Huismoles op die hoewe?

November 13, 2009 in Sonder kategorie

Nog nie huismoles nie, maar dreigend.

Alle mamma’s hier in Blogland moet asb raad gee.

As die kleinseun klaar gevoed is, begin hy kriewel en huil (MaanKind?)

Ek google toe en sien dat “fussiness in your baby after feeding is caused by the foods you eat”

Ok, so wat moet die ma eet en wat moet sy NIE eet nie?

HELP!  

brood, koffie, tee, appel, tamatie, piesang, swiets, fuzzy drinks – ?

Alles, smaak my, is verkeerd!

42 antwoorde op Huismoles op die hoewe?

  1. jannel1 het gesê op November 13, 2009

    Brannewyn, grand-pa en panadostroop.

    Vir die kind kan jy net bietjie soet tee maak en liewe heksie sing.

  2. Jan, die kind is 11 dae oud.
    Hy’t nog nie eers water gedrink nie!!!

  3. wens ek kon help, maar ek is nie naby aan ‘n mamma nie. ek weet my ma het baie tamaties geeet. en ek kan nie genoeg van tomato coctail kry nie..ek het heel oraait uigekom… ek dink. x

  4. Dink aan jou Lou en ek’s jammer, maar met hulp hier gaan ek moet skip…

  5. is die baby nog koning?

  6. pasella het gesê op November 13, 2009

    Goeie raat sover Lou, veral die brannas vir Ouma, dis ‘n dead cert!

  7. Hel, therina!! 6 jaar?
    NEEEEEeeeeeeeeeee……

  8. HAHAHA!!!

    OK….. ek sal haar se.

  9. Dankie, MK!

    Sy’t hoeka vamiddag ‘n coke gedrink!

  10. Liani, die nagte raak al hoe langer..
    Ai tog, hy is so cute as hy tjank.
    😀

  11. Ek weet gelukkig niks van babas af nie.
    Maar ek weet hoe om vir oumas drukkies te stuur!
    ((DK))

  12. Beste raad sover, Lewies.
    Dankie!
    😉

  13. Dankie, DK!
    Dit help baie.

  14. Kelly, ek weet nie waar kom my kinders vandaan nie. Hulle drink geen GEEN alkoholiese drankies nie. Ek en Hartman maak maar op daarvoor.

  15. JA, Twakman jajajajajaja!!!

  16. …ag ek is seker dat hy net ‘n windjie het wat uitgeklop moet word!!?? …sterkte!

  17. Telamed druppels … (weet nie of ek presies reg gespel het nie … sal more vir 10a vra … sy doeks)

  18. Beslis nie die voorbeeld wat ek stel nie, Kelly!

  19. Lou, vat dit van ‘n ouma van drie – Die grootste rede waarom babas knies is omdat die mamma gespanne is. So, bederf die mamma, praat haar moed in, vra wat jy kan doen om te help en gee net raad as jy spesifiek daarom gevra word. Moet ook nie te veel rondhang daar nie, tensy jy gevra word. Mamma en baba het tyd nodig om mekaar te leer ken. As sy jou vra om te kom en jy’s dadelik daar, gaan sy jou vreeslik waardeer. As jy te veel daar is, gaan sy nie.

  20. Sy kan in die telefoongids die La Leche League opkyk…..dis ‘n organisasie van mammas wat borsvoed en hulle is vreeslik hulpvaardig en baie ingelig. Sy gaan nooit ophou om vir jou dankie te se as sy eers daar nommer gebel het nie. Maar laat sy dit self doen as sy kans sien. (Nuwe mammas is VREESLIK sensitief vir enige raad, kritiek…soos “jy het iets verkeerds geeet” …hehe…veral van ma en skoonma.)

  21. Joanna, jy’s ‘n ster!

    Sy het my al talle kere bedank vir bystand en liefde ens. Gelukkig is ons twee best friends.

    Ek gaan daai nr opsoek dat sy kan bel.
    Dankie, dankie!!!

  22. n Vriendin van my kon net na n perske of sampioene kyk dan het sy en haar kleinman die nag in die spaarkamer deurgebring! Sterkte vir julle…

  23. Genade, dis erg!
    Ek sal vir die ma se. Eet hoeka so graag sampioene.

  24. Annemari, wyn help altyd!

  25. Kleinman is rustig vandag, dankie Flentertjies.

  26. Dit is soos jy se, ‘n wetenskap.
    Die een se sus en die ander so en niemand is reg nie!

    Dankie vir die inloer hier.
    Lekker dag.

  27. Gaan dit al beter ?

  28. Dankie Ghaap.
    Ek sien nou van piesangs.
    Ai!

  29. Ja dankie, DsP

    Ons het uitgevind sy moet direk na ‘n voeding eet, en minstens 2 ure voor ‘n voeding baie versigtig wees.

  30. 🙂 Ek wil nou my ou vyfsent se waarde ook toevoeg. Dit is ongelukkig so dat party mammas nie genoeg melk(sterk genoeg kos) produseer nie so die man is vinnig weer honger en dus kriewelrig en huilerig, maar omdat hy nou net geeet hetdink mens dit kan nie dit wees nie.

  31. Hi Spook, Ons het dit agtergekom. Sy voer op aanvraag, en wraggies dit werk!

    Dankie…
    Groetnis vir die rooikop.

  32. gidivet het gesê op November 15, 2009

    Goeienaand Lou – ek sien die bloggemeenskap het almal goed raadgegee. Ons “babas” is nou al yslike lummels van 10 en 12, so ek’s nie meer heeltemal seker wat gewerk het of nie. Een ding is verseker – ontspan! Hulle kom groot, by hook or by kroek. Ek dink Joanna het ‘n punt beet.

  33. Gidivet, ek het self 26 jaar laas ‘n baba gehad en kan glad nie onthou hoe dit was en wat mens wanneer moet doen nie..
    Gelukkig vir google. Daar is soveel raad dat dit mens deurmekaar maak.

  34. Halou- Lou
    Het nie raad nie, wou maar net Ha-Lou se.

  35. adup het gesê op November 16, 2009

    Sy moet haar uitmelk en kyk hoeveel melk sy uitkry,dan vergelyk mens dit met die hoeveelheid wat ‘n baba veronderstel is om te drink,baie keer is die mamma se melk nog nie genoeg nie so hulle bly honger.

  36. Ha Lou, Gert Koek!
    😀

  37. In ons dae het ond die baba voor en na ete geweeg, en so kon ons bepaal hoeveel hulle drink.

    Goeie plan, Kriek.
    Dankie

  38. The joys of (grand-)parenthood!
    Sterkte! 🙂

  39. Bly om al die goeie raad te sien. Het dieselfde probleem met dieselfde oplossing gehad. ‘n Mens voel naderhand soos ‘n melkkoei met voedings wat net nooit ophou nie! Maar dis so ‘n lekker herinnering. Hoop dit gaan gou beter met die kleinmannetjie en sy mamma!

  40. Dankie vir die sterkte, Thomas.
    🙂

  41. Dit gaan nou baie goed.
    Hulle was dr toe en alles is hunkydory!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.