Sommer net nuus

November 23, 2009 in Sonder kategorie

Dis Maandagoggend en doodstil buite.   Die hadidas het reeds hulle ding gedoen en met die afgaan rivier toe van die berg af, die wat wil wakker word, wakker gemaak.   

Die plakkers hier naby se hane kraai steeds, en iewers bulk die koei.

Dit gaan 45 word, en dis die waarheid.  As julle Vredendal se voorspelling hoor, sit gerus 5 grade by vir ons.  Ek vrees die hitte.

(As iemand dalk ‘n lugverkoeler vir my klas wil skenk, onthou net om  die kragverbruik ook in te sluit)  O ja, en sommer by voorbaat, DANKIE!!

Klein Ezra drink, slaap en huil….en groei vinnig.

Op die dorp gons dit steeds oor die seun wat verbrand het.  Hy lewe nog, maar net-net.

Die krag was gister heeldag af.  Ons is darem vooraf gewaarsku.  Die engelsman het twee lamblaaie op die Doveroondjie ge”potroast” met aartappels ens.  Was dit nou lekker!

Vandag is ek ‘n “prepared soldier”.  Staan vas en regop op moeder aarde en kyk die dag vierkantig in die oe, want ek kan en ek wil.  Ek is geseend, het ‘n werk en ‘n kleinkind, daar’s vrede in die huis…wat kan ‘n ouma meer begeer!

 



38 antwoorde op Sommer net nuus

  1. Howzit Lou, geniet jou week!

  2. jannel1 het gesê op November 23, 2009

    Die ideale tyd om swemlesse aan te bied.

  3. Dankie, Leon, vir jou ook.

  4. Thomas, dis my plan – hoop dit werk uit.

  5. Ek verstaan oor die laagtepunt. Dink ek sal nog so ‘n paar dae kan uithou.
    😀

  6. Hy is onder verdowing. Sy ma se hy kom tog soms by en dan reageer hy op haar vrae.
    Ek wil nie verder as dit dink nie, MK.

  7. Dankie, Kelly.
    Die tyd vlieg ook so, as ons sien is alles oor en uit en verby!

  8. Ja, Jan.
    Die ding is die tyd….en as ek eers begin dan versprei die boodskap en het ek geen rus vir my siel nie!
    Daai dae is vir nou eers verby.

  9. LOL!! Die stomme goed..

  10. Dankie, Annemarie.
    Gelukkig is dit koel in die huis.

  11. zephur het gesê op November 23, 2009

    Julle gaan braai soos daai lamblaaie op die oondjie…sizzling.

    Sterkte met die kids saam en die hitte…

  12. “wat kan ‘n ouma meer begeer?!” … mmm … mag ekke sê?!
    ;-))

  13. Zeppie, dis suiwer hel, maar toemaar..lol

  14. Nee!!!
    Nee dankie DsP, se liewer niks..
    HAHAHA.

  15. Ok, therina, jy mag maar se waaraan jy nog kan dink. jou vertrou ek!

    Groetnis
    xxx

  16. Ek is deesdae so bewus van seeninge, Flentertjies.

    Seker die hitte wat dit aan my doen.

  17. pasella het gesê op November 23, 2009

    Dis die gees Lou!

  18. Ek stuur vir jou ‘n wavrag vol reen Lou.Hier is dit 9 grade vanaand,so glad nie te koud nie.

  19. 9 grade klink lekker.
    Dankie vir die reen wat oppad is,
    🙂

  20. Ek dink daar’s baie wat enige ouma nog verdien, nvvermaaind net wil he. Wat van vrede in die land, minder xenophobia, ‘n regtig vrye toekoms vir die kleinkind….die lysie gaan aan. Ek hoop jy kry meer as wat jy mee tevrede sal wees. Groete en sterkte met die goeie werk.

  21. Ek dink daar’s baie wat enige ouma nog verdien, nvvermaaind net wil he. Wat van vrede in die land, minder xenophobia, ‘n regtig vrye toekoms vir die kleinkind….die lysie gaan aan. Ek hoop jy kry meer as wat jy mee tevrede sal wees. Groete en sterkte met die goeie werk.

  22. Dis waar, Boerseun.
    The list could be endless.

    Lekker dag vir jou!

  23. Zeelia het gesê op November 24, 2009

    So baie om voor dankbaar te wees – Lekker dag verder 🙂

  24. Berwick het gesê op November 24, 2009

    Mooi week vir jou, Lou.

  25. Dankie, Zelia.
    Nou kan ek se: Lekker aand vir jou – my dag was ok tot dusver.

  26. Het foto’s hier onder iewers, Paljas.
    Ek bespreek reeds vir ons plek by die Wimpy.:D

  27. katrina het gesê op November 25, 2009

    O jimmel, en daar kla ek oor die 35 plus van vandag!! Sallie weerie! Hopelik is jy nog in een stuk!

  28. Amper vakansie, Lou, en dan kan jy daardie kleinkind van jou behoorlik geniet. Ek dink hy gaan nie veel meer kans kry om te huil nie, nie met Ouma in die omtrek nie. Of is dit maar koliek?

  29. Katrina, dis ‘n heerlike vars oggend hier.
    Dit maak op vir die hitte van gister.

  30. Dis seker koliek, Joanna.
    En meestal is hy dors. Dis seker maar die hitte. Die ma is al moedeloos. Mens hoor hoe sluk hy winde as hy drink.
    Tsk, maar toemaar, ons lief hom steeds!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.