Slange! UGH!!

November 28, 2009 in Sonder kategorie

Kyk wie kuier toe lekker op die nuwe huis se voorstoep.

Die Engelsman het ‘n soortgelyke een (het die een gegoogle) op sy voorstoep gekry.

Hy het ‘n foto met sy selfoon geneem, toe soek ons tot ons die outjie kon pinpoint.

Kaapse Cobra of geelslang.

Die werkers het die slang doodgemaak en uitgebrand.  Hulle glo die slang se familie sal die dooie een besoek as hy nie uitgebrand word nie.  

Ek se, laat hulle liewers kom, dan hou ons ‘n massabegrafnis…eerder as om te wonder waar die res is.  Waar is die res?

Ek meen sy ma en pa en al die boeties en sussies….en hoe kom hy hier?  

Hulle se die slange kom agter water aan en vind ‘n gesellige plekkie onder die toilet se deksel.

Sal nou nie meer met gemak gemaklik kan raak nie!

Hulle nekvelle span styf as hulle skrik en byt sonder om te vra  – dodelike gif.

Ek trap nou suutjies ..

57 antwoorde op Slange! UGH!!

  1. wat `n meesterstuk in beweging…so mooi soos sy is net so dodelik…

  2. Iets wat my kon oortuig om die staande posisie in te neem!

  3. eish…..stuur dit in vir 50/50.. en wees verskriklik versigtig.

  4. Onder die deksel? Laat my toe aan hierdie een dink:
    http://letterdash.com/TigerLady.za/how-to-save-on-toilet-paper
    Baie nice specimen!

  5. Dankie vir die roos, Elsie.
    🙂

  6. Nie hier naby nie.
    Ons het al voorheen die polisie laat kom, maar hulle skiet dood.

  7. Genade, Piet Pompies.
    Ek gril..
    Dis nie vir my mooi nie.

  8. Ek gril by die gedagte, Sans.

  9. Ek ook nie, Ghaap.
    Lelik soos die nag!

  10. Ek sal verskriklik versigtig wees, Verskriklik.
    lol

  11. Ek gaan nou by Tiger Lady inloer, Joe.
    Dankie vir die besoek.

  12. Angelor het gesê op November 28, 2009

    Pragtig,.. jammer hy’s nou dood,.. en jammer ek is so ver, ek sou hm met graagte kom haal het ebn sy familie kan dan maar hier by kom kuier,.. ek like die ou diertjies.. Maar ek verstaan.

  13. Presies, Kelly.
    My point as well!

  14. Angelor het gesê op November 28, 2009

    Giftig ja Kelly, maar daar is nie n greintjie haat of venyn in hom nie,.. al wat hy wil doen is om in vrede te leef, niks anders nie, nes ek… Die gif maak hom nie lelik nie dit rus hom bloot toe om sy vrede te beskerm.. Ek is ook toegerus om my vrede te beskerm.

  15. Dankie vir die begrip, Angelor.

    Hy is lelik en hy is giftig en ek vrees hom..

  16. Angelor het gesê op November 28, 2009

    Ek verstaan dat mense so kan voel Lou,.. 🙂 ek is nie een van daai mense wat verwag almal moet dink soos ek nie..

  17. Kan nogal sien hoekom hulle hom n Koperkapel ook noem… Ek stem nogal oor die massabegrafnis, want lyk my ons hou eweveel van slange (niks is n oordrywing!)

  18. Wees extra versigtig … kyk mooi by die kleintjie se kamer … seblief.

  19. Angelor, ek het baie respek en begrip vir mense wat die natuur so waardeer en wil bewaar.
    Ek se maar so tong in die kies hoe bang ek (sekerlik onnodig) vir slange is.

  20. Dis waar, Spoelklippie.

    Ek is nou spyt dat hy dood is – regtig.

  21. Ek weet van ‘n boer op Trawal wat slange vang. Ek sal sy nr kry en hom laat kom vir die volgende een. Trawal is so 15 km van ons af. Ek belowe ek sal nie weer toelaat dat iemand ‘n slang hier doodmaak nie. Jy en Angelor het my oe oopgemaak.
    Dankie en nogmaals jammer.

  22. ek hou nie van slange nie!!!!Voel ook soos Dsp….oppas by kleintjie!

  23. moenie worrie nie Lou hierdie was die verlore seun….

  24. Hi, sommer ‘n draai kom maak want ek let toe op jy het ‘n probleem met slange…Jy kan vir my laat weet of jy graag kontak wil maak met iemand wat slange sal kom verwyder van jou perseel af.

    Dis so jammer om hulle sommer dood te maak want sonder hulle sal ons oorstroom wees met muise en rotte ens.:-)

    Kontak my gerus vir kontak informasie:-)

  25. Ou-Top het gesê op November 28, 2009

    Gewoonlik kruis hulle nie ons pad nie, hierdie enetjie was seker nog jonk en dom. Maar is hy nie pragtig nie?

