Verskriklik (Hesiene weergawe)

November 20, 2009 in Sonder kategorie

Vandag is ons dorpie geskok!

‘n Seun wat destyds by my in die klas was, is nou ‘n mekeniek.

Hy en sy medewerker staan in die put onder ‘n motor en werk.

Click sy bic om sy siggy aan te steek ‘n part wat hy op die bodem laat val het te soek, en die hele put ontplof.

Het vanoggend die waarheid gehoor.

Hy lewe,

maar hy is moertoe gebrand….die mense se dit lyk of sy ribbes gebraai is.

Ek kry sy ouers uit die diepte van my hart jammer – so jammer.

Shit!

Nuus is:   Hy is 100% verbrand en het 20% kans om te oorleef.

Daar was nog ‘n man by hom in die pit, en sy lewe is ook in gevaar.

Dra hulle en hul gesin op in julle gebede asb.



37 antwoorde op Verskriklik (Hesiene weergawe)

  1. Ai Flentertjies, hy is so ‘n gawe kind.
    Ry altyd op sy bike hier verby en wapper sy hande af vir sy ou juffrou!

  2. Dis flippen sad.

  3. Ag nee,dis so sad :0(
    Laaaank terug staan ek een middag onder die stort,en hoor een helse slag.
    Teen die tyd wat ek buite kom was die straat besaai met mossies en ander voëls deur die skokgolf van die ontploffing.Daar het ‘n gasbottel ontplof in die buurman se werkskamer,en die buurman was moertoe gebrand.Hy het net die rand van sy broek en onderbroek oorgehad,en ‘n stukkie kraag van sy t-shirt om sy nek.
    Hy is 2 maande later dood aan sekondere infeksies.
    Om so te verbrand is ‘n lelike storie.

  4. Dis vreeslik en ‘n wrede iets wat gebeur het!

  5. Dit gaan ‘n lang proses wees om hom weer normaal te laat lyk, Monica.

  6. Ek hoop van harte dat dit nie met hom gebeur nie, MK…sy ouers..ek is ook ‘n ma, sien jy?

  7. Dis so seer, Liani.

  8. jannel1 het gesê op November 21, 2009

    En dit sal nie help om mechanics wat rook te veroordeel nie. Daar sal niemand oor wees om aan karre te werk nie.

    Dit is absoluut tragies en ek hoop hy sal weer by jou kan verbyry en wapper.

  9. Ja, daar was petrol op die bodem van die pit en natuurlik ook gasdampe, therina.

    Hou nou net duimvas!

  10. Ek weet nie van al die feite nie, therina.
    Dit was beslis onnodig!
    Ons sit op hete kole en wag vir nog nuus.

  11. Jan, is soos jy se oor mechanics!
    🙂

  12. Dis so tragies. Moes verskriklik in daarduie put gewees het.

  13. Dis vreeslik Lou.
    Ek voel mee met die ouers en familie

  14. Soos om in die hel te wees, dink ek.

  15. Dankie, Fernand.
    xx

  16. Ek glo, woordenaar!

  17. Doen so … dis verskriklik …

  18. sprokie het gesê op November 22, 2009

    dis aaklig… laat ons weet wat gebeur.

  19. Dankie, DsP.
    Ons wag nog vir nuus.

  20. Ek sal laat weet as ek weet, Prinses.
    Sover lewe hy nog net.

  21. ai nee 🙁 ‘n baie spesiale gebed vir hom en sy familie en dit is mos veral in sulke tye wat jy ‘n ekstra dankie sê dat jou eie kinders veilig is @->—

  22. ek maak graag so!

  23. Dankie, kamma.
    Hy leef nog.

  24. Ek ys by die gedagte, Trouby.

  25. Dankie pennestrepe.

  26. Annemarie, ek weet nie watter kant toe nie…laat Sy wil hier geskied.

  27. Zeelia het gesê op November 24, 2009

    Dit is baie slegte nuus! Ongelooflike leiding! Sterkte daar vir almal…

  28. Hy’s meestal onder verdowing, Zelia.
    Sug…

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.