Ezra en sy huis

November 2, 2009 in Sonder kategorie

Ezra, een en ‘n halwe uur oud, in sy trotse pa se arms.

Die ma se hy lyk soos ‘n smurfie.

Hulle is nou by die huis – in ons dae moes ons vir ‘n week in die hospitaal bly….

nou is dit in, kraam, uit!

Ezra se huis sover.  Die dak is nou al op, die pleisterwerk klaar en die eerste laag verf….


56 antwoorde op Ezra en sy huis

  1. Hy huil net as hy in sy nuwe broek gepoef het, MK, en as hy honger is…. hy is so flippen sweeeeeet!!!

  2. Ja, Rosiemaryn!
    Ag nevvermaaind oor die looks….pienk en verrimpeld.
    😀

  3. Flentertjies, ons sal NOOOIT dat hulle hom Essie roep nie!!! As jy weet wat hulle van is, sal jy hoor hoe mooi dit klink.

    Dankie!!

  4. Ek maak so therina!

    Hy is so soet – tot dusver.
    Seker stomgeslaan oor die buitewereld.
    xxx

  5. Geluk Ouma!
    Ek is sommer verlig vir jou part dat al die gewag en stres nou verby is.
    Ezra is te pragtig.Ek gaan nou-nou daai whisky drink soos belowe(seker maar die derde een die jaar sover,lol.)xx

  6. katrina het gesê op November 2, 2009

    Nee, te gou uit!! Ma moes ten minste een naggie kon rus. Hy’s regtig pragtig!

  7. zette het gesê op November 2, 2009

    Ag moeder ma! Kyk hoe knyp hy sy eie handjie. Hy lyk so pienk! Pragtig…nogmaals baie geluk!

  8. Sjoe! Hy’s piepklein!

  9. bloukaap het gesê op November 2, 2009

    hallo ouma, mooi geluk, ouma………..se geluk aan nou reeds Ma …………geluk LOU !!!!!

  10. Katrina, in daai hospitaal rus niemand nie.!!

  11. Annabel, hy is regtig piepklein, maar weeg ‘n gesonde 3.? kg.

  12. Anha, jy sal my laat tjank!

  13. En so oulik, Liani. Sy ma is ook so kleinerig

  14. Twakman, dis ‘n wonderwerk. Ek kan nie onthou hoe ek daaityd oor my kleintjies gevoel het nie, maar die een….ai!

  15. Dankie, Annemari.

    Hulle bly nou eers hier tot die stof ens by hulle plek gaan le het.

  16. Ja, Kelly. Dis ‘n wonderwerk!!

  17. pasella het gesê op November 2, 2009

    Die klong lyk nes sy ouma!

  18. Daai wye oop mondjie voorspel groot lawaai!
    Maar dis mooi moeilikheid daai 🙂

  19. Dankie, Lisa!
    😀

  20. whaaaahaahahaha!!!

    Dankie vir die kompliment, Lewies.

  21. Dis ‘n baie gelukkige ouma die, DsP.
    Hy is so soet, tot dusver.

  22. Hy sal moet begin tjank, DK – die longe moet oefening kry.

  23. Dankie Ghaap…sjoe, dis lekker om ouma te wees.

  24. Hy lyk soos sy ouma Lou

  25. adup het gesê op November 3, 2009

    Sweet! Toe maar oor ‘n week lyk hy heeltemal anders!

  26. Hahaha!
    Oulik gese Fernand.

    Pst…dankie vir die fraaie email kaartjie.

  27. Dankie, Leon
    🙂

  28. Dankie, Murphy!

  29. Hy kan net mooier word, Kriek!

  30. Lyk of daai ou iets soek om te suig…nou moet hy binnekort nog deel ook. Eish dis darem ooknie maklik om bab te wees nie. groete en strkte met die bouery.

  31. fanjan het gesê op November 4, 2009

    Baie geluk ouma, dis nou die tweede deel van jou lewe. Hulle se jy gaan nou ook soos `n ouma begin lyk en saam `n oupa slaap. Geniet die kleinding, elke oomblik!

  32. Haai, Kelly…nooit!!

  33. Hy soek suig – beslis!
    😀

    Dankie Boerseun.

  34. Ek kan vir ure sit en kyk na hoe hy die gesiggie trek – ag, hy’s so flippen oulik!

    Die honde is ook al verlief en tjank saam met hom..

    XX

  35. Genade Fanie – die tyd vlieg darem – nou slaap ek al by ‘n oupa!!! HAHAHAH!

  36. Hi Crazee, dankie!!
    🙂

  37. ag flip weet jy! ek sal nog eendag laat wees vir my eie begrafnis! Baie, baie, verskriklik baie, geluk met die nuweling, hy is pragtig en daardie sterk handjies voorspel ‘n harde werker 😀 xxxx

  38. Ou-Top het gesê op November 4, 2009

    Geluk Lou. Dis n ander gevoel om Oupa of Ouma te word. Ander se kinders en kleinkinders is goed en wel, maar jou eie bloed…. Ek dink dit het iets te doen met die mens se drang na die voortbestaan van jou eie gene; om daarna te kyk soos hy groei en daar dingetjies te sien van jou eie Ma, jou eie Pa, van jouself en jou man, van jou dogter. Ja, eendag gaap hy en vee met die hand so oor sy mond en jy roep verstom na die ander, “Kom kyk, hy gaap nes my eie Oupa altyd gegaap het, vee so met sy handjie!” Lekker tye die.

  39. Trouby, met daai hande gaan hy nog baie goed doen – soos swem en fight, ens…

    Dankie vir die mooi woorde.

  40. HAhaha, ja Ou Top!
    Ons doen dit al klaar. Ek verkyk my as hy hom uitrek en sy toontjies en handjies, en ai, die mond en gesigsuitdrukkings. Het ook al vele familie daar raakgesien. Meestal verbeelding.

    Dis heerlike tye!

  41. neirac het gesê op November 5, 2009

    Geluk ouma. Nou’s dit niks meer ge-antie nie, nê? Bly die huis vorder. Laat weet wanne hy klaar is dat ek kan kom kyk.

  42. Ag Lou! Is hy nie te pragtig nie! Kyk die ou handjies! Veels geluk, ouma Lou.

  43. Dankie, my kind. Ouma is verheug!
    Sal jou laar weet.
    xx

  44. Ek verkyk my aan sy handjies en voetjies…ens, Joanna.

    Hy is so vreeslik cute.

  45. jannel1 het gesê op November 5, 2009

    Daai sterre gee jy vir die kind hoor!

  46. Ek maak so, Mnr wat nooit twak praat nie.

  47. zephur het gesê op November 6, 2009

    Daai kind gaan groothande hê

  48. Alles so volmaak gevorm …ag my moeder …geniet die kleinkind Ouma Lou en baie geluk

  49. Dankie, Sonel.
    Hy word elke dag mooier!

  50. Hoop nie hy gaan rugby speel nie, Zeppie!

  51. Is so volmaak, Kind van die seisoene.

  52. rosa02 het gesê op November 7, 2009

    lees my blog oor ouma’s en kleinkinders van 2 dae gelede..

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.