  26. Ek kry die slang nou jammer, Pennestrepe, maar sal regtig nou versigtig moet wees.

  27. Monica, dis ‘n verligting!
    🙂

    xx

  28. Ek het na die skrywe gehoor van ‘n man hier naby wat dit ook doen. Sal hom kontak. Dis beslis nie die eerste of laaste van slange hier nie!

  29. Ou Top, die woord “pragtig” het nie by my opgekom toe ek hom sien nie. Maar het nou meer respek vir die spesie.

  30. Die ding is, MK, ons woon in die veld.
    Hulle kom agter water aan en in ons veld is nie water nie…en hoe vang ‘n mens ‘n slang as jy so bang is soos ons?

  31. jannel1 het gesê op November 29, 2009

    Ek het ook gaan google:

    “Die geelslang kom wydverspreid in SA voor en beweeg gewoonlik saam in groepe van 50 of meer. Dit is die enigste slang wat die emosie van wrok of haat openbaar en sal agressief die dood van ‘n maat wreek. Die slang mag nooit verbrand word nie, aangesien die reuk hul in hul massas lok.”

    Trek maar net jou been Lou – maar wees maar versigtig.

  32. Gillerige gedierte..spinnekope en slange in die bos is mooi..ma in my huis..doomsday..

  33. Ek sal my dr rekening na jou toe stuur.
    Ek het nou amper uitgepass..

    Ek gaan jou terugkry – beware!
    lol

  34. Ai Katryn,
    My gewete pla my oor hulle daai een doodgemaak het.
    Maar in my huis oortree hy en stel my en my gesin in gevaar.

  35. Ek stem saam..die Bybel praat dan van die kop vermorsel..dan is ons ma gehoorsaam..ek sal egter die takie laat doen en nie self so ding aandurf nie..

  36. Ou-Top het gesê op November 29, 2009

    Jan Nel, skaam jou, man! My vrou sal sê, ” A very twisted sense of humor”. Arme Loutjie.

  37. Ek ook.
    Die polisie skiet hulle ook dood.
    Ons het al voorheen geelkapelle hier gehad.
    Hier naby is ‘n plek met die naam “Kapel” dis omdat hier so baie van hulle is.

  38. Ou Top, ons sal vir Jan moet terugkry.
    Help dink aan ‘n plan.

    Dankie vir die simpatie.

  39. Sy mooiste naam in Afrikaans: Koper kapel.

  40. Ek sal sekerlik oop suutjies trap. Ek versigtig eers die deksel oplig. Hallo Lou!

  41. Dag Lou.
    Ek dag slang is lekker braaivleis vir julle.

  42. Boerseun, ek het gedog ‘n kobra en ‘n kapel is nie dieselle nie. Hier is baie bruin en geel kapelle. hulle lyk nie soos die een op die foto nie.

  43. Sal ook die dekselse deksel elke keer oplig en versigtig loer.

    Hello Dinkweer.:)

  44. So honger was ons nog nooit!

    Dagse Fernand.
    xx

  45. Oe gril ek nou vreeslik! Sterkte Lou. Dis amper vakansie 🙂

  46. Die kinders kom so stuk-stuk skool toe, DK.

    Ons moes ons konsert afstel. Was seker ‘n fout om dit vir die laaste week te reel.
    Ek is egter verlig!

    Lekker week.
    xx

  47. Ek kom nie weer by jou koffie drink nie.

  48. Op die plaas waar ek grootgeword het,het Rooijan ook altyd die pofadders en ander addergebroedsels so verbrand..
    Slange het wel ‘n belangrike plek in die ekologie,maar as hulle huistoe kom en nog vrek giftig is ook moet mens maar partykeer ontslae van raak as daar nie ‘n slangvanger in die omte is nie.

  49. Die foto het ek van die internet gecopy en paste. Kon nie die een van die engelsman se selfoon hier plaas nie.

    Die slang lyk nie gelukkig nie. 🙂

  50. Hahaha!

    Ag nee man, ons is dan sulke gawe mense!

    😀

  51. Een het ‘n vrou hiernaby in die oe gespoeg, en op ‘n ander keer het ‘n boer sy motor se bonnet opgelig, toe spoeg een hom ook in die oe, Hy se dit brand vreeslik.

  52. susan5 het gesê op Desember 2, 2009

    Dit is waar dat die maat ook agterna kom soek.
    Ons het dit laasjaar gesien met die slang wat by die bure doodgemaak is.Jy moet versigtig wees hoor en lekker speel met die kleinding.

  53. Susan, ek dog dis net bespiegelinge.
    Nou sal ek eers versigtig wees!

  54. OK, nou weet ek ook dis ‘n Kapel – hier’s nogals baie van hulle.

    Dankie.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.