KORTSTORIE – Gr 3’s

November 27, 2009 in Sonder kategorie

Ons laaste tema/program  vir die jaar is DIE RUIMTE – AARDE EN PLANETE.

Ons besluit toe om ‘n klasstorie te skryf.  Een kind begin met een sin, dan las die ander aan.

Tydens die een, was daar baie hulp en raad en die uiteinde is ongeveer soos volg:

Skymo se ster.

Skymo het op die planeet Mosky gewoon.

Hy was ‘n sterrewag.

‘n Sterrewag se werk is om te sorg dat die sterre gesond is en dat hulle glinster blink is.

Skymo se vriend, Sterskie, was baie jaloers op Skymo se werk.

Een nag het Sterskie Skymo se gunsteling ster se glinster gesteel.

Toe Skymo dit agterkom, was hy baie ontsteld.

Hy het oral gesoek.

Dit is moeilik is om ‘n ster se glinster weg te steek.

Gou het Skymo die ligstrale gevolg en die glinster by Sterskie opgespoor.

Sterskie was baie spyt dat hy dit gedoen het.

Hy het om verskoning gevra.

Skymo het hom jammer gekry en hom vergewe.

Van toe af het Sterskie vir Skymo gehelp om die glinster blink te vryf.

Vandag gaan ons die storie in ‘n boekvorm skryf. Een skryf, een teken, die ander kleur in. Een maak die voorblad met die titel en die outeur(s), die datum ens. Die boek word gebind (gestaple) Dan kry hulle die kans om die boek oor en oor te lees…tipies kinders!

Juffrou is regtig baie trots op die poging en het so min as moontlik ingemeng.

He ‘n lekker vinnige Vrydag!






38 antwoorde op KORTSTORIE – Gr 3’s

  1. katrina het gesĂȘ op November 27, 2009

    Dis ‘n baie oulike idee! Vandag gaan dit heerlik koel hier by ons wees. Ons gaan letterlik van een uiterste tot die volgende. Lekker dag doer vir jou ook 🙂

  2. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Katrina, hier is dit nog vars koel, maar teen middag sal ons sweet.
    Mooi loop!

  3. Dis vreeslik mooi, ‘n klein niggie van my in Centurion het so ‘n boeksryf kompetisie gewen..haar boekie is gepubliseer..sy is net 8 jaar oud..

  4. DallaSePa het gesĂȘ op November 27, 2009

    Lekker dag LouA! O, voor ek vergeet … lekker ‘Ouma’ speel na werk!

  5. Pragtig! Sulke Standerd Eentjies is kostelik!
    Geniet jou naweek.

  6. Mosky is ons buurplaneet.Ek het gesien daar gaan iets aan met hulle sterre ‘n paar dae gelede.Sterskie lyk vir my bekend.Was so ‘n jaar gelede op interplanetere misdaadhologram.Wees versigtig-ek vertrou hom nie.Moet nog nie die boek bind nie,daar is nog ‘n kinkel in die kabel wat wag.As Sterskie die glinster van ‘n ster kan steel is hy slimmer as wat julle dink.Dalk is die hele plot voor-af uitgedink.Nou onthou ek, hy is destyds gesoek vir …..

  7. Sterretjie op elkeen van julle se koppe!

  8. louisna het gesĂȘ op November 27, 2009

    Pragtig en kreatief. JK Rowling en die Harry Potter-brigade het kompetisie.

  9. Sanseveria het gesĂȘ op November 27, 2009

    ‘n Wonderlike onderwyseres kan wondere met haar klas verrig! Ek wens ek kon onder jou hande deurgeloop het toe ek op skool was.

  10. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Katryn, die kinders het soveel talente.
    Dis kosbaar.

  11. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    DsP, ek kan net ouma speel as hy wakker is en nie drink of huil nie. So die kans is maar min.

  12. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Ag, Kamma.
    Dis net ‘n droom daai een!
    Sal ‘n foto plaas as dit klaar is.
    Dankie vir die positiewe woorde.

  13. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Hene, Niel!
    Jy is skerp. Die kinders sal nagmerries kry as ons te diep delf.
    😀

  14. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Dit was ‘n klaspoging, Flentertjies.
    Die drukkies is al gegee.
    🙂

  15. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Ons glinster van al die sterre, Monica.
    Dankie!

  16. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    HA!
    Dankie.
    🙂

  17. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Sal so maak, Murphy.
    Dankie

  18. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Ag dankie!
    Dis eintlik die kinders wat so oulik is.
    🙂

  19. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Hulle moet oppas Ouboet!
    Hier kom kompetisie.

  20. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Sjoe, Sans.
    Dis nou die beste kompliment ooit!

  21. zephur het gesĂȘ op November 27, 2009

    Oulik…

    Hul het dit seker geniet.

  22. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Baie, Zeppie.
    🙂

  23. sooo oulik-nes die juffrou

  24. ek kan net die trots op daai gesiggies voorstel! 😀

  25. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    En jy is sooooo oulik om dit te se!
    Dankie

  26. loudavisi het gesĂȘ op November 27, 2009

    Hulle is en wil net heeldag stories skryf, Trouby.

  27. Knap gedaan aan jou en jou klas… Ons het meer sulke onderwysers nodig soos jy Lou.

  28. dinkweer het gesĂȘ op November 27, 2009

    Bly jy geniet dit.

  29. loudavisi het gesĂȘ op November 28, 2009

    Dankie Spoelklippie.
    Ons traai maar om ons salaris met ‘n skoon gewete te ontvang.
    😉

  30. Trakie het gesĂȘ op November 28, 2009

    VREK oulike idee!

  31. loudavisi het gesĂȘ op November 28, 2009

    Dis die kinders se idee, Kelly.
    Een dogtertjie het die steel van die glinster voorgestel – ek was verbaas.
    Hulle kan so oulik wees!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.