Die weer – alweer!

November 17, 2009 in Sonder kategorie

Hene tog, die weer is eienaardig deesdae.

Alles is altyd in die ekstreem hier.

Laas week was winter….7 dae aanmekaar gereen.

Toe staan die Sedoos op.  Mense, die wind was sterk! Bome omgewaai en takke en gemors die hele dorp vol.  Een boom het die sypaadjie se randsteen met die uitwaai saamgeneem.

Soggens loop ek agter die besem aan, anders is my voete vol sand.  

Ek vra  ewe onskuldig vir Hartman of hy dink ek moet die sand herwin, of kan ek die skoppiesvol maar in die drom gooi.

Die hitte is weer op ons…se vandag vir ds tydens huisbesoek, toe hy vra hoe dit in die onderwys gaan, ek sien uit na volgende jaar.  Baie impressief met my reaksie op sy vraag vra hy hoekom.. se ek want iewers in 2010 is daar weer ‘n winter, ek BANG die somer.  Hy giggel toe en se hy voel net so…die hitte is bomenslik!   Dierbare man.

Anyway, lyk my klein Ezra het nou ‘n roetine.  Hy slaap deur die dag en van 6u saans tot so 11u tjank hy, dan slaap hy engelsoet tot opstaantyd.

Die wind het die huisbouery nou vir 2 dae agtergesit, maar ons hoop om die naweek vir Ezra in sy nuwe huis in te trek.

Die van julle wat nog nie Modderkoekie en Murphy se stories gelees het nie, julle mis uit….

Sien weer.





25 antwoorde op Die weer – alweer!

  1. Die wind waai ons diekant ook weg,tesame met sulke slierterige vlagies reen.
    Awww,klein Ezra,jy moet weer vir ons fotos post seblief Lou,baba gesiggies verander week tot week :0)

  2. Die mense hier in blogland sal dink ek is oorbehep met die kleintjie….sal more ‘n paar pics opsit.

  3. Lou, ek ken nou nog nie hierdie weer so goed nie, maar dis nog steeds winter. maar sal nie kla nie ek weet wat le nog voor….

  4. die wind waai verskriklik 🙂 genugtig.. waar bly jy waar daar nog huisbesoek gedoen word?

  5. fanjan het gesê op November 17, 2009

    Lou, die winter het vandag Jakarandastad bereik en hulle vertel tot Vrydag is dit net reen. Ek het net gister `n straat-braai gereel juis vir Vrydag-aand. nou sal ons moet sien. groete

  6. Oor die winter van 2009 segge ek hier teen die hang van Tafelberg niks – ek wag vir die somer. Hopelik arriveer dit in 2010, maar vandag was hemels sonder die voorspelde Sedoos.

  7. hou daai rokspante vas vrou!

  8. Die lug is weer vanoggend vars, Monica.
    Ons sal maar moet vasbyt! Die ergste is mos in die nuwejaar – atletiektyd!

  9. Kelly, die baba en die skool hou my besig, maar ek kliek en kliek en kliek.
    Sal later foto’s opsit.

    Lekker dag!

  10. Ons ds is seker nog van die ou soort.
    Hy besoek die wyke gereeld. Net wat ons nodig het!

    Ons woon mos in die namakwaland- kleindorpie, geen robots ens..

  11. Ag lekker straatbraai!
    Hou duimvas diat die weer goed sal wees, Fanie.

  12. Die wind het gistermiddag gaan le…en vanoggend is dit mistig. Sjoe,dis ‘n verligting!

  13. MK, hulle is kwaaikatte!
    Maak my ook bang.
    lol

  14. Die warmte is ok, maar nie in die skool nie! Dis flippen erg.
    As ons aircons kan kry, sal ons nie die krag kan betaal nie.
    Ai!
    Groetnis vir die familie.
    xx

  15. Laat my dink aan:

    The devil sent the wind
    to blow the lady’s skirt kneehigh.
    But God was just
    and sent the dust
    To close the bad man’s eye.

    😀

  16. Dankie Flentertjies.
    Dierbaar..

  17. en daar word nog erger wind voorspel!

  18. jannel1 het gesê op November 18, 2009

    Moenie dat die wind die kleinkind gryp nie!

  19. Ag nee, Trouby!
    Sal maar gewoond moet raak…

  20. Ja nee, en vandag was die mooiste (warmste) dag hier in die Kaap!
    Groete en drukkies daar vir julle.
    xxx

  21. Hier ook, DK.
    Dit was net-net nie te warm nie.

    Dankie vir die drukkies.
    xx

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.