KLIPWERF!

November 6, 2009 in Sonder kategorie

Dis ons kermis naweek.

Gisteraand het dit begin met ‘n gemodel van die kinders en ‘n kies van Mej Klawertjie ens…

Die kinders het soos wafferse gesoute models gemodel.

Vanaand is daar ‘n dans met Klipwerf.  (Ons is nie van hierrond nie, ken ook importante mense) Een van die Klipwerwers woon op Klawer en sy kinders is in ons skool.  Dis nou klaar en al te fraai met blomme en throws en kerse ens.  Die spit braai solank die vleis.  Ek self hoef nie daar te wees nie, en al wou ek hoe graag, die ou bene sal dit nie maak nie.

More skop af met ‘n pretloop, dan boeresport. Balgooi is een van die items — neeeeee!  Mens sit die bal in ‘n sokkie en dan swing jy dit en kyk wie gooi die verste.  

Teen 14:00 behoort alles overskedover te wees.

(Spesiaal die woord gebruik vir Flentertjies)

Klein Ezra tjank nog nie onnodig nie, en slaap sy dae om.  Hy is more 5 dae oud.

Sal die naweek die foto’s update, sodra ek asem kry.

He ‘n lieflike, rustige Vrydagaand.

22 antwoorde op KLIPWERF!

  1. Berwick het gesê op November 6, 2009

    Lekker naweek, Lou.

  2. Jy ook, Berwick.

  3. jannel1 het gesê op November 6, 2009

    Gedra vir jou by daai kermis Ouma!

  4. Geniet die naweek jonk oumaatje

  5. Ag, kom nou MK!! 😀

    Toe ek jarrrre gelede ‘n Sondagskool juffrou vir Gr1’s was, het ‘n seuntjie gese, hy hou nie van die nuwe baba nie, want hy tjank te veel….vandaar is dit maar hoe ons na “huil” verwys…altyd met deernis en soveel liefde.

  6. Jy ook, swernoot van die noorde.

    Pst….wat lees jy deesdae? Nog whodunnit’s?

  7. Ek maak so Jan, al is dit sleg.
    Ek bedoel al gedra ek my sleg.
    😀

  8. Ek hoop nie dit gaan rustig wees nie, Annemari – dit klink opwindend.
    GENIET!!

  9. Li-an.a het gesê op November 6, 2009

    Geniet ook jou na-week en soentjies vir die kleinding. Hoop nie hy laat ook eendag Tygervallei se dak lig nie.

  10. Gelukkig woon ons te ver van daai valley af!

    hehehe

  11. jy ook lou… en laat daai ou (???) bene die pretdraf doen…x

  12. Naand lou, ek ry môre-oggend so teen ses uur Grootmist toe. Maar ek gaan eers by Klawer se Kelder vir my wyn koop. Dalk sal ek ‘n draai daar by die skool kom maak.
    Lekker aand en sterkte vir môre.

  13. Kobus, vra vir Juffrou Louise as jy by die skool kom.
    Sien uit na ons ontmoeting.
    Mooi ry!

  14. Nee, genade tog verskriklik!
    Wiele het gekom om te bly!!

  15. therina, ek sal regtig oor die naweek foto’s plaas. Die bulletjie groei teen ‘n spoed.

    groetnis daaikant
    xxx

  16. Geniet dit vriendin. En ek hoop julle maak sommer hope geld!

  17. Ek glo nie ons gaan baie maak nie, DK. Dit was laasweek rittelfees en die mense se geld is op (se hulle) en dis eers Maandag All-pay.
    Lekker naweek.

  18. Leon, ek kan nie onthou hoe om ooooovvvvers te speel nie. Sal bietjie uitvra hierrond.

  19. Kelly, die kermis is verby.
    Die weer is nie lekker vir waterglybane nie, en die wind het die trompoppies byna weggewaai.

    Ja, en nou speel ek ouma-ouma.
    🙂

  20. Flentertjies, ek is nie ‘n klipwerf fan nie, meer ‘n Elvis, Beatles, ens.
    Maar, nou ja..

  21. Janklaas het gesê op November 9, 2009

    Ek lees Klipwerf dank mense af! Dis die ongelukkige einde van ‘n era.

  22. Daars huismoles op Klawer daaroor, Jan Klaas!

    En ek weet nie waaroor dit gaan nie.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.