een wat adverteer vir tiksters om data invoere te doen…een groot verneukspul. Hulle vat jou administrasiefooi en dan kry jy net NOOIT werk om te doen nie.

  24. Dankie vir die inligting, Trouby.
    Ek het nou ‘n rede om haar af te raai.

    Groetnis

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.